Putfonteinweg-moordenaars swaar gestraf

Johanco Fleischman en Jess Kuhn se ma’s omhels mekaar buite die hof. (Foto: Tania Heyns)

Byna drie jaar nadat Johanco Fleischman (19) en Jess Kuhn (23) koelbloedig by Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet is, is hul moordenaars lewenslank tronk toe gestuur.

Malosi Gift Shima en Ishmael Hlabati is Maandag in die Benoni-landdroshof elkeen tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord op Johanco en Jess nadat hulle verlede week van moord met voorbedagte rade skuldig bevind is.

Landdros Ian Cox het vanmiddag tydens die vonnisoplegging gesê die genadelose wyse waarop Johanco en Jess vermoor is, is “onvergeeflik”.

“Daar word gereeld gesê ons lewe in ʼn gewelddadige samelewing. Daar word gereeld gesê dat ʼn lewe goedkoop geword het. Dié voorval is tekenend daarvan. Hierdie kinders het geen regverdige kans gehad nie. Hulle was weerloos en hul moord was gevoelloos.”

Maroela Media het vroeër berig Johanco en Jess se voertuig het in Mei 2019 op die N12 by die berugte Putfonteinweg sonder brandstof – sowat 300 m van ʼn vulstasie – gaan staan voordat hulle koelbloedig doodgeskiet is. Hul moord het destyds “skokgolwe” deur die Oos-Rand gestuur.

Johanco Fleischman en Jess Kuhn se geliefdes buite die hof ná die vonnisoplegging. (Tania Heyns)

Shima en Hlabati is in Junie 2020 in verband met die paartjie se moord aangekeer.

ʼn Ooggetuie wat Shima en Hlabati op die toneel geplaas het, het uiteindelik daartoe gelei dat die twee mans skuldig bevind is.

ʼn Derde verdagte wat glo die betrokke dag op die toneel gewaar is, is nog op vrye voet.

Cox het die moorde as wreed en sinneloos bestempel. Jess is die betrokke dag in die gesig geskiet, terwyl Johanco agter in die kop geskiet is.

“Die bedoeling was baie duidelik. Dit was om dood te maak.”

Die landdros het voorts gesê geen vonnis sal egter die seer van Johanco en Jess se families ongedaan maak nie.

“Die families se vraag oor ‘waarom’ sal nooit beantwoord word nie. ‘Hoekom moes dit daardie dag gebeur?’ ‘Waarom juis dáár sonder brandstof gaan staan?’ Ek is seker al hierdie vrae maal deur hul kop.

“Die slagoffers was nog kinders.

“Hulle het geen bedreiging vir enigiemand ingehou nie. En in ʼn oogwink is albei van hierdie lewende wêreld weggeruk.”

Die trane het vanmiddag buite die landdroshof geloop waar die verligte ouerpare mekaar omhels het.

“Ek is baie tevrede met die vonnis sodat hulle dit nooit weer aan enigiemand anders of enigiemand anders se kinders kan doen nie,” het Marika Fleischman, Johanco se ma, aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Watsenaam ·

Om plek te maak vir die wat vir 15 mde gevonis is om 2 mde in luuksheid te gaan us.

Elize ·

Baie bly hierdie wesens het uiteindelik gekry wat hulle toekom. Die straf wat hulle eintlik verdien sal nooit vir hulle gegee word nie want hulle is van die uitverkose volk. Sterkte aan die ouers vorentoe

MakersMark ·

Moes dieselfde behandeling gekry het wat hul aan die slagoffers uitgedeel het.

Maritza ·

Ek dink nie enige straf sal ooit genoeg wees om die seer by ‘n ouer weg te vat nie.
Daar is ‘n spesiale plekking in hel vir die moordenaars bespreek

Christo ·

Ek sal nooit vergeet nie…ek het sowat n uur voordat hierdie gebeure afgespeel het, daardie afrit geneem. Ek dink gereeld ; As ek daar sonder brandstof gaan staan het, ofn onklaar voertuig…Ongelukkig was dit hierdie 2 kinders. Heel onskuldig en geen bedoeling om enige iemand iets aan te doen nie. Hierdie gemorste is nie mense nie.

Nico ·

Moord is strafbaar met die dood. Wanneer onskuldige bloed vergiet word sal God die Skepper self intree want dit is deel van Sy skeppings werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.