R150 miljoen se kokaïen op hawe gevind

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Lede van Durban se ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het Woensdag beslag gelê op kokaïen ter waarde van R150 miljoen by een van die depots in die Durbanse hawe.

Die 500 kg dwelms was in ʼn skeepsvrag versteek. “Lede van die Valke het inligting ontvang oor ʼn verdagte vrag en het ondersoek ingestel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, gesê.

In ʼn ander voorval het die Valke Dinsdag ʼn veroordeelde bedrieër met ongeveer R4 miljoen se heroïen op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg betrap.

Die man was op pad na Indië met ʼn Emirates-vlug wat Dubai sou aandoen.

“Grensbeamptes het die Valke by die Germiston-polisiestasie in kennis gestel van die verdagte. By die polisie se aankoms op die toneel kon hulle bevestig dat die verdagte voorheen skuldig bevind is aan bedrog en tronkstraf van vyf jaar opgelê is. Die vonnis is egter in geheel vir vyf jaar opgeskort mits hy nie soortgelyke oortredings begaan nie,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke in Gauteng, Woensdag gesê.

Die 52-jarige verdagte se reistasse is deursoek en beamptes het op 5,4 kg heroïen met ʼn straatwaarde van ongeveer R4 miljoen afgekom. Die dwelms was in plastieksakke in ʼn geheime kompartement van sy tasse versteek.

“Die man is onmiddellik in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Kempton Park verskyn,” het Mulamu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

efjy ·

Hoop die dwelms word onder streng toesig gehou en vernietig.

Kokerboom ·

Ek vermoed die dwelmvondse is maar net die oortjies van die seekoei!

SomeOne ·

hoeveel keer was hy nie alreeds op vlugte gewees het, waar hy deurgegaan het sonder om uitgevang te word nie
so hou gewoonte smokkelaars maar net aan, al het hul reeds vonnisse teen hul wat soos die geval, vrygelaat is met vooraardes, te hel met die voorwaardes, dan gaan hulle maar net aan en aan en a…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.