R18 miljoen vir openbare swembad wat niemand kan gebruik

Nombulelo Damba-Hendrik, GroundUp

Die Butterworth-swembad in die Oos-Kaap. (Foto: Nombulelo Damba-Hendrik / GroundUp)

Dit het die Oos-Kaapse departement van sport en ontspanning meer as tien jaar geneem om die openbare swembad op Butterworth klaar te bou. ʼn Projek wat dié provinsie R18 miljoen gekos het.

Maar vier jaar nadat die projek afgehandel is, is die swembad nog steeds nie oopgemaak nie.

Die redes hiervoor bly ʼn raaisel.

Die maatskappy Mlonyeni Construction is in 2008 aangestel om die bouprojek te behartig. Dié kontrak is egter in Maart 2012 – nadat R7 miljoen reeds aan die maatskappy betaal is – weens “swak prestasie” beëindig.

Daarna is Delevex CC 320 aangestel om die projek teen R11 miljoen te voltooi, wat dit volgens Andile Nduna, die departement se woordvoerder, in 2019 gedoen het. Dié dekade lange bouprojek het egter in 2021 in die kollig beland toe Pumelele Godongwana, woordvoerder van die provinsiale tesourie, bevestig het dat bewerings van opgeblase pryse met betrekking tot die bouery ondersoek word. Die tesourie het egter nie op GroundUp se jongste vrae in dié verband gereageer nie.

Die Mnquma- plaaslike munisipaliteit is nietemin sedert 2019 vir bedryf van die swembad verantwoordelik. Daar is ʼn groot swembad, twee kinderswembaddens, vier groot watertenks, vyf sitareas en braaigeriewe.

Niks hiervan is egter oop vir lede van die publiek nie.

Die heining is gebreek en vandalisme neem al hoe meer by die fasiliteit toe. Minstens een inbraak is bevestig.

Volgens die memorandum van ooreenkoms tussen die departement en die munisipaliteit moet die swembad provinsiale en nasionale swemproewe huisves.

Inwoners en informele handelaars was boonop opgewonde oor die swembad en het gehoop dat dit klante na die omgewing sou lok – veral aangesien daar ʼn aantal bed-en-ontbyt-ondernemings in die gebied is.

Loyiso Mpalantshana, munisipale woordvoerder, het vroeër gesê die swembad sal met water uit ʼn boorgat gevul word, maar dit moet nog verbind word.

Daar is glo ook veiligheidswagte aangestel om die swembad 24 uur per dag op te pas. Tydens GroundUp se twee afsonderlike besoeke aan die fasiliteit was daar egter nie ʼn enkele wag in sig nie.

Mpalantshana het by navraag gesê die munisipale bestuurder, Silumko Mahlasela, het opdrag gegee dat ʼn volledige inspeksie van die fasiliteit gedoen moet word om strukturele probleme of skade te assesseer en ʼn kosteberaming op te stel.

Hierdie berig het oorspronklik op GroundUp verskyn en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Samuel ·

Dit is verregaande om soveel vir ‘n swembad te betaal! Maar nou ja, alles waaraa

Samuel ·

Vinger probleem. Dit is verregaande om soveel vur ‘n swembad te betaal! Maar nou ja, alles waaraan die ANC raak is ‘n gemors.

Adriana ·

So word daar geld gemors en ons as belastingbetaler moet maar altyd opdok.

Kweperlat ·

Dis hierdie waarneembare agteruitgang op byna alle terreine wat mense letterlik met gevoelens van totale desperaatheid vul! Jy sien geen lig vir hierdie land nie! Daar is geen wil, geen vermoë, geen bevoegdheid, geen operasionele daadkrag of behoorlike prosedurele modus operandus nie! Neergelegde rigtinggewende parameters waarbinne gehandel moet word, ontbreek. Enige aksies vind in n lugleegte plaas!! Sodoende stort talle ondernemings van die wal af in die sloot!

Wondermaarnet ·

Dit kan nie swem nie, maar wil ‘n swembad hê. Om wat mee te maak? Dalk ‘n “fire pool”?

Papsak ·

Ja so word daar geld gemors in n land wat dit nie regtig het nie ne maar is oraait niemand doen iets nie

Elma ·

Waarom sal enigiemand dink dis n raaisel? Ek noem dit standaard praktyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.