R47 miljoen se Sokkerwêreldbeker-saak uitgestel

Toshan Panday, kol. Navin Madhoe en Mmamonnye Ngobeni vandag in die hof (Desember 2020) (Foto: Verskaf)

Die Durbanse hooggeregshof het die saak teen voormalige polisiehoës en die sakeman Toshan Panday van bedrog en korrupsie ter waarde van R47 miljoen wat met die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi verband hou, uitgestel.

Oud-polisiekommissaris van KwaZulu-Natal genl. Mmamonnye Ngobeni, kol. Navin Madhoe, voormalige polisiekaptein Aswin Narainpershad en Panday moet op 7 Mei 2021 weer in die hof verskyn.

Die saak is uitgestel om beamptes die geleentheid te bied om nog vyf verdagtes in hegtenis te neem en sodat hulle ook by die saak bygevoeg kan word. Dié vyf persone sal na verwagting eers in die Durban-streekhof verskyn.

“Die hof het gehoor dat al nege beskuldigdes dan saam vir ʼn voorverhoor in die hooggeregshof in Durban sal verskyn op 21 Mei 2021,” het Sindisiwe Twala, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, in ʼn verklaring gesê.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni. Foto: SAPD

Die saak hou verband met bewerings van korrupsie oor akkommodasie vir KwaZulu-Natalse polisiebeamptes tydens die Sokkerwêreldbeker in 2010.

“Die polisie word daarvan beskuldig dat hulle met Panday saamgespan het om kontrakte van die KwaZulu-Natalse polisie te bekom in 2010. Ngobeni staan tereg op aanklag van korrupsie oor betalings wat vir haar man se verjaarsdagpartytjie gemaak is, ʼn versuim om die voordele bekend te maak wat sy van Panday ontvang het en ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg,” het Twala bygevoeg.

Panday staan ook tereg op aanklag dat hy met Madhoe saamgespan het om omkoopgeld van R2 miljoen aan genl. Booysen oor te betaal om die ondersoek teen homself en Madhoe te laat verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

11 jaar later en word weereens uitgestel, hoe lank gaan dit nog neem, iewers doen iemand nie sy werk nie, die agterstand on howe raak net groter by die dag.

Casper ·

Ja manne en vroue in blou so val elke hoë boom.As dit nie afgesaag word nie vrot dit en val dan tog om.’n Duur boom die 47 miljoen rand.Ek wens die boom het in my tuin gegroei.

Eltan ·

Dis interesant om te lees dat daar soveel meer sake gedek word oor korupsie en bedrog teen amptenare as gewone burgers…
Laat mens gevolgtrekking maak dat meeste krimenele amptenare is… wie is die werklike krimenele….die mense op straat ..nee… dis mense wat ons moet vertrou wat die grootste krimenele is..

twaalfboor ·

Jy het dit verkeerd. Vir elke kriminele staats amptenaar is daar ń kriminele “gewone” burger met wie hy besigheid doen.

Juffrou ·

Alles sloer. Tot dit uitgegooi word! Kyk hoe sloer die saak van Ethekwini Munisipaliteit se burgemeester én haar 27 trawante! Almal met volle salaris. G’n wonder ons is bankrot. Geen dienste. Swart vullissakke lê vir 2 weke op die sypaadjies. 7 trokke stukkend. Spul skelms.

André ·

Hoe is dit moontlik dat hulle in hegtenis geneem word vir “bewerings oor korrupsie”, maar Zuma en Malema word nie in hegtenis geneem vir HUL “bewerings oor korrupsie” nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.