R5 miljoen glo op weermaghoë se begrafnis geblaas

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Hoewel daar groot begrip is vir die behoefte om weermaglede ʼn waardige begrafnis te gee, is die DA diep bekommerd oor die meer as R5 miljoen wat glo op die begrafnis van wyle lt.genl. Xolani Ndlovu, logistieke hoof van die weermag, bestee is.

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, sê die besteding is gedoen ondanks ʼn duidelike opdrag van die nasionale tesourie vir departemente om die gordel stywer te trek.

ʼn Minder uitspattige – maar steeds waardige – begrafnis sou meer gepas gewees het, veral gegewe die dringende behoeftes om die weermag se verdediging- en beskermingskapasiteit te versterk, sê Marais.

“Die gebruik van die enigste diensbare C130 en die enigste twee diensbare Gripens van die Makhado-lugmagbasis vir ʼn verbyvlug, asook die beweerde gebruik van ʼn Brasiliaanse Embraer C-390 as ʼn luukse taxi, skep groot kommer oor die verantwoordelik toewysing van hulpbronne.

“Die optrede kom te midde van begrotingsbesnoeiings en kritieke hulpbrontekorte wat die behoud van noodsaaklike verdedigingskapasiteit bedreig.”

Marais sê die party doen in die lig hiervan ʼn dringende beroep op die minister van verdediging om ʼn onafhanklike raad van ondersoek aan te wys om die oënskynlik “roekelose besteding” te ondersoek.

“Daar moet gevolge wees vir diegene verantwoordelik vir hierdie voorkombare en ongeregverdigde uitgawes. Die DA benadruk ook die behoefte aan duidelike riglyne om die inwerkingstelling van besuinigingsmaatreëls in alle afdelings van die departement van verdediging en die weermag.”

Die DA het hom opnuut verbind tot behoorlike hulde aan gevalle soldate, maar vra ook vir slim finansiële bestuur om skaars hulpbronne te beskerm om die finansiering van die departement en weermag se primêre grondwetlike pligte te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Wow!! Hulle raak al beter.Ons sou normaalweg 10 milj betaal het.Baie TROTS dat julle so erg kon bespaar het.

Johann ·

Hoe de zzzzzzirrrrrr gee jy soveel geld uit op ‘n begrafnis? Of is dit die nuutste KADER byvoordeel? Vat en vreet terwyl hulle rondloop en krippe leeg vreet, en dan ‘n R5 mil gat in die grond?

Loun ·

Die dag wanneer al die krane leeg geloop het, gaan daar baie mense swaarkry sonder al die daaglikse luukses en uitspattighede… kan nie wag daarvoor nie.

Kokerboom ·

Die SANW het volgens my ‘n diep donker put van vermosing geword

Ian ·

Eish die mense weet hoe om te blaas. Daar gaan niks vir die kinders binnekort wees nie. Jul parkering het Expire

KB ·

Die ANC se vermorsing van geld kom nou soos onkruid op. Hul dae is getel.

Papsak ·

Dit gaan darem lekker in die land ne daar nie geld nie maar hulle het geld vir begrafnisse sjoe !!!!!!!

Martie Smartie ·

Is hierdie sg generaal ‘n gevalle soldaat? Is dit nie soldate wat in skermutselings sneuwel nie? Daar is geen einde aan ‘fruitless and wasteful’ expenditure deur die ANC gedrewe staasdiens nie. En die DA dien nie klagtes in nie want hulle is te sensitief met die komende verkiesing op hande. Viva ANC, African National Cancer!

Adri ·

Ek kan nie verstaan dat mens altyd na die tyd probeer uitvind hoekom, waarom en wat nie? Hoekom is hierdie uitgawe nie voor die tyd goedgekeur of afgekeur nie. Nou is die geld reeds vermors, nou wil ons iets daaraan doen?

Ore ·

Bling bling bling………dis al waarvoor ANC goed is. Een van die dae soek hulle ook ‘n reddingsboei.

Ronél ·

Wat was sy bydrae tot die samewlewing dat hy die R5miljoen afskeid na êrens verdien???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.