R680 000 se dwelms in ooste van Pretoria gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

Elf Nigeriese burgers is agter tralies nadat die owerhede op hulle toegeslaan het waar hulle die straatdwelmmiddel nyaope in ’n huis in Garsfontein in die ooste van Pretoria verpak het.

Nyaope met ’n beraamde straatwaarde van R680 000 is in dié huis gevind.

Randall Williams, uitvoerende burgemeester van Tshwane, sê die plaaslike metropolisie se dwelmeenheid het Sondagaand op die huis in Garsfontein toegeslaan nadat hulle aanvanklik op inligting reageer het oor dwelms wat in Pierre van Ryneveld in Centurion afgelaai gaan word.

Die sogenaamde afleweraar is kort daarna in hegtenis geneem. Dié Nigeriese burger het metropolisiebeamptes na twee van sy huise gelei – een in Pierre van Ryneveld waar daar dwelms gevind is en ’n tweede in Garsfontein.

Dit is hiér waar beamptes op tien verdagtes afgekom het waar hulle nyaope verpak het.

Die verdagtes, almal tussen 31 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms én dwelmhandel. Hulle word tans by die polisiestasie in Garsfontein aangehou.

“Ek wil graag ons beamptes bedank vir hul briljante werk om ons gemeenskappe en jongmense teen dwelms te beskerm,” sê Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

Net jammer hulle gaan nie dieselfde behandeling kry as ons mense wat in die buiteland gevang word vir soortgelyke misdade nie. Hulle is seker môre vry op R10.00 borg!!!!!

Sê maar net ·

:D :D 24uur dan is hulle weer uit op straat. Dis geen prestasie nie :(

Patch ·

Onder ons neuse…. Oor ‘n week is hulle weer iewers anders besig met hul bedrywighede. As dit nou Thailand was, was hulle vir jare weggesluit.

Elize ·

Dis presies wat hulle doen. ‘n Groep huur ‘n huis saam en so dring hulle in op elke vlak van ons samelewing!

Tino ·

Ons moet hulle dalk op ‘n vliegtuig Thailand toe pos met ‘n paar van daai “sweeties” in hulle sakke…

Manie ·

In Kaapstad se welgestelde woonbuurte gaan dit presies dieselfde. Dwelmbase/ Sindikaat base woon in Kampsbaai, Plattekloof ens, veilig weg van die buurte waar hulle dwelms versprei word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.