Radiopersoonlikheid Eusebius McKaiser oorlede

Eusebius McKaiser (Foto via Facebook)

Eusebius McKaiser, ʼn bekroonde analis, uitsaaier en outeur, is dood ná ʼn vermoedelike epileptiese toeval.

Sy bestuurder, Jackie Strydom, het die nuus Dinsdag aan TimesLIVE bevestig.

Volgens Strydom het hy die dag spandeer sonder enige teken van siekte. “Dit het alles baie vinnig gebeur. Sy lewensmaat Nduduzo Nyanda is tans by die lykshuis saam met sy familie,” het Strydom aan TimesLIVE gesê.

McKaiser (45) het plaaslik en internasionaal gereeld bydraes gelewer en het ʼn spesifieke belangstelling getoon in identiteit en beleidsimplikasies.

Volgens Strydom het McKaiser se rubrieke in die New York Times, Business Day, Mail & Guardian, Sunday Times, Sunday Independent, City Press, Newsweek International, BBC Focus on Africa, The New Republic, Financial Mail, en Destiny Man verskyn.

Hy was ook bekend vir sy gespreksprogram op Talk Radio 702, die Talk at Nine Show en hy het ook Interface op SABC3 aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.