Ramaphosa in selfkwarantyn

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa is in selfkwarantyn nadat ’n gas by ’n ete wat die president oor die naweek bygewoon het, positief vir Covid-19 getoets het.

Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder van Ramaphosa, sê die president het Saterdag ’n geldinsamelingsgeleentheid van die Adopt-a-School-stigting bygewoon. Dié stigting is ’n vennootsentiteit van die Cyril Ramaphosa-stigting.

Altesaam 35 gaste het die betrokke ete by ’n hotel in Johannesburg bygewoon.

“Die geleentheid het die Covid-19-protokolle en voorskrifte oor sifting, sosiale afstand en die dra van maskers streng nagekom. Die president het nes die ander gaste slegs sy masker verwyder toe hy geëet en die gaste toegespreek het,” sê Seale.

Een van die gaste het egter Sondag simptome van die koronavirus begin toon en is Maandag getoets voordat die toetsuitslae Dinsdag positief teruggekom het.

“Die stigting het van hierdie verwikkeling kennis geneem en dit gister met gaste gedeel, enkele ure nadat die president die onthulling van ʼn beeld van die bevrydingsikoon OR Tambo en die amptelike opening van ʼn nuwe Radisson-hotel en konferensie-sentrum in Ekurhuleni bygewoon het.”

Ramaphosa ondergaan egter gereeld siftingstoetse deur die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens en onderwerp homself aan siftingstoetse by die lokale waar hy geleenthede bywoon.

“Die president toon tans geen simptome nie en sal dadelik getoets word sou hy simptome begin toon.”

Ramaphosa sal tot verdere kennisgewing sy pligte op ’n afstand uitvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Werner ·

Hy wil net wegkruip want hy Sien niemand glo meer sy stories nie

Jakes ·

Ek stem saam met Werner, hierdie spul maak n mens siek met al hulle mannewales

Misky ·

“sy pligte op n afstand uitvoer” gmpf, so asof hy iets vir die land beteken. Hy faal ons en sy taak teenoor SA

Persheks Adri ·

Stem Misky en die mense kan maar af duime gooi ons ignoreer hulle net girl

annie ·

Vlug CR vir die begroting van vanmiddag? Soveel eise midde in die chaos en nou moet die onbekende faktor die skuld kry. Ons moet maar aanvaar ons is nou ook een van die sukkelende ontwikkelende landjies in Afrika handjie-in-die-lug vir aalmoese; nog ‘n ‘vulnerable’ op die VN se lys vir ‘charity for the poor’ en gedwonge skuldafskrywings deur die IMF, maar darem goeie nuus op SABC : Dit reèn mòre… pap!

Charles ·

Jou groot regering moet elke maand betaal word boetie, nie eers van al die “handouts” te praat nie, jy sal moet planne maak daar in afsondering…

ronel ·

Wel is nie asof hy veel vir sy land doen in openbaar nie, so wat presies gaan verander in afsondering, is nie asof sy teenwoordigheid so impak maak dat sy afwesigheid kan gemerk word nie

JohanR ·

Voel absoluut niks nie…..onthou….cigarettes WILL be allowed to be sold…..onthou….cigarettes will NOT be allowed to be sold? En net soe ou Cyril het jy jou spine verloor. Alles van die slegste!

Anel ·

Dis lelik, maar wie gee om! Om positief te toeys in nie te sê jy gaan siek word nie. Wat verstaan hulle nie. En ek wonder hoeveel van die wat positief toets is werklik positief. Hierdie regering manipuleer vir ons, boetie. Dis net nie snaaks nie!!!

Jessica ·

Baie mense het so iets verwag. P Sodra hy 100 persent gereed is , gaan ons almal weer lock down 2 of 1 toe. Meeste reken dit gaan op 15 Desember gebeur wanneer die skole sluit. Ons sal maar wag en sien. Hou maar die twakkies en drankkabinet vol. Sommige sê selfs kerse en nie-bederfbare items….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.