Ramaphosa onbestrede tot president verkies

Pres Cyril Ramaphosa is onbestrede herverkies as president van Suid-Afrika (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Cyril Ramaphosa is Woensdagmiddag onbestrede tot president van die republiek herkies toe geen kandidaat teen hom gestel is in die Nasionale Vergadering nie. Hy sal Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria as president ingehuldig word.

Leiers van politieke opposisiepartye het Ramaphosa geluk gewens en gewaarsku om in sy spoor te trap.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het gesê korruptes uit die Zuma-era moet boet. Die DA sal hom steun as hy besluite neem wat die land ten goede dien, en dit teenstaan wat ten kwade is.

Die EFF-leier, Julius Malema, het Ramaphosa gevra om ‘n jonger kabinet daar te stel en hom nie na die wense van wit monopoliekapitaal te steur nie.

Die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, het sy party tot konstruktiewe opposisie verbind.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê sy party meen Modise is die regte keuse as speaker. Hy het Ramaphosa gevra om die land en al haar inwoners bo die belange van die ANC te stel, en die VF Plus daartoe verbind om Suid-Afrika te bou, onder meer deur die erkenning van minderhede en die regverdige behandeling van almal.

Ramaphosa het die Christelike ingesteldheid van hoofregter Mogoeng Mogoeng aangeprys en die land gevra om te bid.

Thandi Modise is as speaker verkies en Lechesa Tsenoli as haar adjunk.

Die nuwe voorsitter en adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies word Donderdag verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHAPPIES ·

? aaag,asseblief,wat n ou grappie..!! HULLE aanbid hul voorouergeeste rn vrees toordokters en shangomas BAIE MEER as ons Hemelse Vader ??

Dries du Toit ·

Waaaat dr. Groenewald. Ek is geskok dat U Modise besing. Sy hoort in die tronk. Enige mens wat n dier laat doodgaan van honger en dors is in my boeke die laagste klas van mens. Seker is U toespraak absoluut strategies van aard. Wat kan sy vir die VF+ doen. Ekstra paar minute spreekbeurt

Stupid ·

SIES VF+ moenie dat ek SPYT Is dat ek vir julle gestem het nie . ek het nogals GETWYFEL oor julle .. nou weet ek …

Gert van Wierdapark ·

Darem bly Cyril het die paal gehaal as president! Dieselfde kan nie van tannie Modise gese word nie. Die hongersnood slagting van diere op haar Potch plaas byna 5 jaar gelede is nog nie in die hof afgehandel nie! Dis n skande dat ALLES van a en see kaders oorgesien word as joppies uitgedeel word!! Dus, die “stemvee” moet nie te veel verwag van al die verkiesings-bel-oftes wat gemaak is nie!

Gert ·

‘n Boer maak’ n plan, maar Speaker Modise kan nie boer nie! Dries, die man het seker in sy slaap gepraat – ag nee wat VF+, ‘n minus vir jul lofsange van haar as, “Prater”in die Parlement!

Irene ·

Ag malema jy met jou wit mense is al so afgesaag. Kry a lewe vir jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.