Ramaphosa reageer op hofaksies, teenkanting

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die regering verwelkom standpunte wat verskil in reaksie op die Covid-19-pandemie en hy gebruik dié insette om beter en slimmer op te tree, het pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief gesê.

“Sedert die aanvang van die krisis het ʼn hele aantal mense hul reg uitgeoefen om die howe te nader. ʼn Private burger het die afsonderingsregulasies al in die eerste week in die hof betwis toe hy toestemming gevra het om ten spyte van die reisverbod ʼn begrafnis by te woon,” het Ramaphosa gesê.

“In die daaropvolgende sewe weke was daar verskeie regsgedinge van ʼn hele aantal indiwidue, geloofsgroepe, politieke partye, nieregerings- en sakeorganisasies teen een of ander afsonderingsbepaling waarmee hulle ongelukkig was. Sommige se aansoeke was suksesvol, ander nie. Sommige het die howe op ʼn dringende basis genader en geslaag, ander het misluk. Sommige het hul aansoeke laat vaar ná samesprekings met die regering.”

Ramaphosa sê hoewel die regering regstappe wil voorkom, moet hy aanvaar daar gaan diegene wees wat ongelukkig is met sekere besluite en dat dit hul reg is om die howe daaroor te nader.

Die president sê daar is wigte en teenwigte van toepassing om te verseker daar word aan die Grondwet voldoen. “Waar ons te kort skiet gaan die howe – en bowenal ons burgery – ons verantwoordelik hou.”

Hy sê elke Suid-Afrikaner het die reg om die howe te nader en nie eens hy as president sou ooit in hul pad staan om daardie reg uit te oefen nie.

Hy sê Suid-Afrika aanvaar dikwels sy lewendige en gesonde demokrasie as vanselfsprekend, maar dit is een van die grootste bates om die pandemie mee te oorkom.

“Daar was reeds en daar gaan nog kwaai kritiek op ʼn hele klomp aspekte van ons nasionale reaksie op die koronavirus wees: Van die data-modelle en vooruitskattings, tot die ekonomiese uitwerking van die afsondering en die regulasies. As regering het ons nie gevra dat dié kritiek afgewater of stilgemaak word nie.”

Ramaphosa sê opbouende kritiek help die regering om by veranderende omstandighede en toestande aan te pas.

Hy hou vol dat die regering staatmaak op wetenskaplike, ekonomiese en empiriese data om besluite te neem en beleid oor die nuwe koronavirus te formuleer. Ramaphosa sê ook dat die regering waar moontlik gesprekke voer oor sy optrede – en dat hy wil hê alle Suid-Afrikaners moet deel van die gesprekke wees.

Hy sê selfs terwyl die ekonomie geleidelik oopgestel word, gaan die uitwerking op mense hewig wees. “Solank dit die geval is, is daar die moontlikheid dat konflik, onenigheid en ontevredenheid gaan voortduur.

“Net soos die regering besef dat die meeste hofaansoeke deur almal se welstand gedryf word, so moet ons ook besef dat die regering besluite in goeie trou maak en dat dit die belange van Suid-Afrikaners moet bevorder en nie skade berokken nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Oom Hennie Pennie ·

Ek is net bekommerd oordat ons opposiesie party se stem so stil is.

Burgermeester ·

Ramaphosa mag dalk sy ondersteuners flous, maar hy flous nie die burgers van Maroela-Fontein nie. Ramaphosa beweer dat die regering besluite in goeie trou maak en dat dit die belange van Suid-Afrikaners bevorder en nie skade berokken nie. In watse gat het Ramaphosa sy kop gesteek die afgelope weke tydens die inperkingstydperk? Dit is net ‘n bewys dat hy het geen idee wat rondom hom aangaan nie.

daniel ·

Dit wys net dat die ANC goed oppad is na n sozialistiese staat wat gedoem is om SA saam met hom af te trek in die poel van armoede en hongersnood.

Raadslid ·

Hofuitsprake hang deesdae net af of die Regter na die ANC luister of nie. Dit is veral opmerklik om te sien dat sake wat ANC belange het aan spesifieke regters gegee word.

Jan ·

Onthou, die ANC het lankal die diskriminerende wetgewing, soos BEEEEE, in plek gesit. Hulle gebruik die inperking om dit ter uitvoer te bring; En die howe se hande is gebind

daniel ·

Dit moet nie aan die Anc oorgelaat te word om te besluit watter regter n saak moet verhoor nie.

Nie Verbaas ·

CR, die top 6 se minagting vir wetenskaplike modelle is gister blootgestel. Julle kan nie meer virus vertraag nie, syfers bewys dit. So watter optrede van regering word na verwys wat burgers in ag neem?

henndrik ·

Die probleem is, sommige van ons (oor die kleur van ons vel), word nie ingesluit by die belange van Suid Afrikaners nie. Dit sal ook gaaf wees as daar deursigtigheid was oor hoekom sekere goed nie toegelaat word nie want ek is sekerlik te dom om dit vir myself uit te werk

Adam Adriaan ·

Hy en sy kaders is een van die poppe aan die toue van die NWO drywers

JohanR ·

Cyril – die enigste besluit wat jy as die GROOT BAAS geneem het is om 26de Maart SA in kwarantyn te plaas. Van daar af is jy afwesig, behalwe om nou en dan op die tv te verskyn en snert te praat. Kan ek weer se JY IS DIE GROOT BAAS! Nie NDZ nie, nie Bheki Cele nie, nie Ebrahim Patel nie JY! In Engels word aan jou gese soos ‘n eienaar van ‘n klein hondjie wat op sy bed gepee het sal se, “you have been a HUGE disappointment to me”!

Jan ·

Jy’s reg, Johan, hy het met die inperking die geleentheid geskep om die ekonomie te transformeer. Elke minister moet nou sien dat dit op sy/haar terrein deurgevoer word.

marius ·

Hofsake en onuitvoerbare bevele pas hul baie goed , want die verantwoordbaarheid word uitgerek . Die meule se wiel draai stadig maar hy verpoeier alles . Kyk maar wat het van die Romeine geword .

Rose ·

Op EWN het die president erken dat die geleidelike opening van die ekonomie nie op wetenskaplike navorsing gebasseer was nie. Met ander woorde, hy het blatant vir die nasie gejok. Dit is n politieke spel, sy boodskap is duidelik, opposition partye kan hof toe hardloop, hulle mors hul asem, die ANC is in beheer.

Alleen Wolf ·

Aan Maroela-Fontein se redaksie, hoe kry ons hierdie kommentare en ander op die forum by C.R. uit sodat hy kan besef hy is nie met idiote deurmekaar nie, hy kan sy wolhaarstories aan sy “People” probeer verkoop.
Nie dat ek dink hy dit eers sal lees AS dit by hom sou uitkom nie

Sam ·

Cyril Rampokker en sy kader sal niks uitrig teen hierdie virus nie. Die demografie van die land leen hom nie daartoe nie. Daar is geen inperking in die townships nie en dit is waar infeksies besig is om hand uit te ruk. Beëindig die inperking onmiddellik, pas veiligheidsmaatreëls toe en stabiliseer die ekonomie. Sy nagmerrieplan om biljoene te leen sal die finale spyker in SA se dennehout-doodskis wees.

Jan ·

Die virus en gepaardgaande inperking word maar net as voertuig gebruik om die ekonomie, a la Mugabe, te kaap. Dit het alles niks met die bekamping van die verspreiding van die virus te doen nie.

daniel ·

Wat my dwars in die krop steek en n mens behoorlik naar maak van woede is die oneerlikheid van hierdie regering se houding teenoor rasse diskriminasie as dit teenoor witmense gepleeg word .
Ek weier on te glo dat die Gronwet sulke onregverdigheid en sinneloosheid kan ondersteun .

KB ·

Miskien moet CR meer LUISTER, en minder praat. Hy luister slegs na diegene wat sý liedjie saamsing, maar ander kenners se volume word afgedraai. Dan moet mens jou na die hof wend, net om deur een van CR se goedgesinde regters, kortgeknip te word.
Hierdie is ‘n siek grap, wat die “slim” 19 nog aan die hakskeen gaan byt…en dan moet hulle nie wonder hoekom hulle nie meer sit waar hulle sit nie (die “sittery” kan hulle baie goed doen, maar dink? Aikona!).

Fedup ·

Liar liar, pants on fire.
You cannot fool us cyril.
Being bigheaded can be as irritating and as dangerous as being small-minded.

Hydi ·

Die ringmeester lag lekker oor die res van die sirkus.
Wat help dit almal hardloop hof toe? Geldmors, want dit gaan niks help nie. Derduisende rande bestee in hierdie tyd van afsondering TEEN afsondering en die president lag in sy mou.

JJ ·

Wel meneer die President. Die data is uit. Dit is bekend. Julle “data’ is verkeerd- alles is verkeerd- van die modelle tot by die dra van maskers.. As jou eie mamma vir jou ‘n masker laat drae het vanaf kleintyd, was jy nie hier vandag nie, Meneer die President. Ons imuunstelsel leer van virusse en bakteriee en so ontwikkel ons ‘n robuuste beskerming. Kyk na die data wat gebeur met mense wat maskers dra en hoekom hulle omdop so vliee. As u dit nie kan kry nie, vra dit . Ek sal met graagte vir u die bronne gee.

Eerlik ·

BATSA het vir die regering nog n tydlyn gegee oor die tabak verbod na die samesprekings, dit verstryk bleikbaar vandag. Hulle het geen hofaksie laat vaar ná die sogenaamde samesprekings nie, as dit is waarna Ramaphosa verwys.

Okmardom ·

Dink net. Met nugter denke en sonder ANC arogansie kon elke sent wat op hosake gespandeer is vir duisende mondjies kos voor gegee het…..but we have money. Your money.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.