Ramaphosa ‘speel viool’ wyl SA brand

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Nóg politici nóg boere nóg eiendomsagente is beïndruk deur pres. Cyril Ramaphosa se agtste staatsrede.

Die rooitapyt was skaars opgerol ná Ramaphosa se staatsrede toe beurtkrag boonop na fase 3 én toe na fase 4 verhoog is.

“Kortweg, die leuens van pres. Ramaphosa en die establishment se gebrek aan oplossings is onderbreek deur beurtkrag,” sê Rise Mzanzi reguit.

“Wat in die paar uur ná die staatsrede afgespeel het, weerspieël die werklike toestand van die land: ʼn gebroke land wat deur nuwe leiers herbou moet word,” sê Makashule Gana, hooforganiseerder van Rise Mzansi.

Yael Geffen, uitvoerende hoof van die eiendomsagentskap Lew Geffen Sotheby’s International Realty, sê indien Ramaphosa gisteraand ʼn toga pleks van ʼn duur snyerspak gedra het, sou hy ʼn 21ste-eeuse Nero gewees het wat sy viool speel terwyl hy kyk hoe Rome brand.

“Dit is absoluut verstommend dat pres. Cyril Ramaphosa die moed gehad het om weer voor die nasie te staan vir hierdie jaarlikse toespraak en die mantra te herhaal wat neerkom op ‘yay vir die regering’; nie net lewer ons minder as ooit tevore nie, maar ons het ook ʼn ‘fantastiese plan’ om reg te maak wat al die ander gebreek het.”

Terwyl Ramaphosa die een sukses ná die ander uitgepak het, bly die rentekoers op sy hoogste punt in 14 jaar; inflasie is buite beheer; die koste van krag en brandstof hou verbruikers op hul knieë en huishoudelike skuld eis sy tol op al hoe meer Suid-Afrikaners.

Geffen sê alles wat Ramaphosa belowe het om vanjaar reg te maak, is dieselfde kritieke kwessies wat hy in verlede jaar se staatsrede (en in die een voor dit) onderneem het om te pak. “Trouens, as die presidensie verlede jaar se toespraak op 8 Februarie vanjaar oorgespeel het, sou niemand dit waarskynlik eens opgemerk het nie.”

Die landbouorganisasie TLU SA sê die landboubedryf het uit Ramaphosa se vorige staatsredes ʼn baie duidelike les geleer oor die verskil tussen woorde en dade. “Ons het verneem dat die beloftes wat pres. Ramaphosa in sy staatsrede maak, nie ingestel word nie. Dit is altyd leë woorde wat niks vir Suid-Afrika se vooruitgang beteken nie.”

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê Ramaphosa se edele beloftes van verbetering klink baie bekend.

“Ons het dit ook in vorige jare gehoor. Daar word aangekondig dat miljarde rande geoormerk is om dit te doen, maar dieselfde mense wat die probleem veroorsaak het, is nou diegene wat dit moet regstel.”

Van Zyl sê die landboubedryf het gedurende die vorige staatsrede gehoor dat onderpresterende hawens en spoorweë aandag sal geniet, “maar dit bly ʼn uitdaging vir ons boere”.

“Die landbousektor skep die meeste werksgeleenthede, maar steeds ontvang hy net ʼn handjievol steun van die regering.

“Wat TLU SA betref, was Ramaphosa se toespraak Donderdagaand nog ʼn vertoning wat opgevoer is met die doel om stemme in die komende verkiesing te werf.”

Van Zyl verwys ook na die tema van vanjaar se staatsrede wat lui “laat niemand agter nie”.

“Maar die vraag is, na wie verwys dit?”

“ANC-kaders? Ons kan seker vra. Dit is die land se voedselverskaffers wat agterbly, gegewe dat 96% van grondhervormingsprogramme misluk. Kaders word bevoordeel, nie boere nie.”

Dit is boonop maklik om te praat oor wat gedoen moet word, maar die geskiedenis vernietig die staatsrede, sê Van Zyl.

“Suid-Afrika besef dat ANC-beleid nie kan lewer wat dit beloof nie. Ons het [gisteraand] gesien dat die ANC steeds verkies om ideologie na te streef vir die behoud van die ANC as die regerende party. Beloftes wat die mense wil hoor, word gemaak, terwyl ons opgesaal sit met ʼn bankrot regering wat nie die vermoë het om sy beloftes na te kom nie.”

Geffen sê wat die eiendomsmark betref, het eiendomstransaksies verlede jaar met 100 000 gedaal vergeleke met 2022 “en ʼn groot persentasie van daardie verkope was finansieel gemotiveer”.

“Dit is ʼn no-brainer om te verkoop en onder ʼn skuldlas uit te kom indien dit verlammend vir ʼn huishouding geword het en bankrotskap of huisterugneming dalk te wagte is, maar terselfdertyd is dit ʼn langtermyn-terugslag waarvan baie eenvoudig nie sal herstel nie.”

Geffen sê vanjaar se staatsrede – met sy oormaat beloftes en tekort aan tasbare oplossings – versterk net die feit dat Suid-Afrika se ekonomiese redding in die hande van sy mense lê.

Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê daar is duidelik nog baie “onafgehandelde sake” op die nasionale agenda, insluitend ʼn meer samehangende algehele ekonomiese plan vir baie hoër werkbare inklusiewe groei.

“Ná die breë verwagtinge van die staatsrede wag die moeilike finansiële werklikhede en probleme van die begroting op 21 Februarie. Fiskale ruimte het nou merkbaar gekrimp.

“ʼn Sterk kombinasie van swak groei, stygende skuld en buitensporige besteding het ernstige risiko’s vir die fiskale vooruitsigte.”

Parsons sê die maatstaf is dus hoog vir min. Enoch Godongwana se begrotingsrede later vandeesmaand.

“Die 2024-’25-begroting moet tasbare uitkomste beliggaam wat geloofwaardigheid bou teen ʼn agtergrond waarin fiskale teikens konsekwent gemis is. Suid-Afrika bevind homself reeds buite die beperkings van wat hy redelikerwys kan doen om sy skuldlas te beperk en sy staatsfinansies te stabiliseer.

“Dit is waar die groot uitdaging nou lê in die nadraai van die staatsrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien Ramp hoor SA brand sal hy ‘n kommissie van ondersoek aanstel.

Marous ·

Hy en sy hanteerders gee voor dat die see met ‘n tee siffie leeg geskep kan word .

domheks ·

100% vir cANCer spog met ander se bydrae oor 30 jaar. Wat kan cr en sy kaders wys wat hulle vermag het? Sassa?

bolletjie blom ·

Ramaphosa het klaar sy plek in Dubai waarheen hy gaan vlug as die paw paw die fan strike.

Shakespeare ·

Die affêre weet nie eers wat ‘n viool is nie. Hy weet net van alles verwoes, behalwe sy familie en pêlle.

Karoo ·

Gryp na strooihalms…all smoke and mirrors… ek wonder wanneer die mense se oe gaan oopgaan!!!

Marthinus W ·

Sonder om pedanties te wees: Nero het nie viool gespeel terwyl Rome gebrand het nie. [Daar was nog nie so iets nie; Nero se orrel en lier gespeel.] Hy het gehelp om die vuur te blus. En na die vuur geblus is, het hy Rome herbou, beter as wat dit was: wyer strate, geboue verder van mekaar af, ens.

Danie ·

Dis weereens net lee beloftes en n gekots.Skuus verdraaings.Ek glo 99 % reeds alternatiewe skuiwe.

Danie ·

Ek se dankie Here ek luister nie na Ramaphosa se gepraatery nie. Hy ly aan vel verskuiwing en die wat weet waarvan ek praat sal presies weet wat ek daarmee se.

Chris ·

Ek kan dit net nie verstaan nie. Dink die mense almal is breindood. As ek Skwirrel was het ek my Phala Phala tassie weer vol gestop ‘n enkel kaartjie iewers heen gekoop en daar gaan bly. Dit is onmoontlik om soveel aan te jaag en jy kry nie pak daaroor nie. Jacob se pak is nader as sy volgende bord kos. Hulle het duidelik nog nie van die Blinde Sambok gehoor nie. Wat jy saai, sal jy maai.

Papsak ·

Ag asb anc en Ramaphosa nog niks lig gegee op die land nie is julle doofblind stom asb pluk by lSA is weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.