Ramaphosa traag om Eskom-korrupsie te pak

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het nog geen ondersoek laat doen na bewerings dat twee kabinetslede betrek word by ongebreidelde korrupsie en georganiseerde misdaad by Eskom nie. En dit lyk ook nie of hy gaan nie, sê die DA.

Voormalige Eskom-hoof André de Ruyter het dié onthullings gedoen kort voor die Eskom-raad hom summier die trekpas gegee het.

In ʼn geskrewe vraag wou die DA by die president weet of sy nasionale veiligheidsraadgewer, Sydney Mufamadi, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, hom op hoogte gebring het van die twee ministers wat glo betrokke is by die kartelle wat Eskom se geldkoffers stroop. Die DA wil ook weet of die name van die ministers aan Ramaphosa gegee is.

Indien nie, vra die DA, watter stappe gaan die president doen om diegene wat by korrupsie by Eskom betrek word, aanspreeklik te hou.

Hierop antwoord Ramaphosa: “Ek is nie op hoogte gebring van die name van die mense wat glo betrokke is by kartelle binne Eskom nie.”

André de Ruyter, voormalige hoof van Eskom. (Argieffoto: Eskom)

Hy sê voorts De Ruyter, as iemand in ʼn magsposisie, het ʼn verpligting om korrupte bedrywighede by enige polisiebeampte aan te meld.

“Sodra so iemand bewyse aan die gepaste wetstoepassingsagentskap voorgelê het, moet die agentskap die stappe doen wat hy nodig vind.”

Ramaphosa sê ook daar is verskeie hangende ondersoeke en ander optrede wat verband hou met Eskom. Dit sluit in:

  • maatreëls wat die departement van openbare ondernemings ingestel het in ooreenstemming met die aanbevelings van die staatskapingskommissie
  • die opskort van steenkoolverskaffingsooreenkomste en boukontrakte ten bedrae van sowat R11 miljard
  • regstappe deur Eskom wat gelei het tot die ongeldigverklaring van steenkoolkontrakte van R3,7 miljard
  • die voorkoming van verdere verliese van sowat R10 miljard deur die tersydestelling van steenkoolkontrakte
  • ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en tugstappe deur Eskom teen vervoeroperateurs
  • interne ondersoeke na vier van Eskom se dieselverskaffers.

Siviwe Gwarube, hoofsweep van die DA, sê in ware Ramaphosa-styl het die president sy verantwoordelikheid omseil “deur op sy hande te sit en niks te doen nie”.

“Pres. Ramaphosa het nie net mense se pleidooi om van korrupsie by Eskom ontslae te raak en die beurtkragkrisis op te los geïgnoreer nie; hy het ook aan die ganse land bewys dat hy ondanks sy hernieude mandaat by die ANC se nasionale konferensie in Desember, nie in staat is om sy party en regering skoon te maak nie. Albei gaan voort om toenemende lyding en ellende vir ons land en sy mense te veroorsaak,” sê Gwarube.

Suid-Afrikaners verwag van hul president om die bewerings ernstig op te neem en kabinetsministers wat by sulke ernstige bewerings betrek word, te skors. Hy moet ook ondersoeke van stapel stuur om agter die kap van die byl te kom, sê sy. Vir Ramaphosa is dit egter “sake soos gewoonlik”.

De Ruyter verskyn volgende week voor die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en sal daar oor sy bewerings uitgevra word.

Ramaphosa se antwoord oor die stappe wat hy gedoen het, kom dus op ʼn belangrike tydstip.

Die nuwe minister van elektrisiteit – en verskeie ander staatsfunksies – is in die presidensie gesetel. Daar is geen parlementêre oorsigkomitee vir die presidensie nie en dus geen aanspreeklikheid aan lede van die publiek nie. Skoor is dus die enigste liggaam wat ʼn mate van oorsig kan uitoefen.

Gwarube sê hulle sien uit na De Ruyter se verskyning voor Skoor “waar ons weereens die president se werk moet doen om wydverspreide korrupsie” in die kabinet – wat die land in duisternis en ellende gedompel het – uit te roei.

“Ons sal die komiteeverrigtinge fyn dophou en enige nodige stappe doen om alles oop te vlek oor ʼn probleem waaroor die ANC en president versuim om op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Martie Smartie ·

Jakob Zuma gaan nog soos ‘n engel lyk teen president paddakook. Merk my woorde.

Suzette ·

Chyril doen waarskynlik niks omdat hy self deel is van die kartelle…..

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Jip, hoe dan anders! As thick as thieves!

Elméne ·

Ek dink hy is die GROOT brein agter al die korrupsie agter die “regering” se boewery.

Papsak ·

Ramaphosa is deel van die speletjie met Eskom daarom is hy traag om op te staan en iets te doen hieraan hy is pateties hy hoort nie n president genoem te word want hy doen niks vir land en sy mense nie hy sorg net vir sy kaders en boeties raak ontslae van hole lot

Sobymykoolkop ·

Jip. Jy is reg. Net so goed Eskom ondersoek eskom, met eish ja, met eish…….

Jr ·

Ou pers terroris het nie konstruktiwe kommentaar. Gaan deur die eerste paar boodskappe met sy stem nie saam en word dan moeg of kan net 30% goed lees

Manie ·

Hy beskerm hulle, want hy weet as die groot name nou moet uitdop, is die ANC se kanse om volgende jaar die verkiesing te wen zero.

Elméne ·

Ek glo en vertrou dat hul kanse in elk geval alreeds -10 is!

Cherokee ·

Indien Ramaphada dan wel die inligting het en nie optree, kan die DA hom laat aankla vir weerhouding van inligting, en op hul beurt self die klagte lé.

Tyd vir ñ artikel geskryf deur Pieter Groenewald of ander, om te verduidelik wanneer hulle van verlof terugkeer. Hulle is besig om my meer en meer geneë tot die DA te maak.

Sobymykoolkop ·

Is ek ń Suid Afriker?? Ek weet nie, maar my president is die jellievis beslis nie

Althes ·

Ramaphosa se reputasie word al meer in twyfel getrek.
Is hy ñ pion in die misdaadagtige gedeelte van die ANC of hoe werk die binnegoed van daardie politieke groep?
Ons kan nie toelaat dat ñ politieke party SA na die afgrond sleep nie. Iewers moet daar ñ waterskeiding kom.

Cherokee ·

Ek dog SA is reeds oor die afgrond. Terugklim sal steil wees.

Linda ·

So het hy ook niks teen zuma gedoen, die pot is onder hulle verdeel.

Henk ·

Eskom is deel van sy verpligtinge.Hy weet presies wat daar aangaan,geen verskonings nie.
Hy kyk na sy party.Hy is nie n President nie,hy is die Hoofman van sy eie kartel.Hy en sy kaders sal hulle self beskerm,wat dit ookal sal vat.

JohanR ·

Hy’s net traag. Hy moet ‘n minister aanstel en ‘n 12 persoon komitee voordat hy besluit om die voordeur te sluit!

domheks ·

Dit is net werkskepping! Elke ondersoek deur ons sg prez!

anko ·

en wie betaal die verskriklike salarisse, belastingbetalers wat al hoe minder word

Johann ·

Die rugraatlose leunaar is traag met als wat te doen het met waarheid en reg en geregtigheid.

Dup ·

Ek sal ook traag wees as heelwat van my (kader) vriende betrokke is.Bloed is dikker as water.

Owlie ·

Hy sal mos nog nooit ondersoek laat instel nie, dan bewys dit mos dat hulle verkeerd was oor Andre de Rutter en dat hulle vir hom publieke verskoning skuld. Hy weet ook presies wie die skuldiges is. Daar moet ‘n wetgewing wees wat al hierdie tydmors, geldmors mode giere te overule. Ek kan nie glo dat enige regering en selfs president kan aanhou en wegkom met al hierdie dinge nie.

JvR ·

Jy wil he dat hul moet wetgewing plaas wat hul werk moeiliker gaan maak? hehe

Amelia ·

Wil eskom en alle staat departemente vir homself he dan sal als regkom na dit in sy besit is en die dommes sal hom prys want hys dan nou so wonderlik nee mense hys te slu

Wondermaarnet ·

CR, hoekom so traag? Is dit omdat jy self betrokke is?

gpsa ·

Waarom moet de Ruyter bewyse verskaf, hy is nie ‘n speurder nie, hy het probeer om die ligte aan te hou waneer moes hy ondersoeke doen en bewyse insamel?

anko ·

Dink nie hy sou in gestem het om voor Skoor te verskyn indien hy nie bewyse het nie

Hendrik ·

Sy jarelange geskiedenis openbaar hom as n pofadderslang wat onder gras skuil. Tydens onderha delinge was hy die ondernemer van versoening en gematigheid. In sy vasberadenheid t o v sosialisme is korrupsie en roof sinoniem aan swart bemagtiging . Hy kan nie anders wees as sy totale integriteitlose anc regering nie.

Koos 100 ·

DA, het julle tog nie werklik verwag dat hy sal optree nie. Sedert Zuma is dit ANC eerste dan die res. Probeer eerder die stemvee van SA te oortuig om nie vir die ANC te stem nie. Moenie beloftes maak wat nie nagekom kan word nie. Onderhandel dan ook noual watter stappe teen die koruptes geneem gaan word indien julle as koalisie gaan regeer. Dis wat die kiesers wil hoor en sien!

Cherokee ·

En voor Zuma, Koos? Was dit werklik anders? Was Mandela enigsins anders? Hulle is die symste, reg vanaf toe die ja-stem ons verraai het.

Niklaas ·

Onse Cyril steek iets weg wat ons nie kennis van moet dra. As ‘n leier nie wil optree teen kriminele aksies nie , toon dit dat hy deel in die opbrengste. Hy kyk na sy eie sak en doen niks wat lyk asof daar vervolgingsplanne is nie.

Genis ·

Ek dink hy is Klaasvaaki in baie opsigte, behalwe met Dollars…

Casper ·

Hoekom sal ek dan nou ‘n melkkoei koop as ek melk in ‘n bottel kan koop.Hoekom sal rampie nou ontslae raak van sy beurse.

Gertdup ·

Maar natuurlik sal hy traag wees om enige korupsie te ondersoek! Hys dan deel van dit.

Johanncb ·

Mnr CR is sekerlik kandidaat vir die “grootste-mislukking-toekenning” van die eeu! Hy het ‘n wonderlike manier met woorde, maar géén manier om dit toe te pas nie!

CHRISTINE ·

Ek kan dit nie glo nie. Die land is krimineel deur die ANC gekaap sedert 2006 en dit wys noy ORAL.

Althes ·

Ons weet teen hierdie tyd wat met fluitjieblasers gebeur. Dis ñ skande dat regering niks doen nie, maar ja ons het vergeet, hul beskik nie oor integriteit nie.

Danie ·

Ramaja wil nie die swartskaap wees nie en verwag ander en blameer ander om die vuilwerk te doen.Dis presies hoe daar met wit polisiemanne te werk gaan .Dis hulle probleem .Dis eintlik n staats probleem dalk is hy bang iets kom uit.

Andrè ·

Ramaphosa is traag om enige iets behalwe phala phala aan te pak,swakste president wat ons nog gehad het

domheks ·

CR mos al toe hy nog adjunk was gesien het waar om te eet…

Jannie van Niekerk ·

By watter polisie moet korrupsie aangemeld word as die hele spul vanaf die minister en selfs die president korrup is?

skurweberg ·

Ons almal was bly toe Andre’ by Eskom aangestel is. Wie het hom aangestel?, vra ek myself. As hy nie aangestel is nie sou die waarheid nie op die lappe gekom het nie Hierdie is nie toevallige gebeure nie. Niks is inderwaarheid toevallig nie

anko ·

DER is slimmer as dit. Hy sou nie in gestem het om voor SKOOR te verskyn sonder bewyse ens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kyk hoe lag die hoof van die regime vir ons.

SomeOne ·

ramaparra het geen idee wat in sy eie land aangaan nie, soek net die miljarde in sy sak en meer, “shame” ramaparra

Elméne ·

Indien nie, vra die DA, watter stappe gaan die president doen om diegene wat by korrupsie by Eskom betrek word, aanspreeklik te hou. Nou my vraag is: HOEKOM het die DA lede – onder andere die PARTY LEIER dan ook “geskenke” ontvang sonder om dit te verklaar???? HOEKOM het HY dit nie aangespreek of aangemeld nie?? Is die deler dan ook nie so skuldig soos die steler nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.