Ramaphosa veroordeel, waarsku oor plaasmoorde

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die debat oor die presidensie se begrotingsrede. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het plaasmoorde opnuut veroordeel en terselfdertyd ’n skerp waarskuwing aan spesifiek die VF Plus oor sy hantering van die saak gerig.

Ramaphosa, wat wyd daarvan beskuldig word dat hy plaasmoorde nie veroordeel nie, het met aanhalings getoon dat hy dit wél al gedoen het. Sy voorbeeld was uit ’n verbatim gedokumenteerde parlementêre stelling – en hy het plaasmoorde toe weer breedvoerig veroordeel.

Die president het egter ook ’n waarskuwing aan spesifiek en by name dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gerig met ’n woordkeuse wat ongewoon direk was komende van die gewoonlik gepoleerde en geskakeerde Ramaphosa.

Ramaphosa het aangevoer Groenewald se gedrag toon aan watter lang pad sommiges nog moet loop na versoening en in watter mate party mense nog in ’n etniese enklave is.

Ramaphosa se woorde direk ná sy kritiek op Groenewald wys dit was, ten regte of ten onregte, ʼn klaarblyklike verwysing na ʼn persepsie dat die VF Plus fikseer op plaasaanvalle en plaasmoorde tot uitsluiting van moorde en geweld in ander samelewingsverbande. Dít omdat dit wit mense is wat vermoor word en die VF Plus slegs omgee oor moorde op wit mense en minder omgee oor die moorde en geweldsmisdaad teen Suid-Afrikaners van ander rasse omdat hulle ander rasse minder ag as wit mense.

“Elke geweldsmisdaad moet in dieselfde mate veroordeel word. Elke lewe is gelyk,” het Ramaphosa uitgewys en voorbeelde genoem van moorde en geweldsmisdade in ander samelewingsverbande wat nie dieselfde mate van fokus as plaasmoorde in sommige kringe uitlok nie.

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Ramaphosa het ook die beleidsvoorstel deur die DA-leier, Mmusi Maimane, dat die regering se swart bemagtigingsmodel misluk en dus geskrap moet word, sonder omhaal verwerp.

In ʼn aanduiding dat die stryd tussen die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, besig is om snel te ontaard in ʼn stryd tot die dood waarin die breër politieke kamp wat elkeen verteenwoordig, vernietig sal word indien hulle verloor, het Ramaphosa hom openlik aan Gordhan se kant geskaar.

Hy het die minister se beginselvastheid en bydrae tot die bevrydingstryd besing en die EFF-leier, Julius Malema, se aanval op Gordhan tydens Woensdag se debat oor die presidensiële begrotingspos as onaanvaarbaar uitgekryt.

Ramaphosa het die belang van eenheid, versoening, respek vir uniekheid en behoorlike ekonomiese beplanning benadruk as Suid-Afrika die blink toekoms wil verwesenlik wat volgens die staatshoof op die land wag.

In daardie verband is dit spesifiek belangrik om eenheid na te streef met diegene buite jou eie taal- en kultuurgroep, het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Kol ·

Nou laat alle partye dan so optree en dan vir almal in die land omgee…

potlood ·

Hoekom moet sy mense in alles genoem word? As jy op die toilette sit dan moet sy mense daar wees… Ek is glad nie beindruk met sy optrede nie… Pleks aanvaar hy dat sy mense die oorsaak is… Mnr Ram, julle is werklik astrand BLIND vir die waarheid… Dis asof daar ‘n “spel” oor hulle is… Julle “Voodoo” sal nie werk nie hoor…

potlood ·

Ek kan nie glo hy maak sulke stelling aan dr. Groen nie… Hoe durf hy terwyl hy self skuldig is aan presies dit en selfs baie meer…
So almal moet omgee vir jou mense, maar nie die res nie?!
Ek se vir jou Mnr, Ram, julle versoenning is nog ‘n harde, lang pad en dit is Binne julle. Julle daaglikse optrede bewys deur en deur julle ware kleure. Julle harte is vuil, sies man.

sweis ·

Ek stem saam eers lieg hy vir die buiteland se joernaliste dat plaasmoorde nie bestaan en van versoening moet hy nie eers praat nie ek hoop Dr Groenewald noem hom by name met sy diskriminerende wette teen veral wit jongmense wat na 1995 gebore is en nog steeds gebukkend gaan onder kwota en swart bemagtiging wetgewing.

Johan ·

Een van die fases van volksmoord is ontkenning van die regering se kant af. Hierdie vrugtelose gebrabbel van CR het niemand gehelp nie, net die probleem vererger.

Jakalas ·

Stem 100% saam. Dis maklik om te sê hy veroordeel dit wanner hy met die VF+ praat, maar sonder aksie is sy woorde leeg. Nie eers te praat dat hy die buiteland wil oortuig that daar nie plaas moorde plaas vind nie.

TDW ·

CR het nou weer die raskaart getrek. Ek is bevrees hy mis die hele punt. Die wreedaardigheid van plaasmoorde en dat dit spesifiek swart teen wit is, agv politieke polarisering, dat dit spesifiek ‘n sekere groep teiken, is die punt. Toe polisiestasies geteiken was, was daar nasionale veroordeling, toe daar geldwaens geteiken is, is dit nasionaal veroordeel, daar onmiddellik planne gemaak om dit te voorkom.
Dis die punt.

B ·

Sjoe die weerspreking en ironie in CR se antwoord :(

Eers praat hy van ‘n ‘etniese enklave’ maar direk daarna verdedig hy BEE? (EN hy het alweer gerpaat van ‘our people’ die afgelope naweek)

Jakalas ·

Nou dat Ramaphosa basies die skuld van plaasmoorde plaas op die mislukking van versoenning, laat dit my dink hy voel dis die Boere se eie skuld omdat hulle vermoor word. Al wat hy sê is hy veroordeel dit, maar daar is nie ‘n plan van aksie nie. Hy wil ook mense laat dink plaasmoorde moet gelyk gesien word aan ander misdade, alhoewel die plaasmoorde marteling i.v.m haat in hou. As hy alle moorde gelyk sien, hoekom word die moord op ‘n ANC mense, polisie man en politikuste hoër geag dan? Net weer ‘n spul leuns. Niks beter as wat Zuma was nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

En daar sal oorloë en gerugte van oorloë wees……Niemand sal niemand meer glo en vertrou nie…Is dit nie tragies dat ‘n man se woord nie meer sy eer is nie?

Helena ·

Was CR, sy voorganger eintlik vele se woord ooit hul eer??

jean ·

Blah…blah….blah…en so sal dit voortgaan. Hy sou dit ook beslis nie gedoen het as sekere partye nie daaroor gekla het nie…..

Susan vl ·

En CR eet elje dag, heeldag heeldag aan kos wat deur die boere en hulle werkers versorg en met liefde geweek is. Dit maak my mismoedig dat die regering die uitwissing van ons boere en vee nie dadelik kniehalter nie. O ja..hulle kos sal seker ingevoer word. Terwyl die regering se ondersteuners sal krippeer van hongersnood. Regering moet net onthou, wat jy saai sal jy maai.
Plaasmoorde raak al hoe meer n spel van mag en marteling.. ons moet bly bid en glo. God sal intree.

Bekommerd ·

Wat hy se en wat hy bedoel is twee dinge. Hy smeer die wittes heuning om die mond. Niks sal gebeur nie. Plaasmoorde sal voortgaan solank die ANC aan bewind is.

emily ·

Nou wil hy kastig sy stem dik aanmaak, Ag asb hy gaan beslis niks hieraan doen nie. Hoekom moet alles altyd om ras draai.

wilma ·

Dankie, Mnr Ramaphosa. Baie anderskleuriges sal/wil dit nie glo nie, maar daar is nog wit mense wat saamhuil wanneer mense omkom in geweld, taxi-, bus-, treinongelukke, waar kinders mekaar by skole aanrand en vermoor, kindertjies in puttoilette gegooi, verkrag en vermoor word. Van ons probeer ook, al kry ons hoe swaar, om nog ‘n ope hand teenoor ons naaste te hê, maar oor die algemeen word ons uitgekryt vir alles wat sleg is! Daarom die bitterheid in sommige van ons se harte dat ons nie eers meer weet wat empatie teenoor ons naaste is nie.

Veroordeel se agterent ·

Klink soos “All animals are equal…”

Sy stelling ontken nie plaasmoorde nie, maar dit erken dit ook nie as ‘n spesifieke tipe misdaad eie is aan SA nie, soos bv bendegeweld wat nou deur die weermag moet bestry word nie. Lekker geslepe, soos altyd.

What a joke! ·

Nee wat hy Ramphosa eintlik meen wanneer hy vir Pieter so probeer bykom is nog meer wittes moet vermoor word voor daar versoen kan word! Hy Cyril is ver van versoen af met die blankes van Suid Afrika en hou nie van die feit dat hy gedwing word om iets te se wat teen sy beginsels indruis nie! Maar hy swoeg maar onder die druk, die ekonomie wankel en die buiteland hou dop…hy weet dit! Die man het n gesplete tong !

Joes ·

Vir my snaaks hoe mense nou glo wat hierdie leuenaar sê. “erken” dit hier, maar gee hom so dag of wat, dan ontken hy dit weer.

Pierre ·

Mense, julle moet wakker slaap, hy hou almal vir gekke, vinnig word daar vergeet dat die man was hoof van NUM destyds en wat hy alles toe gelaat het onder sy leierskap, massas mynwerkers vermoor.

Db ·

@Koos. Jy kan bly wees jou antwoord word geplaas want hulle werk met groot uitveërs want 90% van myne sien nooit die lig nie

JohanL ·

Jaaaaa Ramaphosa. Jy veroordeel nou plaasmoorde (kamtig opnuut) maar in die proses moet jy natuurlik weer die blanke (in die geval die leier van die VF+) aanval.

Jy is ‘n teleurstelling en as jy die beste is wat die ANC het, dan verklaar dit die gemors waarin hierdie land van ons is.

Denise ·

Jaaa…kap maar vir Ramaphosa en trek hom uitmekaar uit…!!!
ACE en zuma faksie wag,dán gaan die poppe dans,mense

fred ·

cr erken niks en haal weer die verlede aan as hy in n hoek gedruk word…hy moet die blankes dankbaar wees dat ons n JSE opgerig het waar hy BEE aandele gekry het om oornag millionére te word…

Hester ·

Jy is so reg en die mense weet nie of wil nie weet van hierdie goed nie. Hy is net so erg soos Zuma , hy steek dit vir nou net beter weg

Nie so nie ·

Dit is glad nie so nie. Die President het bloot plaasmoorde ingesluit by alle moorde en geweldsmisdaad wat in Suid-Afrika plaasvind. Hy het dus net herhaal wat hy in die verlede al telkemale gesê dat die lewe van ‘n wit mens nie meer belangrik is as die lewe van ‘n swart mens nie. Hy het bloot net verwys na byvoorbeeld plaasmoorde wat deel uitmaak van die totale misdaadprofiel van Suid-Afrika. Hy het alle moorde en geweld veroordeel en alle slagoffers van moord en geweld in Suid-Afrika en alle geweldsmisdade op gelyke voet behandel deur dit wat hy gesê het. Plaasmoorde is glad nie in isolasie aangespreek of uitgesonder nie.

@Nie so nie ·

So bly nog iemand sien dit ook so raak. Dis nie wat Ramaphosa sê nie, DIS WAT HY NIE SÊ NIE. Hy erken niks oor plaasmoorde as sulks nie.

Willie ·

AL wat ou CR is Imbizo, maar kan niks doen nie… lee woorde… Op jou beste CR, is jy n teleurstelling vir SA… jy en al jou trawante… eenderse vere

toy ·

Dis die eerste keer wat Ramaphosa iets te se het oor die plaasmoorde, nadat ander partye vir hom gese het daar moet iets gedoen word daaraan. Hy het voorheen dit heeltemal vermy om oor dit te praat of iets daaraan te doen.

Lindtjies ·

Ek kry eerder die idee dat meneer Ramaphosa dit onder dwang doen. Hoekom moes die ander partye hom teregwys en dit onder sy aandag bring.

klug ·

Dankie CR. Ek veroordeel ook plaasaanvalle en alle moorde… ten sterkste. Kom ons kyk of dit nou ophou . Om te dink ons betaal om in die land te woon.

Transvaalse nooi ·

Dankie dankie vir die erkenning , waneer gaan die komandos uit om boere en hul vroue en kinders te beskerm?!! En is dankbaar oor die weer mag wat ontplooi is oor die moorde in Kaapstad, baie dankbaar!! Dankie Liewe president, 27 jaar na my man verloor en ek gemartel en vir dood agtergelaat is is daar weer hoop vir die land, baie baie dankbaar, waar kan mensen aanmeld om aan te sluit? Ek wil self ook aansluit , 27 jaar gelede het ek my man en seun begrawe, Albei vermoor, alles verkoop en met 5 kinders Nederland toe verhuis, ek is n harde werker, en is bereid om te help om die land en sy mense te help, hier is baie van ons hier, ons het ook geld, maak die boere veilig en ongeveer 20 000 van ons kom terug? Ek sien uit na die aankondigings, ons almal is vreeslijk blij en dankbaar hier oor u besluit!!! SOUTH AFRICA WILL BE GREAT AGAIN!!! sien julle nou almal wat so sleg praat van die president? Hy moes darem ook kans gekry het, maar is dadelik aangeval en sleggepraat neem julle woorde terug mense!!! ONS KRY KOMMANDOS EN PLAASMOORDE GAAN GESTOP WORD!!!! Hou die nuus dop vir die aankondigings oor waar ons kan aanmeld en hoeveel persone per vierkante meter gaan partroleer , vanaf vandag begin julle so lank met wat julle het, hou jul plase veilig!!!

Frm ·

Kan iemand asb vir die nar verduidelik dat ons sou net so tekere gegaan het as dit wittes was wat swartes in hulle woonbuurtes vermoor. Die ander misdaad wat hy so graag uitlig is dieselfde raswat nekaar beroof, verkrag en vermoor. Dit kanni in dieselfde aswmvenoem word van een ras wat n ander een se privaatheid en eie omgewing binnedring met die uitsluitlike doel om te moor nie.

attie ·

Dis omdat nie blank die blankes so uit roei dat die VF omgee as dit anders om was sou die anc nog meer gekla het. Ons gaan nie na julle huise toe en vermoor julle nie

Johann M van Heerden ·

CR ‘veroordeel’ plaasmoorde onder druk. Maar kan nie nalaat om die etnisiteit van die moorde te berde te bring nie. Dit beteken as jy swart is mag jy witmense veroordeel (vermoor?), maar wit mense mag dan nie kla nie. Al word hulle op buitengewone skaal en met buitengewone wreedheid deur oorwegend swart mense aangeval en vermoor. Dit is ‘n feit en CR het weereens bewys die mooiklinkende (holklinkende) SA is almal sin, is net wind. Hy voel vere vir witmense en is duidelik bevooroordeeld. Ons sal na onsself moet begin kyk en slim organiseer en vinnig ook. Die tyd loop nou uit . Om neerbuigend in Afrikaans (ek sal jou wys ek is beter as jy, want ek praat jou taal) te antwoord laat ook ‘n slegte smaak. Of ek te sensitief?

Andreas ·

Cyril Ramaphosa sê is niks nuut nie, ons weet wat hy verlede jaar November in die parlement gesê het en al wat hy nou doen is om dit weer te herhaal, nou ergter trap hy Dr Groenewald uit en maak hom die vark in die verhaal, terwyl CR in die buiteland ontken het dat daar plaasmoorde is en DIT is waarom daar so gesukkel word om homself so ver te kry om wat hy in die buiteland gesê het te repudieer.

Wat dan van Afriforum en Ernst Roets se aksies en film wat hulle oor plaasmoorde gemaak en wyd versprei het. Dan was daar berigte, so einde verlede jaar se kant, dat moorde op boere sou geprioritiseer word, wat het daarvan geword? Boere woon in landelike gebiede en baie is afgeleë, gegewe hul unieke omstandighede en eiendom wat dit aantreklik vir voornemende misdadigers maak, is dit dan nie genoeg rede om die polisie nader na die boer te bring nie?

Kyk hoe gaan dit in die Wes-Kaap betreffende misdaad, bendegeweld, elders, daar is nie ‘n plek in die land wat nie potensieel dit nie kan ontgeld nie, kyk bv na Uniondale waartydens onwettige geweldadige betogings bande gebrand word en die ‘betogers’ met wapens soos klippe en stokke mense intimideer, eiendom beskadig, sien ons gereëld in die nuus en verneem ons van bykans daagliks, georganiseerde wettige betogings vorm maar ‘n klein % van alle betogings. Maar in plaas van die wet toe te pas, staan die polisie en kyk toe.

Anoniem ·

Hoekom is hierdie nie lankal aan geraak deur cyril nie nou dat Dr. Pieter Groenewald en die Vryheits Front daarop hammer wil hy nou sy toys gooi wakker word prezzie.

Frans C ·

Die President se stellings is oppervlakkig korrek,wat hy nalaat is om te sê is dat plaasmoorde die voedselsekerheid van Suid Afrika alhoemeer bedreig.Daarby laat hy na om te sê dat die ANC se mislukte grondhervormingsbeleid met ‘n 5% sukses direk tot die styging in voedselpryse bydra.

Hy moet dus begin by dit wat werklik belangrik is ,nl ‘n stabiele en groeiende landbousektor. ‘n Betroubare polisiemag ,’n goeie onderwysstelsel en die aanstelling op meriete en nie partyverbintenisse nie.

Dries Moolman ·

Daar is al baie spesiale taakspanne en ondersoeke en kommissies en komitees en forums en samesang gehou vir uiters spesifieke tipe misdade in hierdie hel van ‘n land, moenie nou weer kom se ‘ja maar alle misdade is ewe erg daarom is plaasmoorde nie prioriteit nie’.

Nel ·

Ek het na die uitreksel van sy toespraak op KykNet nuus geluister en kon gladnie agterkom dat hy spesifiek plaasmoorde uitsonder nie – sy verwysing was maar breed gestel.

Tobie ·

Baie dankie vir al jou bekpraaitjies Mnr die President, jy smeer net heuning om mense se monde, as jy ernstig was oor moorde, verkragting, roof, korrupsie en so kan ek aangaan, dan sou jy lankal dit nie net veroordeel het, maar daadwerklike stappe geneem het om dit hok te slaan, kom ons begin met die doodstraf, stel dit weer in en suiwer ons land se mense van boosaardige kriminele, ongeag hul ras, ek is gatvol vir die gedurige rassekaart wat gespeel word, dit gaan oor mense se lewens, word wakker Mnr die President, ons mooi land word deur jou onvermoee, soos jou voorgangers, totaal en al vernietig.

Hoopvol ·

Ek as Afrikaner verstaan ek die ongelooflike emosie wat gepaart gaan met plaasmoorde. Dit ruk my ook elke keer tot diep in my siel.

Wat my egter ook tot diep in my siel ruk is die vreeslike negatiewe kommentaar deur Afrikaners op hierdie forum op ‘n positiewe artikel. Die president se erkenning van plaasmoorde is mos ‘n goeie ding? Hoekom hom nou verder gaan slegsê?

Daar is baie positiewe dinge aan die gebeur, en dinge is besig om in ‘n positiewe rigting te verander. Ek kan baie voorbeelde noem van positiewe dinge die afgelope tyd agv Pres. Ramaphosa se ingryping.

Die weermag wat ontplooi is in die Kaap, die EFF wat vervolg word, die BLF wat deregistreer is as party, die Boshoff boer en vrou se moordenaars wat in hegtenis geneem is, die rentekoers wat verlaag is en die rand wat verstewig.

Gaan lees sy direkte woorde op News24 oor plaasmoorde. Plaasmoorde is ‘n gruwel, en in verhouding baie erger as gewone moorde en doen die ekonomie groot skade, maar daar word elke dag meer as 50 moorde in SA gepleeg en ELKE lewe is kosbaar…

HESTER ·

Die positiewe dinge wat jy noem. BLF gederigistreer was Vryheidsfront ge optrede. Die weermag waarna jy verwys is blykbaar bankrot, hoe moet hulle gaan help. Ek stem saam daar moet gehelp word waar dit so gaan met die bendes in die Kaap, (weermag het minder ammunise as die bendes) As ek reg onthou was die polisie teenwoordig die dag toe 43 mense op die Kaap se vlaktes vermoor is, wat gaan dit weermag doen. Dan is dit die einste regering wat mense wat wettige wapens het ontwapen. Boerekommandos is vroeer opgebrEUk So waarvan praat jy of verstaan ek jou verkeerd.? Kyk na die verskriklike wreedheid wat gepaard gaan met moorde op boere? Kan jy dit nie sien nie? ASB HELP MY REG AS EK VERKEERD IS.

KrokodilBotha ·

Net woorde, met sy smile. Da nou skielik nie meer BEE ensv. is omdat hulle baie stemme aan die VF + afgestaan het. Alles net skielike mis voor die son. Die “show” gaan aan. Ramaforie voel vere.

honourable member ·

Kyk wie moor vir wie uit in hierdie land. Begin iets doen Mr President want duidelik gee jy niks om oor wit lewens nie. Die wereld draai nie net om swartes nie.

sweis ·

Die man is dieselfde as sy voorganger, hy sal die skrap van diskriminerende wette verwerp want hy het finansiële baat gevind deur Lohnmin se bee vernoot te wees,en dan kan bygesê word net hy het gebaat Lohnmin is vandag 25 jaar later omring deur duisende plakkerskampe wat geen baat gevind het by sy diskriminerende wette nie.

Bianca ·

WAARDEER hom maar,WAG…vir president Malema om aan boord te kom…

ne ·

cr jy is tog so ‘n goeie spreker! Ons glo alles wat jy opdis……..
Jy kan netsowel gesê het jy steur jou nie aan plaasmoorde nie, VF+ het darem sleg op jou tone getrap.

Trojaanse Donkie ·

Hoe lank gaan hy nog president wees? so wat maak dit saak wat hy se!

Magda ·

Nie bang vir jou waarskuwings nie ou rampie – jy raak bang want ons is oppad VN toe oor Plaas moorde.

Colin Macguire ·

Mnr President, ek stem 100% saam dat alle mense se lewens gelyk is. Geen persoon se lewe is meer of minder werd as ‘n ander s’n nie, en met respek sluit dit U lewe in.

Waar die verskil wel inkom is dat ‘n boemelaar op die straat nie die selfde beskerming en voordele geniet as wat U doen nie. Hy het nie lyfwagte of private motorbestuurders wat hom rondry nie. Die rede hiervoor is van is vanselfsprekend…

‘n Boemelaar se moord is onaanvaarbaar, maar bedrieg nie noodwendig die sekuriteit en stabiliteit van ons land nie.

Die moord op ‘n plaasboer, of hy nou swart, pienk of wit is, bly onaanvaardbaar, maar bedrieg WEL voedselsekuriteit, veral as meer en meer boere vermoor word.

Dink bietjie verder, en doen baie meer, Mnr President. Hierdie is nie ‘n onbelangrike saak nie, en het niks met ras te doen nie.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Ramaphosa: Niemand wat enigsens verstand het glo u nie. Almal is nie so liggelowig soos Roelf Meyer en Beyers Truter nie. Ek sal u glo indien u op ‘n intrernasionale platfiorm aan die buiteland erken dat u blatant gelieg het deur aan hulle te sê dat daar nie iets soos plaasmoorde in Suid Afrika is nie.

Koos ·

Ramaphosa moet net onthou dat etniese enklave na twee kante toe sny – hyself en sy hele ANC ledekorps, weet nog nie eers hulle is steeds in hul eie “etniese enklave” van tradisionele leiers en stam geörienteerde tradisies vasgevang nie.

Ontsnap eers daaruit CR en praat dan weer.

RV ·

Duidelik het die VFPlus ‘n nerf aangeraak. “First they reject it, then they appose it, then they accept it” Draai sy eie strategie teen hom. Mooi man.

GP ·

Dankie dr Groenewald. Baie druk op hom geplaas en nou skarrel hy maar om uit te kom. Volgende is om dit prioriteits misdaad te kry? In elk geval cr moet ook nog lang pad loop om te besef wit lewens tel ook.

Stiks ·

Die adjunkminister wie se salaris en koskaste deur blankeboere gesubsidieer word moet summier aangekla word en uit sy pos verwyder word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.