Ramptoestand ‘soortgelyk aan Covid-19’ kom dalk oor kragkrisis

President Cyril Ramaphosa. (Foto: LUCA SOLA / AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa sê die regering oorweeg ʼn ramptoestand “soortgelyk aan Covid-19” om die voortslepende kragkrisis in die land te takel.

Dié aankondiging is tydens die ANC se lekgotla (bosberaad) in Kempton Park aan die Oos-Rand gemaak, waar die president Sondag ook aangedui het dat Suid-Afrika nie onmiddellik sal wegdoen met sy steenkoolkragstasies terwyl dit oorgaan na skoner vorme van elektrisiteit nie.

Ramaphosa sê die regering het nou ʼn dringende taak op hande om beurtkrag vinnig op te los, en dat verskeie stappe uiteengesit is oor hoe om dit te bereik.

“Daar was sprake van ʼn nasionale ramptoestand, soos wat ons gedoen het tydens die Covid-19-pandemie, en daar word wyd saamgestem dat ons in dié rigting moet voortgaan.

“Die regering werk reeds om vas te stel of daar aan die wetlike vereistes voldoen word om ʼn ramptoestand af te kondig, en watter stappe ons gemagtig is om te doen om beurtkrag dringend binne die raamwerk van die wet op te los.”

Ramaphosa sê die saak sal dringend aandag geniet, waaronder by die kabinet-lekgotla. Die voorstel is ook tydens beraadslagings met verskeie rolspelers ter tafel gelê.

“Daar is by die lekgotla ooreengekom dat die koördinering van ons reaksie na die hoogste vlakke in die regering versnel moet word, en dat daar duidelik oor die saak gekommunikeer word sodat daar geen misverstande onder ons mense is nie.

“Die lekgotla meen die president moet alle prosesse koördineer om te verseker dat die beurtkragkrisis net soos die Covid-19-pandemie getakel word.”

Sentrum om dienslewering te bevorder

Nog ʼn kwessie wat die regerende party glo dringend wil takel, is basiese dienslewering.

Daar is tydens die lekgotla voorgestel dat ʼn diensleweringsbevelsentrum binne die ANC gestig moet word om die lewering van basiese dienste, soos water en sanitasie, menslike nedersettings en die instandhouding van paaie en infrastruktuur, te monitor.

“Elke ANC-tak moet ʼn verslag indien oor die stand van basiese dienslewering en die instandhouding van infrastruktuur in elke wyk.

“Ons erken dat die doeltreffende lewering van basiese dienste afhang van vaardige en bevoegde mense in alle sfere van die regering. Ons stem saam dat ʼn vaardigheidsoudit gedoen moet word om vas te stel watter vaardighede en kwalifikasies vereis word van diegene wat by die onderskeie sentrums geplaas word.”

Ramaphosa sê dit is egter ook uiters belangrik om te verseker dat die nodige finansiële hulpbronne beskikbaar gestel word om dié doelwitte binne munisipaliteite te bereik.

“As daar geld is, moet dit goed bestee word en dienste finansier wat die mense nodig het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Snowball ·

Kan ons dan die ANC op permanente inperking sit? Dis al wat SA van hierdie onbevoegde, korrupte kader-pandemie met sy alewig lekgotlas en komitees gaan red. Dié wat die ramp veroorsaak moet ons kamtig red – dis die grap van die eeu.

Trotse Boervrou ·

Ag liewe tog! Wat wil julle bereik? Die land moes al 30 jaar terug aandag geniet het en reg regeer geword het. Julle ANC kaders het die land in die modder in regeer. Om nou tussen die modder voort te ploeter gaan ons belastingbetalers niks in die sak bring nie. Julle sink vinnig. Niks gaan verander nie. Julle ANC regering moet groet. Julle is nie meer welkom om die eens mooie land te regeer nie. Ons vertrou julle GLAD nie, met of sonder julle kamstige plannetjies. Julle is nagmerrie en hoort in die verlede tyd.

Matmiet ·

Die ANC is bereid om die land af te brand as hulle kan regeer oor die as. Die dekolonisering van SA is goed op dreef.

Euodia ·

Hy moet ‘n ramptoestand afkondig oor die munisipaliteite ook! Wat n gemors het die ANC nie van die mooi land gemaak nie. Alles waaraan hulle raak verander in modder!!

Michael ·

Ek stel voor Cyril dat jy jou korupte munisipale volgelinge kry om hul skuld aan eskom te betaal, vat n kleiner selaris om hul te help want glo my jy verdien nie jou groot selaris nie want jy beteken niks vir die land nie, jou bestuurspan beskou jou as n “jack in a box”, hul wen jou op dan spring jy uit die box met arms in die lug en dink jy beteken iets, dis werklik belaglik.

Rooikoos ·

So nog ‘n kommitee word gestig om geld te skep en niks uit te sorteer nie.

marius ·

Die mishoop wat julle geskep het se stank trek nou deur julle paleise ook . Dis te laat ou bul . Die land is weg .

elphia ·

???????????? Hoe de ongeluk???? Soortgelyk aan die Covid ramptoestand? ??????? Geagte mnr hoofman oor 100 – verduidelik asb! Maskers, inperkings, geen reis oor provinsiale grense, passe om te gaan werk, verbod op drank en sigarette? Curfue? Inentings? Wanr dit was Covid se ramptoestand ????????????? Verskoon my onnoselheid maar hoe dit ongeluk gaan dit help om die kragkrises op te los????? Nog ‘n clan wat nou al hulle marbles verloor het! ???????????????? Roei korrupsie uit, smyt die skuldiges en hulle kaders in die tronk, sluit toe en gooi die sleutel weg, en gee die regrukaksie terug aan kundiges wat weet wat hulle doen. Dis al wat gaan werk.

Laksman ·

Was my 1ste indruk ook, maar toe sien ek die 2de laaste sin oor die finansieele bystand, dis toe wat die liggie vir my aangaan

Agie@toeka ·

Die “Ramp” is die ANC & Kommunisme & Chinese & Vakbonde want hulle is die wortel van alle onheiligheid!

Christo ·

Daar bestaan nie so woord soos “voortslepend”nie.
Die korrekte woord is “voortdurend”

Koos 100 ·

Is dit jou bydrae???? SA brand en jy wil tegnies raak oor ‘n woord, wat terloops 100% reg gebruik was en bestaan!!

Danie ·

Die arme kulkunstenaar het die swart hoed al omgedop daar is nie meer n duif om uit te haal nie.Hulle planne besig om vinnig op te droog want daar is nie geld nie.

Jack ·

Ja GEEN kommitee of vergadering wat deur die ANC bestuur of geroep word gaan enige iets nou regmaak of verander nie.Te laat,Pak net julle goed en gaan.Dit kan die ramptoestand verhoed en bevoegde mense dalk ‘n kans gee om iets aan die probleem te doen.

Papsak ·

Watse grap isdit die hulle kan nog nooit land van iets gered het nie hulke moet hulle self op n inperking sit dit is wat SA se probleme kan red hulle het al hierdie ellende oor ons gebring waar kan hulle die land se probleme nou oplos nee stemmery kom mos nou wil hulle iets bewys ag ek glo niks van hierdie korrupte ANC regering nie Nog minder iets wat Ramaphosa se sirkus !!!!!!!!!

Pietertjie ·

Ha ha, ek hoop nie dat ons weer maskers of toe-punt skoene sal moet dra nie. Braaihoender is wel uit…

Geert ·

Die ANC het eenvoudig nie die vermoeë om enige probleem op te los nie, hulle sal net nog meer skade aanrig. Ek twyfel of ons kan wag tot die 2024 verkiesing om hulle uit die pad te kry. Die staat is in diens van die burgers en nie anders om nie. Dit is hoekom ek nie kan verstaan waarom die ons dit vat nie. Ons is dan glo n demokrasie nou hoe nou?

Wildemien ·

Want ons kan/mag nie saamstaan nie. Daar is nie ‘n ONS in hierdie land nie……soos bewys deur die ANC en EFF wat rassisme geskreeu het toe die DA durf betoog by Lethuli-huis. Nie eens die kragkrisis kan die sogenaamde reënboognasie verenig nie.
Net rugby kan – vir 5 minute.

Piet parys ·

Ons vat dit nie maar Anc demokrasie beteken mos die korruptes stem vir die korruptes regering en onder bestuur die eens werkende 1 wereld land en omskep dit in een groot plakkerskamp .

zonstar ·

Ek wil al die suur melk en vrot kos in my yskas en vrieskas op Luthuli huis gooi!

Gaan ons almal nou weer moet winkels toe jaag vir toiletpapier, drank en sigarette?
Of wat gaan dit dié keer wees?

Uhuru ANC! Hou aan om ons mooi land te brand!

Wondermaarnet ·

Afkondiging van ‘n ramptoestand gaan nie die probleem oplos nie, want die ANC IS DIE PROBLEEM.

Danie ·

Daardie uitlatings spreek boekdele , Hulle veg nou vir oorlewing .

Vrystaat2109 ·

O jinne daar gaan die drank en sigaret verkope seker ook weer.????

RS ·

…soortgelyk aan Covid? Ons sal seker moet maskers begin dra om al die walms van generators vry te spring.

Manie ·

Hulle sal nie uit vrye wil loop nie, die landsburgers sal dit moet maak gebeur.

Petrus ·

Ek is amper sprakeloos. As dit by baie praat kom is hulle besig maar van doen kon daar niks. Soos altyd verander alles wat hulle aan vat in strooi.

Prikkie ·

En net so ‘n gemors maak daarvan gepaard met korrupsie soos die Covid pandemie?

SjN ·

Plaas erken hul dat hul nie opgewasse en bevoeg is om die jobs te kan doen nie, punt.

Nicholaas ·

Ek kry so al die gevoel ons blanke mense en besighede gaan aan die korste ent trek.

Wildemien ·

Jip. Jy sal moet “kwalfiseer” vir hulp. Of ‘n bier.

Wildemien ·

Wat wil julle met ‘n ramptoestand bereik? Sigarette en alkohol verbied??

Koen ·

Wonder hoe baie stem vir die DA? Die wat nou kla oor die moontlikheid van ‘n ramptoestand. Die DA pleit mos al lank daarvoor. Julle moet nou mos in die sewende hemel wees.

Samuel ·

Ek besef ons kragkrisis is ‘n absolute ramp, maar ons gaan nog spyt wees oor die afkondiging van ‘n ramptoestand, sou dit gebeur. Die cANCer sal dit weer gebruik om die bevolking te onderdruk. Daar sal weer grootskaalse korrupsie plaasvind.

piet ·

‘n Rampstoestand kos die land baie geld. Kan ons dit bekostig?

Andries MT ·

En daar gaan nog n paar MILJARD in iemand se rekening.

Mariana ·

As hulle die kragkrisis gaan hanteer soos Covid, gaan daar nog veel meer krisisse ontstaan. Hulle weet net van komitees en legotlas, maar oplossings is zero. Useless. Gaan weg ANC gaan net weg.

KaRoOkWaGgA ·

Enige regdenkende mens kom agter as hy droog maak en as so ‘n persoon ‘n greintjie selftrots het, dan word dit reg gestel. Met dié stelling is dit duidelik die ANC is ‘n verleendheid, ‘n vernedering en ‘n bende wat verwoesting saai nie.
Die apartheid waaruit hulle nou so voordeel trek, was verkeerd hoewel dit nog steeds aangehuts word, maar nou net van hulle kant af.
Plaas ‘n politieke party in bewind wat die ekonomie, die landsburgers en vooruitgang eerste stel en probeer red wat te redde is. Daar is baie om te doen met min bronne. Ons land is op dié staduim in ‘n Masterchef pressure test….

Elma ·

Moet asb nie vir antie Kopdoek in beheer van die ramptoestand sit nie.

Miskruier ·

Die regering is die RAMP waarom moet die bevolking onder n ramp toestand. Die spuite wag, Gerbera se fabriek het vyf beskikbaar vir elke Suid Afrikaner.

Andries ·

ek hoop van harte die saak word parlementêr hanteer en ons word nog ‘n ‘bevelsraad’-fiasko gespaar – nie dat praat of bla-bla-bla iets gaan verander nie.

Aanhouer ·

Die RAMP is die ANC REGERING.
EN Ramaphosa is die ñ leier se agterstewe wêrd nie. Puppet! Kyk net na homself die hele tyd.
Wanneer die ANC verdwyn, plus die EFF, sal hierdie land weer mag opstaan.
ñ RAMP- toestand gaan ñ RAMP wees!!!

marius ·

Die volgende wat die hool gaan tref is cholera . Hou maar dop .

Althes ·

Moet asb nie die kragkrisis vergelyk met covid 19 ramptoestand nie. Daarvan het jul ñ mislukking gemaak – ooptoonskoene verbode en nie mag rook nie.
Jul veroorsaak al die krisisse self – jul is die cANCer virus.

Fanie ·

Nou wonder ek, gaan hulle sigarete en bier verban….dit sal die krag toevoer herstel☺

Jaco ·

Tydens die Covid-19 inperking het net BEE-besighede hulp gekry uit die anti-wit ANC-regering se noodfonds. Tydens die krag noodtoestand sal net BEE besighede seker van beurtkrag vrygestel word. Wit besighede sal maar moet aansukkel, toemaak en bankrot speel.

Truman Burbank ·

Tog het die hulp aan BEE maatskapye nie almal gered nie.

Johannes V ·

Kan almal nie verstaan wat werklik aangaan nie. Die ekstra komitees is net daar om meer onbevoegde kaders aan te stel. HELP NET HULSELF EN HUL EIE MENSE!!!!!!!!

Lurock ·

Wat n absolute bisarre grap. Wat wil hulle bereik met ‘n ramp toestand. Meer geld, ja vir een of ander geaffilieerde lid van die cANCer. Gaan geld die masjinerie herstel, gaan geld die korrekte persone aanstel? Of gaan daar ‘n fonds gestig word om, soos die fonds vir die armstes van die armes, tydens die pandemie, om paraffien vir die lampe, kerse of diesel vir die kragopwekkers te koop? Ek vra maar net.

JL ·

“Nou dringende aandag skenk”! Vergeet van al die Legotla’s. Hou op met wegkruip. Almal, Ramaphosha en makkers was elke dag ure lank op TV tydens “Die Pandemie” waar almal dik geskep het.

Truman Burbank ·

Die oposisie vra al lankal vir n ramp toestand Be careful what you ask for. You might just get it

Martin ·

Gaan ons regering weer die strande sluit en die verkope van sigarette en drank verban as gevolg van die nasionale krag krisis in die land? Die krag krisis is te danke aan die cANCer se onvermoë om ‘n land te regeer dit is tyd vir ‘n nuwe regering.

Jacobus ·

Bog – ANC koordinering, ‘n oksiemoron in wese. Ons moet ook nog ervaar watse $ insentiewe belowe is vir dié gemors. Ook genoem Pahla dollars.

Truman Burbank ·

En ons is terug by stage ses. Dis n ramp, Willemina dis n ramp is dit nie?

Piet parys ·

Van 94 af al is die land in n ramp ( RAMaPosa) toestand want hy was mos van die begin af deel van die vernietiging en staan en toekyk . Nou is dit sy werkom die finale nekslag toe te dien deur eskom te sink

Duane ·

Ek dink die “ramp toestand” gaan iets wees waar daar dae aaneen geen krag gaan wees nie. Hulle verskoning gaan wees dat hulle alle kragopwekeenhede behoorlik moet nagaan en onderhoud toepas.
Ons almal weet wat sê die hoorlosie :”tik tok tik tok”….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.