
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Siya Duda/ GCIS)
Die kabinet het pas die land se ramptoestand met nóg ʼn maand tot 15 November verleng.
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdagmiddag gesê die verlenging sal “’n progressiewe en verantwoordelike terugkeer na normaal” vir die regering moontlik maak.
“Dit sal ons help om maatreëls in te stel om ʼn tweede golf van infeksies te vermy,” het die minister gesê.
Die Solidariteit Beweging het in September gesê hy is van voorneme om regstappe te doen indien die regering die ramptoestand op 15 Oktober weereens verder sou verleng.
“Daar bestaan geen regverdiging meer vir die voortsetting van ʼn ramptoestand nie,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, verlede maand gesê.
Buys het toe aangevoer dat ʼn ramptoestand net bestaansreg het indien die staat die uitwerking van die ramp beter as die burgers en ondernemings kan hanteer. “Ons is verby daardie punt en moet beweeg van staatsbeheer na burgerlike verantwoordelikheid.”
Volgens Buys het die staat selfs met die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie misluk om dit doeltreffend te bestuur. “Hulle was roekeloos met die bestuur van die ekonomie en kaders het die ramptoestand misbruik om te plunder.”
Maroela Media het vroeër berig epidemioloë en openbare gesondheidspesialiste oor die wêreld heen het intussen in ʼn gesamentlike verklaring gevra dat inperkingsmaatreëls wêreldwyd opgehef moet word.
In die verklaring, genaamd die Great Barrington Declaration, spreek mediese kundiges hul ernstige kommer uit oor die negatiewe fisieke en sielkundige uitwerking van die voortgesette Covid-19-beleid.
Die adviesraad en samestellers van die verklaring bestaan uit die kundiges prof. Martin Kulldorff van die Harvard-universiteit, prof. Sunetra Gupta van die Oxford-universiteit en prof. Jay Bhattacharya van die Stanford-universiteit. ʼn Verdere 4 229 mediese en openbare gesondheidswetenskaplikes, 7 664 mediese praktisyns en 107 985 mense uit die algemene sektor van oor die hele wêreld het die verklaring onderteken.
Die Great Barrington Declaration beveel aan dat ʼn beleid van gefokusde beskerming die huidige drakoniese afsonderingsmaatreëls vervang.
Cabinet has decided to further extend the National State of Disaster by a month. This period will allow government a progressive and responsible return to normal. It will help us put measures in place to avoid a second wave of infections. pic.twitter.com/a9CoXijwTq
— Dr Dlamini Zuma (@DlaminiZuma) October 14, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
44 Kommentare
Ek het nie woorde om my misnoeë te uiter!!
Nog bietjie tyd om te plunder, die ekonomie verder te onderdruk. Dit beteken verlenging op TERS-eise ook, waarvan meeste van Mei nog nie eers uitbetaal het nie. Ek twyfel dat daar enigsins fondse oor is om eise uit te betaal! Ek huil in my hande vir die land van ons…
Watter een van die 3 rampe? Verleg dalk om iets anders te dek?
Wil julle nou waaragtig die laaste druppel uit die koei melk?
Dis tyd om in opstand te kom teen hierdie komminuste
Hulle kon in 25jaar niks doen nie nou wil hul die mense net verder verarm