‘Rassistiese aanvalle’ op Dlamini-Zuma veroordeel

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: GCIS)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake en die ANC het die rassistiese aanvalle op minister Nkosazana Dlamini-Zuma ten sterkte veroordeel.

Dlamini-Zuma was die afgelope ruk erg in die spervuur, veral oor die voortgesette verbod op die verkoop van tabakprodukte op vlak 4 én 3 van die afsonderingsregulasies.

ʼn Herrie het nou boonop losgebars nadat Danie Herselman ʼn neerhalende foto van Dlamini-Zuma op Facebook in antwoord op ʼn ander sosialemediagebruiker se inskrywing geplaas het. In die plasing vergelyk Herselman vir Dlamini-Zuma met ʼn dier.

“Die plasing is vernederend, neerhalend en rassisties. Dit is ondenkbaar dat ʼn rasionele mens iets kan skryf en in die openbare domein plaas sonder om te dink oor die gevolge en die skade wat dit aan die minister en haar gesin gaan doen,” het komiteevoorsitter Faith Muthambi gesê.

Muthambi sê die komitee hoop Herselman word voor stok gekry. “Rassisme moet stop. Ons kan nie sulke misbruike toelaat om plaas te vind nie.”

Sy sê Suid-Afrikaners het die reg op vryheid van spraak om te sê of te skryf wat hulle wil. Maar dat dié reg nie iemand anders se regte mag skend of enige wetgewing mag oortree nie. Die komitee het ook sy steun aan Dlamini-Zuma toegesê en gevra dat die polisie en die Menseregtekommissie die voorval ondersoek.

Die ANC-koukus het ook gevra dat ongevraagde en rassistiese aanvalle op Dlamini-Zuma gestaak word. Die ANC voer aan daar is ʼn georkestreerde veldtog in die media en op sosiale media om die werk wat Dlamini-Zuma doen te ondermyn.

ANC-hoofsweep Pemmy Majodina sê soortgelyke aanvalle is teen Dlamini-Zuma in haar voormalige amp as minister van gesondheid op tou gesit toe sy tabakgroepe en farmaseutiese maatskappye die stryd aangesê het terwyl die gesondheidsektor “geradikaliseer” is.

Majodina sê dit was danksy Dlamini-Zuma se werk dat Suid-Afrika nou in ʼn beter posisie is om die Covid-19-pandemie te hanteer.

Die ANC het ook gevra dat die voorval ingevolge wetgewing oor haatspraak en rassisme ondersoek word.

“Ons gaan geen steen onaangeroer laat nie om te verseker diegene soos Danie Herselman en sy kranksinnige soort dra die gevolge van hulle bose dade.”

Ook op sosialemediaplatforms het talle gebruikers gevra dat Herselman strafregtelik vervolg word.

Die MRK het bevestig dat hy ʼn formele klagte oor die voorval van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke ontvang het.

Herselman se profiel is nie meer op Facebook nie, hoewel skermgrepe van die plasing reeds wyd versprei is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Pieter ·

Wat werk sy asb dit is seker n grap. Watse dokter is sy om mense se sigarette net weg te vat en geen ondersteuning gee nie. Wie is sy om namens my te besluit wat ek mag en nie mag nie. En dan lieg sy nog in haar hofstukke en oor zottie die hele ANC is n sirkus

SomeOne ·

wanneer gaan malema ook sy dag kry vir neerhalende rassistiese woorde teenoor wit afrikaners ?

Pierreli ·

Die ANC en die EFF is voëls van eenerse vere. Daar sal nie teen sy haatspraak opgetree word nie, net soos al die sake wat JZ aan skuldig is niks aan gedoen word nie.

Adriaan ·

Beskuldigings van rassisme is die ANC se verskoning van laaste uitweg.

Magda ·

Net soos die RASSISTIESE AANVALLE OP BLANKE ONDERNEMINGS MET HULP VAN DIE REGERING – SO WHAT GOES AROUND COME AROUND – FIRE HER

Barbara ·

okay Rasisme moet stop. Nou hoekom is die fonds vir besighede dan rasisties. wat geld vir een geld vir almal.

Trotse Boervrou ·

Kom ons gebruik dieselfde woorde en vra ‘n paar vrae…

Daar word ‘n ophef gemaak oor ‘n beledigende foto. Wat egter van die fotos van plaas- en ander moorde? Wanneer kom daar ‘n hewige teenkanting daarteen? Wanneer dra daardie kranksinnige soort die gevolge van hul dade. Wanneer gaan geen steen onaangeroer gelaat word om te verseker dat hierdie rassiste aan die pen ry vir hul dade. Dit is ondenkbaar dat rasionele mense ‘n beledigende foto meer dekking gee as die fotos van moorde op sy landsburgers. Wat van die gevolge en skade vir die vermoordes se gesinne en families. Wat van die neerhalende en rassistiese opmerkings van jul kaders. Waar is die Suid-Afrikaanse Raad vir Kerke se formele klagtes oor al bogenoemde?

Pathetic. I’ll rest my case.

Cleopatra69 ·

Sy is een van die sirkus se narre, maar soos gewoonlik sal daar dadels van kom behalwe dat hulle die Herselman wat die plasing gedoen sal straf of tronkstaf ople. Net as die ander iets se is dit nie rassisties nie

Jorrie ·

Soms as ek vir jou se jy is so dom soos grond, is dit omdat jy so dom soos grond is. Niks te doen met jou velkleur nie, maar nou ja , wat sal SA wees sonder die raskaart.

Rose ·

Ai wanneer gaan ons mense tog leer? Jy kan dink wat jy wil, maar jy kan nie se wat jy wil nie. Veral as jy wit is moet jy nie jou opinie in die openbaar opper nie, al is jy hoe frustreerd. Die arme man gaan nou gekasty word tot anderkant die hiernamaals. So vir die volgende paar weke, gaan dit die media en politiek oorheers.

Rose ·

Die goewerment steur hulle geensins aan ons minderhede nie, want hulle weet ons is nie n bedreiging nie, ten minste nie op hierdie staduim nie. As ons begin goed brandsteek en betoog, sal hulle ons eenvoudig onderdruk met die weermag en polisie. So as ons regtig wil ‘opstaan’ teen die regering sal ons goed voorbereid moet wees daarvoor, en sterk ondersteuning van ander oorde ook kry. Daar sal n dag kom wat die pot sal oorkook, en ons ook se genoeg is genoeg.

Misky ·

Ek het die plasings op fb gesien en wat hy gepost het. Daar was nie-blankes wat hom gekruisig en sleg gese het soos nooit tevore nie. Baie het hom ook diername genoem en baie van hulle gese hy is n vark en vark emojis daar geplaas. Is dit dan nie dieselfde oortreding nie??? Hoekom mag ons gese word ons is varke en dit skend mos my menseregte ook

Michael 1 ·

Wat wit mense is bang vir alles ,baie arrogant maar so bang soos muise in n hok vol katte.

Juffrou ·

Haar ondeurdagte beslissings én regulasies word ook deur ons ten sterkste veroordeel! Dié saak het 2 kante. DIT kan sy nie verstaan nie. Sjeim tog!

Nie Verbaas ·

In die lewe verdien ons respek. Dit kan nie afgedwing word as gevolg van persoonlike agendas nie. ANC, practise what you preach.

Stofdonkie ·

Baie snaakse artikel. Blankes mag dus nie sê haar dade is dom nie, want dan is dit rassisme? Sy is veronderstel om ‘n verantwoordelikheid te ê teenoor die parlement en die land, maar sy maak soos sy wil sonder enige oorsig en gaan dan verder en wwerspreek die president. Ook wil ek vertsaan hoe die ANC nou Herselman mag kranksinnig noem? So rassisme is weereens bewys om ‘n dubbel standaard te hê. Van swart op wit is dit vryheid van spraak, maar van wit op swart is dit rassisme.

Rodger17 ·

Ag shame!Hoe vinnige trek sy die rassisskoen aan!As wittes beledig word is dit n prestasie.As die skoen jou pas trek hom aan,anders lag dit af!Wie is nou groter rassisties as die people?

marius ·

As die perdeby nes die hele dag met klippe gegooi word , sal daar gevolge wees .

Aai ·

Ha Ha nie baie slim,nou wil hulle skielik al die rook in publiek stop,mense julle meot dink voor julle sulke goed op social media sit daai man het dit nou moeilik gemaak vir rokers.

Daniël Hendrik ·

‘n Toe bek is ‘n heel bek.
Jy kan dink wat jy wil, dis ‘n lekkerder vryheid, want niemand behalwe die Skepper weet.
.

Riaan ·

Waneer gaan die mense ophou Om hulle tevergelyk met diere?? Een vraag WAT het die arme diere gedoen? ( Dis tong in die kies gestel vir die wat weer n eier wil le)

'n Simpelman ·

Tong in kies
Wil jy nou sê ek ‘n hoeder
????????????

Anoniem ·

Ons kan nie sulke misbruike toelaat om plaas te vind nie.” ???? Ons kan ook nie toelaat dat een magsbehepte vir ons voorskryf wat ons mag en nie mag doen nie.

Termiet ·

Vra vir Ramaphosa oor sy uitlatings oor die pad da in die pot?????? Glad nie rasisties nie ne?

koos10 ·

Enige aksie, woord of daad waarop onoselhede/onbevoedhede van enige swart persoon bekend gemaak word deur ‘n wit persoon.

Fufu ·

Sy kan bly wees dit is al wat sy genoem is. Ek kan aan n paar ander name dink wat meer gepas is.

Sobymykoolkop ·

Al die videos wat ek gesien het is haar eie mense wat met haar kortsigtigheid en gebrek aan gesonde denke spot. Siestog, daai dooie apartheid donkie behoort seker soos SAL, DENEL, PRASA ens. ens nou uiteindelik op sy laaste bene te wees. Ontspan mede kommentators, ek WEET, nie in die volgende 100 jaar nie.

Fedup ·

Shame. This circus with headscarf 10 miles in front of them can orchestrate racism when they feel like it, using this pandemic.
Now they want to cry racism over a meme? Honestly. Grow up and see the bigger pitcure.

Maritha ·

Ek is nie seker nie… maar van wanneer af is enige dier ń menslike ras? So hoekom is is dit rassisties om mense met dierlike gewoontes te vergelyk. Maw. Is ek ń rassis as ek sê ek ken iemand wat swem soos ń vis, of as ek vir my kinders sê hulle is so vuil soos varke as hul van buite af kom? Of geld dit net vir ape en bobbejane. Dit maak nie sin nie

Misky ·

Ek dink hulle sien self die vergelyking en daarom maak hulle “geraas” daaroor. Jy weet, vergelyking van as die skoen pas….

Lorna ·

Dis nou jammer die ou het dit gedoen en dan is hy nog wit ook
Hy gaan slegste daarvan oorkom
Maar ek het getale swart mense daai hoor sê
En dan smile ek net en loop weg
Maar my magtig wie gee haar die reg om oor my lewe te besluit????

Willem ·

Die faith is mos ook n skelm. Ja die ras ding werk net eenkant toe. Sterkte Danie

Dirk ·

Ek sê ook rassisme moet stop.Begin sommer van julle kant af Muthambi,want dis waar dit begin en nie ophou nie.

Scalla ·

Die gesegde lui, as jy jouself uitgee vir n toffie, dan gaan jy gelek word!!!

Cherokee ·

Wel Danie Herselman, in hierdie berig word verwys na ‘Danie Herselman en sy kranksinnige soort’. Dit kan vir jou geld werd wees as jy finansieël in staat is om hulle te rook vir laster.

Kiewiet ·

Danie, Nader Afriforum en laat hulle meer as 21Miljaart hoes. hulle het mos nou 500 Biljoen om uit te mors!

JohanR ·

Aanvalle op die mense van Suid Afrika deur kopdoek sterk veroordeel. Kry jy nie die boodskap 70%? Ons hou net nie van jou nie!

Christa ·

Ontslaan haar en die hele ANC ONS KAN NIE SUID AFRIKA BESTUUR MET SULKE KOMMUNISTE NIE EN OM NIE EERS TE PRAAT VAN DIE ONKUNDE NIE.. NEE.NEE

Anon ·

Wanneer dien die Raad van Kerke ‘n klag teen die man in wat na blankes as varke verwys (met fotos)? Sondaars!

Frikkels ·

Nou is Danie ñ rassis, en wat van Majodina se uitlating wat insinueer dat Danie kranksinnig is? Wanneer het hy in sy hoedanigheid as psigiater, met Danie gekonsulteer om hom in staat te stel om hierdie verregaande diagnose te maak? Danie is maar net soos die res van ons gatvol vir die anc se onbevoegdheid!

Kattebol ·

Arme dier… Hoe moet hy nou voel met so ‘n vergelyking?

Pitbul ·

Ek dink Danie moet aan gekla word van “dier-risme” nie rasisme nie. -nuwe Afrikasnse woord. Hoeveelkeer het my pa nie my al n aap genoem omdat ek “stupid” dinge aan gevang het nie.

JohanR ·

Dis waar Jack. Hoeveel maal as ‘n baba en klein kind het jou ouers nie vir jou gese “you little monkey you”. Ek moes toe ek drie jaar oud was hulle hof toe gevat het. En daar val ek al weer van my stoel af van die lag!

Boortor ·

Ons het n senuwee raak geboor! Die waarheid maak bitter seer! Ha ha ha…!

Anel ·

Hulke praat van sy kranksinnige soort. Bedoel hulle nou blankes? Hoe kan hulle sê dit ou is kranksinnig? So almal wat sois hy dink, is kranksinnig? Hulke kan nie veralgemeen nie! Is hulle psigiaters en het hulle ona alnal ondersoek? EK IS NIE KRANKSINNIG NIE! Miskien moet ons almal ‘n crimen en juria saak teen hulle gaan maak?

Antjiepat ·

Ag asb dit gaan nie oor rassisme nie, dit gaan oor haar onbevoegdheid as Minister om haar werk te doen… of sy nou pienk, blou of pers was is nie die probleem nie….

Eerlik ·

Het iemand al ooit daai “dr” voor die naam ondersoek? Shame, nou is sy die arme victim…..

Alida ·

Ons is almal kwaad maar hierdie herrie was onnodig en boonop onsmaaklik.

Simon ·

Die natuur (of god(e)) het ons so gemaak. In alle kleure en geure. Wie is dan nou eintlik die rassis. Terloops iets vir die regsgeleerdes: Om ‘n stuk wetgewing te teken of in die staatskoerant af te kondig en te onderteken met verwysing na ‘n titel soos bv. “Dr” in die naam, is ongrondwetlik en derhalwe is alle wetgewing onder haar naam met verwysing na die tiel “Dr” dus onwettig?

ronel ·

Ek is seker die is nou n paar keer al gese hier, maar rassistiese aanvalle is onvanpas en onwettig, en dit tel vir die regering ook wat blankes, indiers, en kleurlinge hulp en veiligheid weier op grond van ras, so mev kopdoek, moenie huil nie, jy en jou kaders is eksperts in rassiste wees. Dalk as jy n beter voorbeeld was sou mense jou nie so verafsku het nie!!

Corrie ·

Flip mense koop nou drank en loop lekker dronk maar ja dit is seker nie verkeert nie… ons wat rook word gestaaf of soos kinder behandel. Daar gaan nou lekker huis drama wees maar ja dit ook seker nie verkeert. Net ons wat rook is mos verkeert. Regtig hul sien nie wat om hulle aan gaan nie..al die ander mag nou hulle plesier kry behalwe ons wat rook sonder om drama te maak.

Oujongvrou ·

Wel om te se mense is kranksinnig is dan ook n skending van mense se naam. Ons witmense hou nie daarvan nie, en ons hou ons nie op met kranksinniges nie. Mnr Herselman se familie beter ook kla

eksalnievergeetnie ·

Wat krenking betref het die respondent oorreageer en was heeltemal te liggeraak. In hierdie verband kan gelet word op R v WALTON 1958(3) SA 693 (SR) 695 waar tereg verklaar word:

“In the ordinary hurly-burly of everyday life a man must be expected to endure minor or trivial insults to his dignity.” Hy word dus ‘n aksie ontse deur die beginsel de minimis non curat lex.

Maritha ·

Is di anti met di kopdoek nie ook laaaaankal al verby haar vervaldatum nie? Sy moes laaankal al op pensioen gewees het en sover ek weet mag jy ni werk in vlak 3 as jy ouer as 60 is ni.

Anoniem ·

Wanneer party mense hulle foto sien sê hulle verbaas “haai, het ek dan soo oud geword?”

Kiewiet ·

Ek lees :Muthambi sê die komitee hoop Herselman word voor stok gekry. “Rassisme moet stop. Ons kan nie sulke misbruike toelaat om plaas te vind nie.”
Wel mnr. Mathambi, hoe voel dit as die skoen nou aan die on-beholpe swart regering se voet is? Dis nie lekker nie ne? So loop die blankes van die land daagliks onder die regering en swart maatskappye se BBEEE, en ander rasse diskriminasie deur. Dit is as gevolg van swartes se se neersien op die minder hede dat die blankes so reageer op die dom redenasie van swart mense. Die probleem, wat swart regerings, en swart politieke partye het, moet nou end kry. Veral die “commander in chief” van n sekere politieke party moet dit nou staak. Blankes raak gatvol vir mense wat twak aanjaag en in wan bestuurde parlement sit, net vir die geld. Almal kamtige “fighters” wat en wie “fight” hulle.

gatgogga ·

Rassistiese aanvalle?
Twak.
Die ANC is nou daar waar “our people” nie meer tevrede is nie, en nou moet die ANC-leiers daardie woede herkanaliseer teen die wittes.

Helizna ·

In kommunistiese lande mag ‘n mens nie die leiers kritiseer nie…

Hendrik ·

Net soos al die kommentare oor rassisme die kol tref, is dit jammer dat n minderheid blankes die lewe van die ander in gevaar stel met dit wat hulle aanvang. Absoluut NIKS word daardeur bereik nie, behalwe om net meer haat te veroorsaak. Spandeer eerder jou energie en tyd om konstruktief op verskeie maniere n bydrae te maak om ons teenwoordigheid van gees te behou en ons ekonomies sterk te maak om te kan oorleef. Met sulke tipe plasings sal jy altyd uitgevang word!

capie ·

Rassisme? Ek lees nie eers die berig verder of kommertaar nie. Die parlement hits dit juis aan. Oop en bloot.

Amatambo ·

En wat van al die smalende, neerhalende kommentare, dreigemente, moorde, ander misdade teenoor WITTES van wie deur sekere elemente verwag word om maar alles met ‘n glimlag op te vreet…. SJYM – ARME ding… net haar gevoelens word gekwes terwyl ander maar verlief moet neem van al die onregte wat teen die stigters en bouers van hierdie land gepleeg word en wat nie mag terugbaklei nie…

Jacobus ·

Een van die oudste vergelykings wat ek geleer het en relevant is in die geval: As jy jou uitgee vir ‘n toffie gáán jy gelek word.
En ‘n terloopsheid. Die naam Faith Muthambi moet asb nie in dieselfde sin as etiek genoem word nie.

Jack ·

Julle weet ons mag dalk almal opgecharge voel omdat dinge gaan soos dit gaan maar dit kom mos lankal so aan. Ek wil graag vra dat ons as wit mense tog ook moet onthou dat ons die totale wit gemeenskap intrek by wat ons se. Op die platvorm tree ons nie op as individue nie en ons kan dus nie se wat ons om die braaivleisvure se nie. Ons optrede blaas die vlam van rassisme net aan en almal in die land het nie altyd die verdraagsaamheid wat ons het nie. Ons bly die minderheid en die haat van die verlede is oral rondom ons sigbaar. In die belang dus van vrede en verdraagsaamheid kom ons hou ons net by saaklike en opbouende kommentaar. Dink asb eers aan jou wit buurman en die gevolge van jou kommentaar op die land en sy gemengde samestelling.

Hennie ·

Wanneer gaan mense leer. Suid-Afrikaners maak ‘n grap van alles. Vat dit en lag daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.