Reddingsboei vir SAL sal nié ander dienste benadeel – Mabuza

David Mabuza. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Adjunkpres. David Mabuza sê die regering gaan alles in sy vermoë doen om te verhoed dat ander dienste aan die kortste end trek weens die reddingsboei van R10,5 miljard wat begroot is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in die lug te hou.

Die presidensie het Vrydag ʼn afskrif beskikbaar gestel van Mabuza se mondelinge antwoord op ’n onlangse parlementêre vraag van die hoofsweep van die DA, Natasha Mazzone, oor watter stappe die regering gaan doen om die negatiewe gevolge van die begrotingstekorte op maatskaplike en ander noodsaaklike dienste te beperk.

Maroela Media het vroeër berig die R10,5 miljard is vir die uitvoering van SAL se sakereddingsplan en sal verkry word deur geld by ander staatsdepartemente te neem.

“Toe die kabinet die steun van R10,5 miljard aan SAL toegeken het, was ons terdeë bewus van die stand van ons finansies,” het Mabuza op die vraag geantwoord.

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die adjunkpresident het gesê dat die lewering van maatskaplike en ander dienste én die belegging in die land se staatsondernemings soos SAL, nié onderling uitgesluit moet word as belangrike dryfvere vir ontwikkeling nie.

“Inteendeel, die finansiering van SAL moet verstaan ​​word in ooreenstemming met die behoud van strategiese en behoudende staatsinstellings vir transformasie, groei, ontwikkeling, dienslewering en werkskepping,” het Mabuza gesê.

Volgens Mabuza behoort regeringsdepartemente hul besteding en programme aan te pas volgens die aangepaste begroting wat Tito Mboweni, minister van finansies, verlede maand in die parlement ter tafel gelê het.

“Sodoende sal ons enige nadelige uitwerking wat die herprioritisering op die lewering van sosiale en ander dienste kan hê, tot die minimum beperk.

“Hoewel ons die begroting herprioritiseer, toon die gekonsolideerde uitgawes oor die volgende drie jaar geen negatiewe afname in onderwys, gesondheid, gemeenskap- en maatskaplike ontwikkeling nie.”

Die adjunkpresident het verder gesê Suid-Afrika moet die werklikheid van krimpende hulpbronne wat die land se finansies onder druk plaas besef – ʼn situasie wat vererger word deur die Covid-19-pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andre ·

Nee wat.Jy sien dit is die probleem met geloofwaardigheid.Dit word opgebou oor jare en deur eerlikheid,integriteit beklemtoon en gewys.Julle klomp het die teenoorgestelde verwesenlik oor die jare.Daarom kan niemand iets glo wat julle sê nie.Daar is NIKS om die teendeel te bewys nie.Julle het NIKS om te wys nie.Julle het NIKS geloofwaardigheid nie.Lieg maar voort en glo jouself.

Kokerboom ·

Die beheptheid met ‘n dooie SAL ten koste van……..gaan my verstand te bowe!!!Hoe regverdig jy dit???Hoe meer onverantwoordelik kan die regering wees!!! Laat die privaatsektor die ding bedryf onder naam SAL!!!!

Rentia ·

Seker Mabuza, net so seker soos feetjies werklik leef, kabouters die tuinwerk doen en die tandemuis sorg vir geld vir ‘n tand.
Die land is vóós. Ons is al laer as rommelstatus. Miljoene is werkloos na covid wat geen einde het nie, die regering wat te korrup is om die absurde noodtoestand te stop. Maar ons krap gou nog R10 miljard uit vir SAL. Mark my words. Begroting volgende jaar kry SAL nog ‘n hele paar miljard. Die einde van korrupaie word nie geken nie.

Petrie ·

Maak SAL toe. Hulle gaan bleikbaar slegs swart personeel aanstel. Wit belastinggeld lankal te veel bygedra tot die kriminele se persoonlike bankrekenings.

Persheks Adri ·

Die land is op sy knieë en julle gee R10,5 miljard rand aan ‘n wit olifant wat nie gaan werk nie. Mors omtrent geld ek gaan nie eers uitbrei oor die mentaliteit nie pffft

Kerneels ·

Vraag: Wat is die ooreenkoms tussen SAL en ‘n olifant?

Antwoord: Hulle vlieg ewe hoog.

ElizeK ·

My goeiste, in jare nie van die ou gehoor nie en nou kom gorrel hy ook net n klomp twak wat my bloeddruk verder opjaag.
Ek gaan nie meer vir die stupid, breinlose mense kwaad raak nie, hulle ontneem my van my lewensvreugde.
Gaan nou net vir hulle lag, want hulle is almal n klomp narre.
Bestaan Boswell Wilkie sirkus nog? Indien wel, hier in
S A is baieee kandidate, hulle noem hulself die regering.

Chris ·

By “ander” dienste, word hoofsaaklik verwys na en/of bedoel; die gratis vlugte vir sekere mense en hul gade/s, wat net besigheidsklas vlieg?

Herman ·

Daai 10 miljard het seker eers darem al n klompie Lamborghinis en Ferraris gekoop.

Andrew ·

Ek weet nie wat vertoon dommer nie, sy uitdrukking of sy standpunt.

Judge ·

……..sal nie ander dienste benadeel nie, want die ander dienste is buitendien ook vrotsig…….

Kerneels ·

Mabuza, ek hoop nie jy is onder die indruk dat ons jou gegorrel glo nie….

Net jou ANC gabbas en volgelinge wat minder as 30% in wiskunde behaal het, besef nie dat
2 + 2 = 4.

Die SAL is die ANC se “get-away car” vir die dag wanneer die paw-paw die waaier tref…

Keelvol ·

Sluit SAL se deure. Die 10 miljard gaan niks help nie. Julle vermors geld.

Oros Soros ·

Het Covid die man se verstand aangetas? Begin eers deur te sê waar kom die R 10.5 miljard vandaan. Daar is R 1,5 miljard van die polisie geneem. Verstaan ek dus reg dat ten minste sal die kriminele nie benadeel word nie.

christo ·

Mabuza is ‘n kompromis aanstelling van Ramaphosa. Mabuza was bekend vir sy leuens toe hy premier van Mpumalanga was. Natuurlik is die hele begroting daardeur geraak. Die bottomline is dat daar nie regtig opposisie in die parlement is nie, want AL die politieke partye se lekker vlieg word deur SAL gedoen.

Karlahari ·

Ons gewese weermag en lugmag se voor 94 toerusting val uitmekaar. Maar daar is nie geld om ons grense te beveilig nie.
Dit sal meer werk skep as SAL en moontlik bydra tot binnelandse veiligheid en stabiliteit. En weerstand teen ISIS.
Privaat en buitelandse lugdienste sal meer doeltreffend funksioneer as SAA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.