Regering krabbel skielik terug oor rook- en drankverbod

Restaurante in Kaapstad het op 22 Julie 2020 deelgeneem aan ‘n betoging teen die voortgesette alkoholverbod (Foto: A Gorman Photography/Facebook)

Die regering het Woensdagmiddag skielik teruggekrabbel ná ʼn uitlating vroeër dat die verbod op die verkope van alkohol en tabakprodukte van krag sal bly gedurende die afsonderingstydperk.

“Hierdie rekening het vroeër vandag ʼn twiet gepubliseer wat sê dat die verbod op die verkope van alkohol en sigarette van krag sal bly gedurende die afsonderingsperiode. Dit is vals,” het die regering op sy amptelike Twitter-rekening gesê. “Die verkope van alkohol en tabakprodukte word verbied onder die huidige vlak 3-regulasies. Die besluit kan enige tyd hersien word deur die betrokke strukture indien die toestand, wat daartoe gelei het, verander. Ons is jammer oor enige verwarring wat die plasing veroorsaak het.”

Maroela Media het vroeër berig organisasies het dadelik hul teenkanting laat blyk oor die verbod wat onbepaald verleng is.

Die Fair-trade Independent Tobacco Association (Fita) het in ʼn verklaring ʼn beroep gedoen op die regering om onmiddellik duidelikheid te verskaf oor die uitlating. “Hierdie verklaring is teenstrydig met die regering se vorige standpunt oor hierdie kwessie,” het Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, in ʼn verklaring gesê. “Pres. Cyril Ramaphosa en minister Jackson Mthembu het albei verskeie kere in die openbaar bevestig dat dit slegs ʼn kwessie van tyd is voor die verbod op die verkope van tabakprodukte opgehef sal word.”

Dean Macpherson, die DA se skaduminister van handel en nywerheid, het gesê die Demokratiese Alliansie verwerp die regering se uitlating met die grootste minagting. “Hierdie onbepaalde verbod kan weke lank voortduur of selfs tot in 2021 toe,” het Macpherson in ʼn verklaring gesê. “Wat die regering vandag gedoen het, is om die middelvinger te wys vir elke persoon wat in die tabak- en alkoholbedryf werk. Soveel te meer nog vir restauranteienaars, sjefs en kelners wat vandag betoog het teen die voortgesette verbod op die verkope van alkohol.”

Die jongste plasing op die regering se Twitter-profiel:

Die oorspronklike plasing wat die herrie veroorsaak het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Louis ·

Engelse spreekwoord sê: “He doesn’t know his arse from his elbow.”
Dit som hierdie regering (en almal wat vir hulle stem) perfek op!

Renee ·

Dink eerder aan mense wat nie werk het nie en nie n’ inkomste kan verdien nie hoeveel kinders en families gaan slaap honger saans

Jacques ·

Dis nie foute nie, dis die agenda. Die “reset” wat hulle bewerkstellig is na wêreld kommunisme. Vernietiging, misinformasie, ens. is deel van die agenda.

Karel Kobus Kruger ·

Erik, net soos wat die mense in die restaurant bedryf ook glad nie gepla is of jy en jou familie julle werke verloor of nie.

Persheks Adri ·

Ons moet gaan plunder klaar soos our people en taxi’s organisasies! Geld word links en regs uit gegee vir gemors waarvoor ons betaal nie die regering nie. Tot wanneer moet ons so leef? Gatvol verby vir hul streke en stories

Deon ·

Dit gaan vir my ook oor die voorskryf wat ons mag en nie mag doen nie, en dan natuurlik die hele bedryf wat ten gronde gaan, werks verliese en lewens wat daar deur vewoes word

Erik ·

Dink net hoeveel lewens gespaar gaan word sonder drank. Minder geweld, minder moord, minder motorongelukke, minder verwoeste huwelike, minder verkragtings ens.

Blackies ·

Dit sal Vrydag uitkom dat rook en drank verbiet word vir die jaar, presies wat gebeur het met die drank opheffing 2 weke terug.

Johan ·

Ek smeek die opgevoede mense van SA,asb,besin voor jy begin met alkohol,nikotien en ander verslawende substante. 2021 gaan dit byna onmoontlik wees om hierdie onnodige gemors te koop. Kry hulp by med mense,vriende en familie om te help.

AH ·

Te help waarmee Johan? As jy aan rook of alkohol verslaaf is, is dit nogsteeds jou eie keuse om hulp te kry al dan nie. Dit gaan nie daaroor nie. As jou werk in gedrang was met die verbod op alkohol en tabak sou jy ‘n ander deuntjie gesing het. Die paar mense wat van hulle verslawing “genees” word is nie vergelykbaar met die derduisende wie se lewens verwoes word omdat hulle geen inkomste het nie. Ons weet teen dié tyd dat ons nie kan staatmaak op die regering nie.

JohanR ·

My vraag al vandat Cyril ja gese het vir sigarette, en KopDoek nee gese het, is wat het KopDoek oor Cyril dat hy lyk soos ‘n eend sonder ‘n vlerk of ‘n haas vasgevang in sterk kopligte? To all intents and purposes South Africa does not have a President. Our President for all intents and purposes has been de-knackered. Instead of a BULL, we have a COW(ard)!

PieterP ·

Duidelik het die regering nie hierdie belastings nodig nie. Die regering kan ook nie omgee hoeveel besighede toemaak en hoeveel mense hulle werk verloor nie. Die regering wat nie kan tel nie net so terloops reken 3 miljoen mense het hulle werk reeds verloor. Alhoewel ek reken dit is baie konserwatief, waar gaan hulle vir die mense werk kry?? Elke jaar moet ons luister na toesprake van job creation en gebeur dit? Nee dit doen nie. Dankie dat julle nie my belasting nodig het nie.

Roelof ·

Met hierdie sigaret verkoop verbod is daar iewers agter die skerms iets aan die gang. Ons weet almal van China se mag en invloed met al die lenings wat aan die armste Afrika lande gegee word. Sulke lenings kom nie verniet nie. China is besig om sy belange te beskerm en wil so bietjie werks geleenthede en buitelandse valuta in Mosambiek hê. Dis wat hulle nou reg kry want meeste sigarette wat nou ons land inkom kom uit Mosambiek uit. China het vir kopdoek beveel om die verbod op die verkoop van siagrette in te stel sodat Mosambiek se ekonomie so hupstootjie kan kry. Okay, dis maar net my teorie! Geen bewyse anders as om te sien dat die sigarette waarop ek deesdae my hande op kan lê, amper almal uit Mosmbiek afkomstig is.

Mariana ·

Die regering self weet nie of dit Dinsdag of Dingaansdag is nie

marius ·

Daar bestaan geen groter spul leunaars op aarde as die mense nie . Liewe magtig dis ‘n hool !

Mariana ·

Tyd vir dir afsondering om totaal gelig te word. Die lewe moet aangaan.

Kiepie ·

Daardie een sin “This account posted a tweet…” sê vir jou alles wat jy wil weet oor die regering se bereidwilligheid om verantwoordelikheid te aanvaar. Dis nie die account wat tweet nie dit is die persoon of instansie! Meer dis makliker om te sê the account het ‘n fout gemaak as om verantwoordelikheid te aanvaar.

Esta ·

Lig die verbod op drank…Slaan ‘n paar markies tente op, stretchers, studente dokters en behandel die mense daar wat nie hulle drank kan hanteer nie, dan is die hospitale mos nie vol nie. En wat die rook aan betref..lig net die verbod want daar is nie hospitale vol van mense wat rook nie.

Johan D ·

Ons land is nou besig om heeltemaal ten gronde te gaan. Die enigste manier om nog iets te red en dit is om alles oop te stel maar met streng protokol in plek. Die sigaret verbod was van die begin af ʼn lawwe besluit. Die drank verbod was meer verstaanbaar maar die manier wat dit gedoen was het die potensiaal om die hele waardeketting te vernietig wat al klaar aan die gebeur is!

Renee ·

Waar n’ rokie trek is n’ vuutjie hulle lieg so hierdie brief was op hulle amptelike briefhoof geskryf maar iemand het dit uitgelek en hulle probeer weer alles wegsteek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.