Regering, nié burgers, is ‘roekeloos, onverantwoordelik’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens Woensdagaand se toespraak. (Foto: Kopane Tlape/GCIS)

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa Woensdagaand gemaan het dat talle Suid-Afrikaners oënskynlik vergeet dat die Covid-19-pandemie steeds nie iets van die verlede is nie, sê die DA en die VF Plus die ramptoestand moes opgehef word.

Daar was die afgelope ruk heelwat bespiegeling én vrese oor die kwessie of Suid-Afrika weer na ʼn strenger vlak van inperking geskuif sou word. Dit het nie gisteraand ʼn werklikheid geword nie, maar Ramaphosa het wel aangekondig dat die ramptoestand met nog ʼn maand verleng is.

Die president het weer eens ʼn beroep op mense gedoen om maskers te dra, om sosiale afstand te handhaaf en om gereeld hande te was of te ontsmet.

“Om ʼn masker te dra elke keer wat ons die huis verlaat, is veel, veel beter as ʼn tweede vlaag. Dit is ook veel beter as ʼn terugkeer na [strenger] afsondering en beter as om die ekonomie te sluit,” het die president gewaarsku.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in reaksie op Ramaphosa se aankondiging gesê die afsonderingstyd moes heeltemal opgeskort word in die lig van die land se sukkelende ekonomie wat dit nie langer kan bekostig nie.

“Die president het self erken dat sekere segmente van die sakesektor nog nie ten volle kan funksioneer met die bestaande inperkings nie en dit kan nie langer uitgerek word nie,” het Groenewald gesê.

“Daar is weer eens talle onduidelikhede oor presies wat die president se aankondiging bepaal en daar sal gewag moet word vir die publisering van die regulasies om duidelikheid hieroor te kry. Een voorbeeld is die aandklokreël. Dit is nie seker of dit steeds van krag is nie. Die president het wel gesê die sake-ure vir drankverkope is terug na normaal, maar daar is nog onsekerheid oor ander bedrywe.

“Wat die toerismebedryf betref is aangekondig dat internasionale vlugte weer toegelaat sal word, maar dit is onduidelik of daar enige beperkings gaan wees soos die toelating van mense uit lande met ’n hoë voorkoms van Covid-19.”

Groenewald het die verlenging van die betaling van toelae deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se ramphulpfonds (Ters) verwelkom en sê dit is veral nodig vir die gastebedryf wat nog nie ten volle kan funksioneer nie. “Dié fonds dra daartoe by dat werkers nie in groot getalle afgelê word nie.”

John Steenhuisen, leier van die DA, het op sy beurt die verdere verlenging van die ramptoestand as onbegryplik bestempel. “Die regering kan nie Suid-Afrika aanhou bestuur rondom ʼn enkele gevaar nie terwyl ons land in soveel gevaar is weens veel groter risiko’s soos armoede, hongersnood en werkloosheid.

“Ons verwerp met minagting die bedekte bedreiging van ʼn terugkeer na hoë vlakke van afsondering.”

Steenhuisen sê mense moet vryheid en vertroue gegee word om die ekonomie en hul lewe te herbou.

“Die ramptoestand op sigself was rampspoedig en het nie net korrupsie aangevuur nie, maar ook onwettige grondbesettings en wetteloosheid.”

Steenhuisen sê die regering moet regulasies vir ʼn sogenaamde nuwe normaal in werking stel sodat die ramptoestand opgehef kan word.

“Die ramptoestand, die voortgesette afsondering en die bedreiging van ʼn strenger inperking wat steeds oor Suid-Afrika hang, gaan ons ekonomiese herstel groot skade berokken. Die enigste manier om werksgeleenthede en belasting te laat groei, is deur belegging in produktiewe ondernemings.

“Ons herhaal ons oproep aan die regering om die afsondering en die ramptoestand te beëindig, grense oop te stel, die aandklokreël op te hef en Suid-Afrika toe te laat om terug te keer na normale ekonomiese bedrywighede. Die moontlikheid van enige verdere inperkings moet onomwonde verwerp word,” het hy gesê.

“Ramaphosa se kabinet beskuldig Suid-Afrikaners daarvan hulle ‘roekeloos en onverantwoordelik optree, asof Covid-19 nie meer bestaan nie’. Mense besef Covid-19 bestaan, maar hulle besef dit bestaan tesame met talle ander gevare. Hulle weet dié gevare is veel erger, insluitend die gevaar van afsondering wat gewys het dit is veel meer dodelik as Covid-19 in laerinkomstelande weens die uitwerking op armoede, honger, werkloosheid, gesinsgeweld en openbare gesondheid in die algemeen.

“Veel eerder as wat dit roekeloos en onverantwoordelik is, maak die pogings van miljoene Suid-Afrikaners om terug te keer na normale ekonomiese bedrywigheid heeltemal sin,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Dirk Mostert ·

Die tussenverkiesing-stembriewe is nog nie koud nie, toe verleng hy die ramptoestand met verlaging na vlak 0.9

Persheks Adri ·

Hy’t met ‘n maand verleng sodat hulle verder kan plunder en nog meer armoede en werkloosheid kan veroorsaak om nie eers te praat van die moord en dood elke dag nie. Glad nie van belangrike goed gepraat nie pffft

Jaco ·

“Groenewald het die verlenging van die betaling van toelae deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se ramphulpfonds (Ters) verwelkom en sê dit is veral nodig vir die gastebedryf wat nog nie ten volle kan funksioneer nie. “Dié fonds dra daartoe by dat werkers nie in groot getalle afgelê word nie.”
Onthou tog dat dié uitbetalings NET gedoen word aan besighede in die gastebedryf wat 100% BEE en 100% regstellende aksie is. Wat ek egter graag wil weet is, as ek as ‘n wit man ‘n klein gastehuis as 1 man saak bedryf en ek dus nie vir dié hulpfonds kwalifiseer nie, dan kry my swart skoonmaker wat by my in diens is, mos ook niks nie. Ek kan verstaan dat ek niks kry nie, want ek moet mos maar tot in ewigheid vir apartheid gestraf word. Maar waarom moet my swart skoonmaker nou ook ly? Waarom behandel haar swart rasgenote in die regering dan vir haar ook sleg? Sy het tog niks “verkeerd” gedoen nie. Net ek is “verkeerd” want ek het die “verkeerde” velkleur.

Anel ·

Hy weet self nie hoe om hierdie te hanteer nie, nou kyk hy maar wat die engelse doen. Pateties. Hy hoe aan geld uit deel, wat hy waar kry? Laat almal terugkeer werk toe, maak die ekonomie oop. Daar gaan meer mense dood van honger en verwante oorsake as die virus. Mense kan maar doodgaan van die honger, solank hulle net nie die virus het nie. Ag kom by man. Ons us nie kinders nie. As jy so bang is, doen afstand van jou amp en gaan kruip weg onder ‘n klip. Genoeg is genoeg!!! Gaan haal jou komunistiese idilogiee op iemand anders uit. Hulle kan daar maar spring as jy jou vingers klap.

Dirk Mostert ·

Hy kyk wat die Engelse doen, waar dit nou winter is in teenstelling met hier. Grafieke wys baie duidelik dat Covid-19 wintergebonde is! As jy miljoene toetse doen, soos nou in Engeland, sal daar uiteraard ‘n styging in positiewe toetsuitslae wees. Vir wat die toetse werd is.

Derek ·

Die ANC kan nie eens met al die wette wat ingebring is hul mense beheer nie. Die misdaad vertel die waarheid en natuurlik sal hul volgelinge die voorbeeld volg van die leiers, die EFF maar net in n huwelik met die ANC. Dit blyk dat die EFF maar net n naamsverandering ondergaan het, van die jeugliga van die ANC tot EFF. Die ANC volg die EFF in alles wat hul voorstel, want hulle weet hul toevlug is eintlik gesetel in die EFF, met die hoop dat die EFF sal regeer. n Hoop wat nooit sal realiseer nie, want die EFF, net soos die ANC, verstaan nie die grondwet en demokrasie nie!

Jaco ·

Hy hou nie van wit mense nie, maar hy kyk wat die wit Engelse doen. Vreemd. As ek hy was het ek reguit gesê lockdown aanbevelings uit die ryk wit eerste wêreld lande is net ‘n rassistiese plan van daardie lande om nie-wit derde wêreld lande se ekonomieë seer te maak sodat uitbuiting van daardie arm lande na lockdown kan toeneem. Ek sou dus nie SA op lockdown geplaas het nie, maar net maskers en “social distancing” wetlik afgedwing het. Sulke skielike radikale ingrypings en veranderings werk eenvoudig nie in derde wêreld lande nie. Die onmiddellike én die langtermyn skade is net te groot.

Anel ·

Niemand kan my dwing om nie vrylik asem te haal nie. As jy heeldag en nag jou masker wil dra want jy is bang, doen dit, maar moet dit nié van my verwag nie!!! En om dit wet te maak is siek. Langdurige masker dra werk in elke geval nie. Dit veroorsaak net ander probleme!

Persheks Adri ·

Migraine en sinus onder andere asof ek nie elke dag kopseer het nie

Jakes ·

SA is seker die eerste land ter wereld wat n nar vir n president het.

koos ·

Sit vir hom ‘n hoed op dan is die nar sommer ook in beheer van die polisie ook.

Nie Verbaas ·

Is swaar as intilligensie en algemene kennis tekort kom.

Chris dupreez ·

Die DA en VF plus moet ophou moan en iets konstruktiefs begin doen. Opposisie politiek is nie om net te kritiseer nie maar om met voorstelle te kom om saam met die regering dinge te verbeter

Dirk Mostert ·

Hul baie konstruktiewe voorstel is om die onsinnige lockdown te staak!

Casper ·

Die president het belowe dat korrpte bedrywighede ondersoek sal word en die skuldiges gestraf sal word.Dit gebeur nou.Daar is al baie boewe aangekla vir tender bedrog.Mense kom ons wees eerlik niemand wil covid 19 opdoen nie want dit maak jou hondsiek.Kom one wees eerlik mense gedra hulle asof die pandemie verby is maar heelaas.Ag oom Eish sorry maar jy gaan ook ‘n oranje pakkie kry.En ek kan nou weer my eishmasjien aanskakel want ‘n doppie sonder eish smaak soos geval sonder kerrie.Eish man ace

Dirk Mostert ·

Na baie jare word korruptes nou eers aangekla, Covid19 maak jou niks sieker as griep nie. Trouens, wereldwyd skyn dit of griep verdwyn het. Griep het net die Covid19 etiket gekry.

Jaco ·

Hierdie verlenging van die ramptoestand en die inperking is dalk ‘n goeie ding. Dit beteken die regering se groot klem is steeds op Corona, inperking en hoe hulle daaruit kan in-cash. Meer drakoniese goed soos radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding bly dus so bietjie langer uitgestel. Dís albei goed wat inperking en ander maatreëls teen Corona na vulletjies sal laat lyk.

Connie ·

‘Ramaphosa se kabinet beskuldig Suid-Afrikaners daarvan hulle ‘roekeloos en onverantwoordelik optree, asof Covid-19 nie meer bestaan nie’. Ja ramaposa kyk na jou ‘our people’ wat so plunder en afbrand, dra hulle almal maskers? en die eff dra hulle almal masker? kyk eers wie dit is voor jy almal onder die selfde kam wil skeer.

Meisie ·

Terwyl oom Cyril daar sit en ‘n klomp nonsens praat word daar letterlik boere doodgemaak.. Nie ‘n woord daarvan gepraat nie..

Deon ·

Aan die DA en VVF plus leiers, pleks van om te bly kritiseer, hou julle bekke toe, kyk eerder waaroor gaan dit, is daar nog te veel “hand sanitiser” stock by die kaders wat eers afgesmeer moet word, is daar nog te veel “emergency hotelle en dies meer wat nog moet skep” wat van kaders wie se besighede die wvf misbruik/opgebruik? PROBEER EERDER AGTER DIE KAP VAN DIE BYL KOM, OM TE SIEN WIE SKEP WAAR, HOEVEEL EN WAT WORD GESKEP, GAAN SOEK DIE WERKLIKE REDE ASB ASB ASB!!!! Ek stem saam met CR, mense gaan aan asof die virus nie bestaan nie, hy kan verdomp dankie se daarvoor anders was ons land laaaankal in sy maai in.

Andrew ·

As wil land uit, dan loop jy sommer saam die ander 10 miljoen lands bewoners oor die limpopo

koos ·

Ramamparra, ek sien deur jou. Net so voor die feesgety word die drankwinkels skielik oopgestel.

Genis ·

Bla bla ek luister nie eers nie meer na sy kamma toesprake nie.. Hy probeer so wel gesproke in ingels te wees, laat my dink aan ou Mugabe se aksend. ERKEN EERDER PLAAS MOORDE CYRIL!

JohanR ·

Ek weet nie of die ouderdom op vang met my nie, en of die brein net soe bietjie stadiger draai maar wat gebeur tussen middenag en 4 uur in die more dat niemand mag uit wees nie. Meeste mense slaap, en besighede is toe. Dink nie kroe en resturante bly juis oop tussen 12 en 4. Daar is miskien ‘n paar klubs waar tieners skud vir die musiek. 12 en 4……net die ANC weet????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.