Regering se u-draai oor Staatsdienskommissie verwelkom

Staatsdienskommissie

Die Demokratiese Alliansie het die regering se vinnige u-draai oor die Staatsdienskommissie (PSC) se status as ʼn noodsaaklike instansie, verwelkom.

Dit volg ná ʼn aankondiging Vrydag deur minister Senzo Mchunu dat die kommissie ʼn “nie-noodsaaklike” instansie is.

Die DA het daarna aangedui dat hy die grondwetlikheid van die regering se “irrasionele besluit” in die hof gaan daag om Suid-Afrika se voorste staatsdiens-teenkorrupsie-waghond as “nie-noodsaaklik” te verklaar.

“Mchunu het ʼn paar uur later aangekondig dat die regering van besluit verander het en die PSC word nou as ʼn noodsaaklike diens beskou,” het Leon Schreiber, DA-skaduminister vir staatsdiens en administrasie, in ʼn verklaring gesê. “Die DA het ʼn belangrike oorwinning behaal vir goeie regering en teenkorrupsie. Sonder ʼn funksionerende PSC sou ANC-kaders die plundering van die staatsdiens tot groter hoogtes kon neem onder die korrupsienagmerrie wat reeds Suid-Afrika teister.

“Te midde van toenemende korrupsie deur ANC-apparatsjiks, insluitend die plundering van kospakkies wat vir honger burgers bedoel is, doen ons ʼn beroep op die publiek en staatsdiensamptenare om die PSC se teenkorrupsielyn te kontak by 0800 701 701 of stuur ʼn SMS aan 39772.”

Schreiber het gesê die DA se steeds die situasie monitor en seker maak dat alle nodige wettige regulasies gepubliseer word, sodat die PSC sy noodsaaklike rol kan vervul.

“Ons bly egter besorg dat, sonder die vinnige ingryping deur die DA, die regering van pres. Cyril Ramaphosa heeltemal tevrede was daarmee om teenkorrupsie-pogings te laat vaar in ʼn tyd waar bedagsaamheid uiters belangrik is. As die amptelike opposisie sal die DA dit nooit duld nie en ons sal steeds bly veg om die afsondering-krisismaatreëls te beëindig wat die fondasie van Suid-Afrika se demokratiese instansies bedreig.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Wat dien die DA t.o.v. Lesufi en Nood Kos voorraad in Gauteng

JohanR ·

Hou hulle vyn dop. Die ANC het ander planne. Daar is deur die ANC in die Wes-Kaap ‘n geroep gedoen om Lockdown daar terug te vat na Fase 5 toe na Covid-19 gevalle sterk opmars gewys het. Is die DA Wes-Kaap die enigste provinsie om hulle statistiek eerlik aantekondig? In Engels se mens “the ANC are finally beginning to reveal their true colors”!

david ·

Jare gelede het ‘n NP minister ‘n kostelike maar ware uitdrukking die lig laat sien:
“benoude katte maak benoude spronge..”
Met al die U-draaie, omkere en bollemakiesies van die ANC is dit nie net katte
se spronge nie, maar ook jakkalse se draaie…..

daniel ·

Die verspreiding van kospakkies behoort in hande te wees van private instansies sover moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.