Regering stem glo in om redes te gee vir rookverbod

sigarette

(Foto: pixabay)

Die regering het ingestem om die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) van redes te voorsien oor hoekom die verbod op die verkoop van sigarette tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk voortduur.

Fita het op 4 Mei ʼn hofaansoek gebring om die regering te dwing om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef. Die hofaansoek is egter tweeledig en die ander deel van die aansoek sou vandag aangehoor word. Met dié deel van aansoek wou Fita die regering dwing om die notules van die vergaderings waar die besluit geneem is, beskikbaar te stel.

Volgens Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, word die saak egter nie meer vandag aangehoor nie aangesien die regering ingestem het om die rekord van besluitneming en die redes vir die afkondiging van par. 27 van die vlak 4-regulasies, wat die verkoop van tabakprodukte verbied, so gou as redelik moontlik beskikbaar te stel.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 23 April gesê die verbod gaan op 1 Mei, toe die afsonderingsregulasies na vlak 4 afgeskaal is, opgehef word. Ses dae later het sy minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, egter uit die bloute aangekondig dat die verbod volgehou word.

sigarette

(Foto: Klimkin/Pixabay.com)

Mnguni het gesê die regering het sedert die hofaansoek gebring is ook bevestig dat die vervaardiging en uitvoer van tabakprodukte toelaatbaar is ingevolge die regulasies.

“Die toegewings moet deur almal verwelkom word, al is dit laat. Ondanks die toegewings sal ons egter nou voortgaan met die ander deel van ons aansoek, naamlik bevestiging deur ʼn hof dat die verkoop van tabakprodukte en sigarette wettig is ingevolge die afsonderingstydperkregulasies.”

Mnguni het gesê ten einde die saak te bespoedig werk die onderskeie regspanne van albei partye aan ʼn tydrooster om te verseker dat die aansoek so gou as wat redelik moontlik is, aangehoor word. ʼn Datum is egter nog nie vasgestel nie.

“Die publiek moet in gedagte hou dat talle dokumente eers uitgeruil moet word voor die saak in ʼn hof aangehoor word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Fedup ·

Hell will freeze over a 100 times before this hypocritical government will ever be honest about their 2 second decisions. No matter what their excuse will be, it will definitely not be an honest one. They can talk all day, every day till their tongues turns blue, still no results. Talk and lie all you want. That court date will not see the light if day anytime soon.

Magda ·

Ai tog – weer n verskoning – hoekom net die Notules oorhandig waar die besluit geneem was nie. Nee nou gou iemand kry om so n verslag optestel want duidelik WAS daar nie een nie. ANC hoe dom dink julle is ons. Speel vir tyd – Pasop julle gaan julle eie vingers verbrand!!!!

PH ·

Maar die agbare minister ND Zuma het mos op TV verduidelik dat sy ‘n brief van iemand gekry het waarin dit geskryf is dat mense wat bymekaar kuier tydens afsondering, hulle zolle natlek en dan onder mekaar deel.

Eerlik ·

Ha ha, ja, UP en UJ het twee verskillende opinies oor die nadele en voordele van takak gepubliseer. UJ se opinie was natuurlik nie ten gunste van rokers nie maar UP sn wel.

Jan ·

Net soos al die anc lede wat ek ken. Trek als uit. Pasi jou mer nuus oor fase3. Misly jou gedagtes met mooi praatjies. Intusen beskadig hulle die iconomic. Met die uitgetrekte saak. Ek het nog nooit in die parlement iemand gehoor wat se ek is skuldig nie. Dit werk so hear no evel see no evel talk no evel. Whe have done nothing wrong. It is the system. Die veit is . Die carona getalle wat jy sien is nie waar nie. Die besluite wat geneem is is nie waar nie. As hylle die warre getalle se dan is die hele anc nasie besmet. Hulle gaan uit die townships vlug want dit is waar dit uitbroei. Hulle gaan hulle eie nasie beskuldig omdat daar nie genoeg huise gebou is om sosiaale afstand en die toegang tot vars water het nie. Hulle geloof is die koning van die land (die parlement) mag he en doen wat hulle will) en dom genoeg ons wites bly hulle kos gee. Ek is wit ek kry nie geld nie my kos raak klaar daar is nie een wit of anc lid wat vir my of die honderde midelklas gesine kos gee nie .

Dirk Mostert ·

Ek glo ook nie die corona-statistiek nie. M.i. word dit oordryf om die drakoniese regulasies te probeer regverdig. Gedurende die wintermaande wat nou volg, sal waarskynlik elke verkoue of gewone griep as corona getel word. Die simptome verskil weinig en die toetse self is onder verdenking.

Marius ·

Dit is vir my baie duidelik dat die regering nie besef hoeveel geld en werksgeleendhede betrokke is by die besluit nie . Ek sal ook graag wil weet of Zuma se seun n aandeel het in die besluit aangesien sy sigarette nou die enigste is vrylik beskikbaar is . Dit besluit het ook veroorsaak dat die mees eerlikste persoon nou moet smokkel om sigarette in die hande te kry . Die regering moet maar weer gaan dink oor die besluit en die nadele besef . Se maar net .

Oujongvrou ·

Vertragings taktiek. Gee hulle baaaaie tyd om nog snert uit te dink. Vir wat was die publiek nie van dag een af ingelig oor die redes nie. En moenie vir ons vertel dis van zolle natlek nie. So nou word almal gestraf oor paar wat zolle rol. Nee wat ANC, julle is baie stemme kwyt met hierdie sirkus.

Sharnelle ·

Ek kan verstaan hoekom drank nie opgehef kan word nie weens domestic geweld in gesinne, maar wat de hel het sigarette hiermee te doene? Duidelik laat die president hom voorskryf deur sy ministers wat moet en nie moet nie. Hys die president hy kan mos sy mond oopmaak en voet byvstyk hou wat hy besluit. Wie is of wil nou eintlik die president wees? Ek is keelvol vir hulle mag en beheer. En soos dit vir my klink gaan L3 nie veel makliker wees as L4 nie. Ramaphosa het self in n nuusberig gesê dat die lewe na die lockdown nie die selle gaan wees as voor die lockdown nie….. Duidelik weet hy hier ook meer as ons, wys jou net hoe agterbaks die regering is. Hulle weet reeds wat volgende gaan gebeur, maar hou ons almal aan n lyntjie en lieg sover hulle gaan.

Jakes ·

Nee wat, die spul gee nie om oor die ekonomie nie. Hulle wag nou vir die biljoene wat hulle sogenaamde leier mos belowe het.
Belegings gaan mos instroom.

Wonder ·

Net soos hull die lockdown vertraag, vertraag hull dit om die rook verbod te lig, sodra n hofsaak hull kant toe gaan dan het hull een of ander halwe antwoord wat nie sin maak nie, hull reken die rokers in roekeloos met die wat sigarette koop want hull kom in aanraking met mense om sigarette te koop en kan die virus vinniger versprei, my vader tog lig die ban dat ons ook gesanitize word voor die winkel se deur om siagrette te kan koop… probleem op gelos…

sakkie ·

ons is midde in ‘n kommunistiese regering, die opposisie kan nie inslae lewer oor die besluite nie, net die anc. so wat hulle ook al besluit moet uitgevoer word, finish en klaar

Sê maar ·

dis niks meer as ‘n Eks baas en jy is klaas situasie nie. Enigste land ter wêreld – begryp dit.

JohanR ·

My gooiste….nou moet hulle sien of hulle nog daai notas iewers kan kry as daar ooit enige notas was. Miskien is hulle in ‘n asblik, of ‘n ashoop iewers waar ek hoop die ANC sal wees nie lank van nou af nie. Jy lieg NDZ, jy lieg Cyril. Het julle dit by Jacob geleer, of is lieg ingebou in elke ANC?

Boortor ·

Hulle lieg! Daar is nie notas of agendas nie. Hulle gaan dit nou gou fabriseer. Net soos hulle gelieg het dat hulle reg was vir die virus reg in die begin. Hulle lieg ook oor die voorberei storie van die ” fasiliteite” ingeval van n piek. Hoe lank wil julle ” voorberei”? Vir ewig?Hoe lank gaan vlak vier aanhou? Hulle gaan daaroor ook lieg! ALLES is liegstories komende van ” hulle”

Renee ·

Snert hulle gaan nou eers een opstel speel weer vir tyd ek glo nie vir een oomblik dat hulle hof toe gaan sonder bewyse nie. Hulle is lankal ingelig dat die datum vandag was Hoekom kan die inhoud nie bekend gemaak word nie?

Pieter ·

Wanneer gaan die blankes ooit ophou kla en begin standpunt neem. Jy kan nie met die ANC onderhandel nie.

Alida ·

Dit is genoeg dat een Zuma die hele land op sy kniee bestuur het nou kom nog n Zuma en maak haar eie belaglike wette wat grotendeels op blankes gemik is. Hoekom haarkappers verbied omdat ons n behoefte daaraan het. Self geskenkpapier en speelgoed word verbied. Is daar nie mense met verstand wat haar kan laat besef dat sy n gek van haarself maak nie! Ek rook al 60 jaar en my gesondheid makeer niks. Dit bly ons eie keuse. Ons beskaafde mense lek nie zolle en deel sigarette nie. Kulture verskil en sy verstaan dit nie. Elke mens moet vir homself verantwoordelik wees.

Stefnie ·

Die datum sal die 1 ste Junie wees, hoor my lied in Afrikaans! Absoluut niks gaan daarvan kom nie. Ek is al so gatvol vir die Mickey Mouse regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.