Regering verkoop eindelik AstraZeneca-entstof

Die eerste besending van die Oxford-AstraZeneca-entstof toe dit begin Februarie in Suid-Afrika geland het. (Foto: GCIS)

Die een miljoen dosisse Oxford-AstraZeneca-entstof wat die regering in Januarie tevergeefs aangekoop het, is eindelik aan die Afrika-unie (AU) verkoop.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondag by monde van sy departement se woordvoerder gesê die departement van gesondheid moes die afgelope paar weke eers toesien dat alle lidlande wat deur die AU se entstofverkrygingspan as ontvangers van die entstowwe geïdentifiseer is, aan al die regulatoriese goedkeurings, permitte en lisensies voldoen om die entstowwe in hul onderskeie lande toe te dien.

“Die minister kan bevestig dat die departement die volle bedrag [waarteen die dosisse gekoop is] verlede Maandag ontvang het,” sê Lwazi Manzi, woordvoerder van die departement.

Die AU het die besending dosisse van die Oxford-AstraZeneca-entstof teen dieselfde prys aangekoop waarteen Suid-Afrika dit aanvanklik by die Serum-instituut in Indië gekoop het.

Maroela Media het in Februarie berig die dosisse AstraZeneca waarmee die regering aanvanklik sy entstofplan sou afskop, is nie doeltreffend teen die Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 nie. Dié dosisse ter waarde van R120 miljoen verval aan die einde van April.

Alle reëlings is getref vir die verskeping van die entstof.

Nege AU-lidlande sal die eerste besending ontvang waarna die res vandeesweek na nog vyf lande verskeep sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ralph ·

Tweedehandse mense in Afrika kry tweedehandse entstof. Wat nog?

Charles ·

Ek wonder in wie se sak gaan die geld wat ontvang is, nou beland?

Persheks Adri ·

Ons soek bewys van betaling asb glo GEEN woord wat die kaders sê nie!

Eend Bessinger ·

Hierdie entstowwe is nie noodwendig geskik vir die mark waarna dit gaan nie. ‘n Verswakte immuniteitstelsel werk nie altyd saam met hierdie tipe medisyne nie. Maar dis hulle besluit…

Corne123 ·

Ek worder net dit nou R120mil werd waarvoor is dit aangekoop? en waarvoor is dit herverkoop. Ek glo gin vir dieselfde prys verkoop nie

Strandloper ·

Dink eerder hul moes die ontvangers betaal om die gemors oor te neem?

Joe Olivier ·

As daar minder “dosisse” in die regering was, het dit dalk beter met die land gegaan.

Persheks Adri ·

Skerp Joe skerp! Al die “dosisse” moet eerder verlore of verkoop word!

Excalibur ·

“Big Brother” van Afrika het dit seker maar GESKENK maar wil nie beskaamd voor die Publiek staan oor ‘n fout gemaak nie. Nou maak ons maar een fout met ‘n ander fout soos “Ralp komentaar gelewer het” reg. Siestog, Grootword en Integriteit is ‘n taai toffie om te kou as jou mondering verkeerd is. Tenminste is dit nie ons waterbronne in nie en vir ‘n doel aangewend al is dit teen verlies…

Yvonne ·

Nou verstaan ek nie hoe is dit dan dat dit in aller haas aangeskaf is…..tragies

Dirk Mostert ·

Geld die tranksaksie ook vir die tweede besending van 2.4 miljoen dosisse AstraZeneca wat nog op pad is?

Jack ·

Ek hoop en vertrou dat die gunsloon nie gelykstaande aan die opbrengs was nie want waar geld genoem word noem ons ook korrupsie in dieselfde asem.

Persheks Adri ·

Ons soek bewyse gatgogga anders glo ons hulle nie punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.