Regering voortaan minderheidsvennoot in SAL

(Argieffoto: ANA)

Die regering het sy meerderheidsaandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) laat vaar en Vrydag ʼn nuwe ekwiteitsvennoot bekend gemaak om die lugdiens weer operasioneel te kry. Die aankondiging is as geskiedkundig bestempel en kom 19 maande nadat die sukkelende redery in sakeredding geplaas is.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê die Takatso-konsortium, wat strewe in Sotho beteken, sal voortaan ʼn 51%-aandeel in die SAL hê, terwyl die regering 49% behou.

Die konsortium bestaan uit Harith, een van die grootste beleggers in Afrika-infrastruktuur, en Global Airways, ʼn bestaande Suid-Afrikaanse redery, en sal in Suid-Afrika gesetel wees. Harith besit onder meer die Lanseria-lughawe.

Volgens die minister kan die nuwe SAL binne die volgende weke begin vlieg. Reëlings oor roetes, die redery se vloot en die personeelkorps sal afgehandel word sodra die ooreenkoms tussen die regering en die konsortium gefinaliseer is.

Gordhan sê die vennootskap tussen die private sektor en die staat benut die kommersiële vaardighede van die konsortium, terwyl daar terselfdertyd gebou word op die bestaande handelsmerk.

Gordhan sê die SAL is bekend op die vasteland en wêreldwyd en sal onder meer dié handelsmerk, sy landingsbeurte en lojaliteitsprogram tot die vennootskap bydra.

Die regering sal die verpligtinge wat ingevolge die sakereddingsproses en die ooreenkomste wat daarvolgens aangegaan is steeds nakom, maar die redery moet nou op sy eie voete staan – sonder om deurlopend bakhand by die belastingbetaler te bedel.

Die Takatso-konsortium sal voortaan moet pa staan vir enige geld wat die redery benodig. Hy het reeds sowat R3 miljard in die redery belê.

Gidon Novick, uitvoerende hoof van die konsortium, sê dit is ʼn “emosionele dag” vir hom en sy span en dat ʼn mens nie dikwels die kans kry om jou droom te bewaarheid én die land te dien nie.

Die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande afsonderingsmaatreëls het die lugvaartbedryf wêreldwyd ʼn gevoelige hou toegedien. Novick sê egter dit is nou ʼn goeie tyd om toegang tot vliegtuie teen bekostigbare pryse te kry en beskikbare talent op te raap.

“Ons dink ons gaan iets spesiaal bou,” sê Novick.

“Ons is baie opgewonde. Dit gaan ʼn ikoniese handelsmerk wees wat nie net vir Suid-Afrika gaan trots maak nie, maar wat ook wêreldwyd raakgesien gaan word.”

Gordhan sê in hierdie stadium word die naam Suid-Afrikaanse Lugdiens vir die redery behou, hoewel kreatiewe voorstelle daaroor in ag geneem kan word.

Tshepo Mahloele, medestigter van Harith en voorsitter van die Takatso-konsortium, sê die bedryf ondervind geweldige groei en dat hulle daarna uitsien om die SAL winsgewend en volhoubaar te maak.

Demografie, transformasie

Volgens die minister sal plekke op die redery se raad toegewys word in ooreenstemming met die aandeelhouding, terwyl die personeelkorps sal bestaan uit oud-SAL-werkers asook werkers van die konsortium.

“Die samestelling van die raad, bestuur en personeel sal vaardighede in ag neem en verteenwoordigend wees van die demografie en transformasie-agenda wat ons samelewing het,” sê die minister.

Gordhan sê daar moet binne ʼn paar jaar ʼn ten volle opgeleide, demografies verteenwoordigende vaardigheid in Suid-Afrika opgebou wees om ʼn lugredery suksesvol en selfstandig te bedryf.

Wat betref vlieëniers sal die konsortium voorkeur gee aan die “opleiding en bevordering van gekwalifiseerde swart vlieëniers as deel van ʼn nie-rassige span gekwalifiseerde mans en vrou”.

Gordhan sê daar word ook beoog om in die toekoms aandele aan personeel van die SAL beskikbaar te stel en die redery te noteer sodat gewone burgers ook daarin kan belê.

Wat van filiale?

Op ʼn vraag wat die toekoms vir die SAL se filiale insluit, sê Gordhan “enigiets kan gebeur”.

Die filiale sluit in Mango, SA Air Chefs en die SAL se tegniese afdeling, SAAT. Gordhan het laasgenoemde bestempel as ʼn belangrike bate om in Suid-Afrika te behou.

Die minister sê alle filiale sal hersien word en sommige kan herstruktureer word. ʼn Aankondiging oor die filiale sal daarna volg, maar dat daar versigtig na werkers gekyk sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Stefaan ·

Dankie vir die inligting nou sal ons weet om nie SAA te vlieg nie.

JohanR ·

Jy kan my 20 jaar se vry kaartjies gee, maar ek sal nooit weer ‘n voet op SAL sit nie! Ek hoop waaneer hy weer eendag opstyg, dat ELKE vlug sal vrek leeg wees, buiteland en binnelands! #Voertsak ANC, #VoertsakSAL!

Piet parys ·

Nee hy sal vol geboek wees deur bbp van die staat met hulle verniet vlugte wat ek en jy in elke geval betaal . Dit is waaroor dit gaan hulle verniet vlugte op belasting betaler se rekening . Wonder wat is die nuwe ! SAL !werd of het hulle hom teen n afslag gekry.

Nie Verbaas ·

Ek stem. Weet nie waar gaan hulle passasiers vandaan kry nie. Ek meen, die Brussels vlug se alles oor BEE bekwaamheid. Geen persoon met n werkende brein sal dit waag nie.

Keith ·

Another “non racist” (?) quasi government institution on the way. I hope that minority South Africans take note and act accordingly.

Juliet ·

Teenstrydige stelling: “voorkeur aan “opleiding en bevordering van gekwalifiseerde swart vlieëniers as deel van ‘n nie-rassige span ?????????????

tweeling ·

Nog ‘n bloedneus vir hierdie magsbehepte regering, viva

Stephen ·

Ander naam dalk maar dieselfde ou spul wat absoluut niks van Lugvaart weet. Net n dekmantel vir die korrupte ANC om verder te plunder. You can fool some of the people some of the time. Moenie ons intelligensie onderskat nie aub.

Misky ·

Dalk maar beter so en die SAL wat ons kan en wil onthou is 20 jaar terug al in sy kanon. Ten minste sal ons belasting geld nie meer ingedruk (weggegooi) word nie

pompies ·

Misky ek sal nie daarop wed dat belasting geld nie soontoe gekannaliseer sal word nie. Hulle kan dit doen en net stil bly en niemand sal ooit weet nie want voldens hulle is iemand anders verantwoordelik vir die finansies maar onthou hulle besit nog steeds 49% van die redery skuld en als.

Elmarie ·

Hopelik sal hul beg ‘n deur al die gratis kaartjies vir elke kader en sy maat stop te sit. Het eenkeer gelees dat maklik driekwart passasiers op enige vlug is gratis. As hulle nie dít streng gaan beheer nie dan is daar klaar probleme

Aai ·

Gaan seker net vir die elite mense wees wat duur drank drink by funksie op belasting betaler se rekening.

Frankie ·

Sou graag wil weet waar die sogenaamde beleggings maatskappy hulle geld vanaf kry vir die belegging . Dalk vanaf PIC wat die staat se pensioenfonds is. Tyd sal leer!

Dup ·

Dit klink amper soos ñ bankrot veiling.Transformasie van die SAL kan net twee dinge beteken……nog ñ bankrotskap en nog korrupsie.Of is ek nou te pessimisties?

Nozi ·

Dankie tog hul noem darem wie die vlieeniers gaan wees. Ons gebruik al baie lank nie meer SAL nie. Dit sal dalk ‘n goeie idee wees as ons ook nou maar ons eie lugdiens begin, ook met ‘n nie-rassige span.
Kyk net hoe vinnig was ‘n universiteit op die been gebring. Ek is oortuig ‘n nuwe ligdiens kan net so vinnig gebeur en sal vol geboek bly.

KB ·

Noem tog net die lugredery iets anders.
SAL was ‘n trotse lugredery.
SAA was ‘n fiasko, ‘n verleentheid.
Ek vlieg eerder Emirates…

Andrew ·

En hoeveel gaan Takatso-konsortium betaal vir sy deel in SAL en hoeveel ANC cadre’s is aandeelhouers. Moet openbare ondernemings nie op n oop tender aangebied word nie. Lyk soos n medupi kusile Hitachi storie.

Andrew ·

Die ANC reken dat BEE is nie n behoorlike kaans gegee is nie. Sou nou hier is een, kom ons kyk hoe lank voor jan-tax of die lotto hulle moet kom help. Hulle gaan seker geld by African bank en pension fondse leen en 20 nuwe boeings van bestel en 20 kubaanse vlieniers kry om vir 10 jaar ons kadette te kom oplei.

Stephen ·

Andrew ja hulle sal 20 Boeings bestel en net vir 1 betaal. Raai maar waar die ander geld heen herlei word.

Rian ·

Gaan die “nuwe” eienaars ook die belasting geld terug betaal wat die afgelope 2 dekades op dié mislukking gemors was?

annie ·

… en die parlement speel nou watter rol in SA. Ons hoor maar net dinge gebeur, wette verander en verskyn in die Staatskoerant? Ons glo die ANC staan nou pa en ma vir hul eie besluite en uitgawes en gaan staatsamptenare en familie steeds gratis vlieg? Hulle sal dalk nou verplig word anders staan die vliegtuie leeg… soos die kommentaar lyk. To make ends meet kan dalk ook op iets anders dui met die baie nuwe vlieèniers, sweep in die hand… Nee man, daar waar die rye liggies is… was…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.