Regstreekse gesprek: Dís wat jy moet weet oor ivermektien en Covid-19

egstreeks-ivermektien-17-01.jpgDie debat oor ivermektien woed voort, met verskeie dokters en regeringslui wat steeds teen die gebruik daarvan vir die behandeling van Covid-19 vasskop. Die burgerregte-organisasie AfriForum en die doktersgroep I Can Make a Difference voer egter aan die inligting waarop dié kenners steun, is verouderd en sê dit is noodsaaklik dat Covid-19-pasiënte so vinnig moontlik met ivermektien behandel word, aangesien dit lewens kan red.

Suid-Afrika beleef tans ʼn derde golf van Covid-19 en Woensdag het meer as 5 000 mense vir die eerste keer in ʼn lang ruk in 24 uur positief getoets vir die virus. Hospitale in Gauteng, die Vrystaat en Noord-Kaap het reeds ʼn tekort aan plek vir dié pasiënte.

In die lig hiervan gesels Paul Maritz met Barend Uys van AfriForum, asook dr. Jackie Stone, mediese praktisyn van Harare, Zimbabwe, en dr. George Coetzee, ʼn mediese praktisyn van Pretoria, oor die vroeë behandeling van Covid-19 en die rol wat ivermektien hierin kan speel.

Volg die regstreekse uitsending van dié gesprek Vrydag 4 Junie om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook ná die gesprek onderaan dié artikel beskikbaar wees.

Dís wat jy moet weet oor Ivermektien en Covid-19

Die debat oor ivermektien woed voort, met verskeie dokters en regeringslui wat steeds teen die gebruik daarvan vir die behandeling van Covid-19 vasskop. Die burgerregte-organisasie AfriForum en die doktersgroep “I Can Make a Difference” voer egter aan die inligting waarop dié kenners steun, is verouderd en sê dit is noodsaaklik dat Covid-19-pasiënte so vinnig moontlik met ivermektien behandel word, aangesien dit lewens kan red.Suid-Afrika beleef tans ʼn derde golf van Covid-19 en Woensdag het meer as 5 000 mense vir die eerste keer in ʼn lang ruk in 24 uur positief getoets vir die virus. Hospitale in Gauteng, die Vrystaat en Noord-Kaap het reeds ʼn tekort aan plek vir dié pasiënte.In die lig hiervan gesels Paul Maritz met Barend Uys van AfriForum, asook dr. Jackie Stone, mediese praktisyn van Harare, Zimbabwe, en dr. George Coetzee, ʼn mediese praktisyn van Pretoria, oor die vroeë behandeling van Covid-19 en die rol wat ivermektien hierin kan speel.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.Gespreksleier: Paul MaritzGaste: Barend Uys, drs. Jackie Stone en George Coetzee

Posted by Maroela Media on Friday, June 4, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lindi ·

Vir my maak dit nie saak wie wat se nie, my kind het vinnig gesond geword van ons vir haar Ivermektien gegee het. Maar tipies SA – ek KAN nie die gesprek luister vanmiddag nie, danksy beurtkrag. Geen sein van ‘n dag oud as ons beurtkrag het nie. Hopelik sal MM vir ons ‘n geskrewe verslag gee van die gesprek.

Francois Le Cochon ·

Bewyse tot dusver is beperk tot Ivermektien se bydrae tot die verligting van sekere covid simtome. Jou dogter sou herstel het sonder Ivermektien, soos miljoene ander covid pasiente wat nie Ivermektien geneem het nie. Indien jy covid kry, en “Cream Soda” drink, en herstel, kan jy nie se^ dat die “Cream Soda” jou gesond gemaak het nie.

Anoniem ·

Ek sou ook van babelas herstel het, maar die grandpa poeier het die simptome verlig, maak dit sin?

Moedeloos ·

Sal graag wou kyk en luister maar het Loadshedding 14h00

Danie ·

Waar is die tydelike hospitale wat moes gebruik word indien die hoofstroom hospitale vol raak. Ons het immers honderde miljoene daarvoor betaal.

Francois Le Cochon ·

Tydelike hospitale was ook al voorheen vol. Die hospitale bestaan nog steeds. Bv. die CICCS sentrum in Kaapstad is nogsteeds op bystand.

Ian ·

As die regering invermektien beskikbaar gaan stel sal niemand verder ingeeent wil word nie want daai produk keer nie net covid nie maar maak jou gesond ook as jy dit nie as voorbehoed gebruik het nie. Dink net aan die finansieele implikasie vir die regering.

Attie ·

Tyd dat dit gewettig word sodat dokters dit kan voorskryf. Tans koop mense dit onwettig en kan lei tot ernstige sy effekte. Bv mense wat lewersiekte het kan erger lewerskade op doen. Beter as dit beheer word deur dokters.

Francois Le Cochon ·

Dokters wil dit voorskryf sodat die EGAWEH* mense nie die dokter kan blameer indien die dr nie Ivermektien voorskryf, en die covid pasient raak dodelik siek of sterf selfs. *= Ek Glo Alles Wat Ek Hoor.

Surfer ·

Kom net vanmiddag terug na die berig toe. Hulle gaan die video aanlas onder die berig.
Volg die regstreekse uitsending van dié gesprek Vrydag 4 Junie om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.

Oom Kaspaas ·

Almal het bohaai gemaak toe Indië 300 000 gevalle per dag aangemeld het, en hulle is ‘n land wat Ivermektien gebruik vir Covid, maar hoekom hoor ons niks meer van hulle nie, want hulle het in kort tyd gegaan van 300 000 per dag na 100 000 nuwe gevalle , wat dit met meer as die helfte sny, hulle het maar tans 20 000 gevalle per 1 miljoen mense. so wat doen hulle anders as ons wat daar so effektief werk ? Hulle sterfte syfer is 245 / miljoen mense waar SA s’n 946 / miljoen is

Charles ·

Ek hoop die wurm manne maak hul ore oop en luister wat hierdie kenners te sê het.

Vanessa ·

Ivermektien werk en niemand gaan my anders oortuig nie!!!!!!. Ek het nou al soveel gevalle gesien waar mense volkome herstel het van covid nadat hulle ivermektien gebruik het. Daar is in elk geval net soveel nadele met die inspuiting. Elkeen moet maar vir hulself besluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.