Regstreekse gesprek: Moet skole oop bly te midde van die Covid-19-pandemie?

Daar is tans groot verdeeldheid onder ouers, vakbonde en ander rolspelers oor die moontlike hernieude sluiting van skole te midde van die Covid-19-pandemie. Watter besluit ook al geneem word, dit gaan verreikende gevolge hê vir derduisende skole, onderwysers, ouers en kinders. Elaine Krige gaan met Melanie Buys, Werner Human en dr. Fiona Kritzinger gesels oor die kwessie.

Moet skole oopbly te midde van die Covid-19-pandemie?

Moet skole oopbly te midde van die Covid-19-pandemie?Daar is tans groot verdeeldheid onder ouers, vakbonde en ander rolspelers oor die moontlike hernieude sluiting van skole te midde van die Covid-19-pandemie. Watter besluit ook al geneem word, dit gaan verreikende gevolge hê vir derduisende skole, onderwysers, ouers en kinders. Elaine Krige gaan met Melanie Buys, Werner Human en dr. Fiona Kritzinger gesels oor die kwessie.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Saturday, July 18, 2020

Indien die video nie speel nie, kyk dit op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erik ·

Hoekom word ‘n onderwyser wat in die praktyk staan nie betrek by die gesprek nie? Die kundiges mis sekere punte heeltemal.

Hoe kan julle voorstel dat indien die skole oop bly, skep dit roetine, maar skole hardloop tans op 50% kapasiteit en sluit kort kort weens ‘n positiewe geval? Hoe kan ‘n eksamen beplan word, as die skool skielik moet sluit weens ‘n positiewe geval? Besef die kundiges hier dit gebeur tans, en gaan al hoe meer gebeur soos wat ons die kruin bereik?

Natuurlik wil ons skole oop hou en oop hê, maar selfs al is alles in plek, word ons kort kort gesluit deur die onderwys- en gesondheidsdepartement. Nou wat nou?

Johann ·

My vraag is dit: hoe indien enigsins is onderwysers se werksekuriteit en inkomste bëinvloed? M.a.w….in ag genome die feit dat geruime tyd verloop sonder dat hulle werk, soos BAIE ander van ons, moes tevrede wees met verminderde inkomste? Of gaan ek nou met klippe gegooi word deur die vakbonde?

Erik ·

Johan, departementele aanstellings se salarisse is glad nie beïnvloed. Inteendeel, daar word tans gewag op ‘n uitspraak ivm verhogings.

Privaatskole en beheerliggaam aanstellings se salarisse is in sekere gevalle gesny, sommiges het hul werke verloor en party privaat skole moes hul deure permanent sluit.

Daar is dus nie ‘n maklike antwoord nie en dus eintlik uiters onregverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.