Regter aangekla oor Dewani-verhoor

shrien-dewani

Shrien Dewanitydens sy verhoor in die Wes-Kaapse hooggeregshof Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA/Pool

Die Higher Education Transformation Network (HETN) het ʼn klag teen Jeanette Traverso, adjunk-regter-president van die Wes-Kaap, ingedien.

Die klag het te doen met Traverso se optrede tydens die Britse sakeman Shrien Dewani se moordverhoor verlede jaar. Traverso het Dewani vrygespreek op aanklag dat hy verantwoordelik was vir die moord op sy vrou.

Lucky Thekisho, voorsitter van die HETN, het gesê Traverso het versuim om die staat ʼn regverdige verhoor te gun. Volgens Thekisho het sy die hof se gesag en integriteit ondermyn deur met vooroordeel teen die swart staatsaanklaer, Adrian Mopp, te tree.

“Regter Traverso en die hele verdediging is Afrikaners. Dit opsigself is nie problematies nie,” het Thekishi gesê. Hy is egter van mening dat Traverso se agtergrond pertinent was in die konteks van die sogenaamde etiese oortredings.

Die HETN is van mening van Traverso die staat herhaaldelik geteister het deur haar “aggressiewe en onplesierige ondervraging” en dat sy vererg en sarkasties voorgekom het.

Thekisho het gesê die HETN is van mening dat Traverso ʼn fout gemaak het om Dewani vry te spreek  en dat haar besluit gemaak is op grond van ‘n onpartydige evaluering van bewyse. Die HETN het versoek dat die regter van die regbank verwyder moet word indien sy skuldig bevind word aan onbehoorlike gedrag. Die organisasie het ook gevra dat sy geskors word hangende die ondersoek.

Sello Chiloane, woordvoerder van die Regterlike Dienskommissie, het bevestig dat hulle die klag ontvang het.

Lees alle vorige berigte oor Shrien Dewani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SNEL ·

Ek voel ook Dewani moes n hele paar jaar, as dit nie lewenslank is nie, gesit het nie. Ek stem, die regter moet verwyder word van die regsbank, maar die vraag is…..hoe verander dit die uitspraak wat reeds oor Dewani gevel is. Kan daai saak weer geopen word. Ek hoop so, hy verdien om agter tralies te wees.

Tom Theron ·

Punt is, die saak is verloor agv die staat se onbevoegdheid tov bewyslewering, nie die regter s’n nie. Nou wil hul die skuldlas onglip deur ‘n rasse-heksejag.

alwyn ·

Dit is geen geheim dat regters dink hulle is God & mense in hul howe soos gemors behandel. Ek was jare lank in die polisie & die wet toepassings veld. Vererg & sarkasties is vir hulle tweede natuur. Luiheid is nog n gelaatstrek wat my opval by regters. Dis tyd dat die goed vasgevat word.

ladybug ·

As daar nou een regter is wat aangekla moet word is dit daai een van ou skote petoors se saak. Sy’t lekker verbrou!

Traverso moes werk met dit wat sy gehad het, en dit was duidelik dat die polisie gefaal het in hul ondersoek.

O ja, maar ek het vergeet, Regter Traverso is mos ‘n blanke vrou …

leonie ·

Ek wens hulle wil die ras debat hieruit los. Sy was eenvoudig net ‘n swak regter gewees, nes die vele ander kleuriges in ons regstelsel. Dewani hoort agter tralies so hy moet oor verhoor word. Kry ‘n regter van ‘n ander land want ons sin is useless!!

charles ·

Seker apartheid se skuld die gewone afgesaagde ou storie die Wit regter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.