Rekordgetal wil geld vir studie hê

Die nasionale skema vir finansiële bystand van studente (NSFAS) het ʼn rekordgetal van 543 268 aansoeke ontvang vir 2020. Dit is ongever 114 000 meer as die 428 929 aansoeke verlede jaar.

Randall Carolissen, administrateur by NFSAS, het Maandag gesê dié drastiese toename kan toegeskryf word aan ʼn uitreikprogram van NFSAS wat veral klein dorpies en landelike gebiede geteiken het. “NSFAS het behoeftige en kwesbare studente geteiken. Amper die helfte van die aansoeke is van begunstigdes wat maatskaplike toelae ontvang,” sê Carolissen.

Volgens Carolissen kan begunstigde studente vanjaar voor die aanvang van die akademiese jaar by ʼn tersiêre instelling inskryf, sonder om vooraf registrasiegeld hoef te betaal.

Carolissen sê studente wat ook voorheen deur die skema gefinansier is, hoef nie paniekerig te wees nie, aangesien hul studie vanjaar steeds betaal sal word.

“Besluite oor befondsing vir dié jaar se aansoeke is op die myNSFAS-portaalprofiele opgedateer. Aansoekers word aangeraai om hul werkstatus-opdaterings aanlyn na te gaan en op te spoor. Aansoekers wat nie die myNSFAS-portaalprofiele het nie, word aangemoedig om op die webwerf te registreer om te verseker dat hulle hul finansieringsstatus kan besigtig,” sê Carolissen.

Carolissen sê ook aansoekers wie se dokumente verkeerd of onvolledig ingevul was, is tydens die feestyd gekontak.

“Van die 473 911 geldige en voltooide aansoeke wat teen die sluitingsdatum ontvang is, kan 346 364 (73%) op dié stadium in aanmerking kom vir finansiering. Soveel as 36 865 van die aansoeke is teruggetrek terwyl 28 979 nie aan die minimum finansieringskriteria voldoen het nie. Dié aansoeke word wel hersien.”

Volgens Carolissen het die oorblywende 61 703 aansoekers aansoekdokumente van swak gehalte ingedien wat later deur die departement van binnelandse sake bekragtig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Isabella ·

En dit Word natuulik net vir seker mense gegee en ons wat tax betaal moet dit betaal dit is hoogtyd laat ons ophou tax betaal en ons geld vir one eie kids gebriuk

jennefer ·

Nee snaaks genoeg nie, in ons familie is daar 2 wat gekry het

Piet ·

Vra maar net! Ons land het ‘n groot gebrek aan skaars vaardighede. Sou daar nie gesonde verstand wees om beurse te prioritiseer daarvoor nie? Ek dink ons moet lankal verby die versadigingspunt wees vir politieke wetenskap ens.
Werklose gegradueerdes is ‘n vermorsing.
Sal dan sorg dat dié fasiliteit nie net nog ‘n trog word nie.

Kootjie ·

Nee dankie!! Geen verdeling van ons jarelange spaargeld nie!! Hulle wil he! Hulle moet spaar!! En dis klaar!!

JohanR ·

Betaal Suid-Afrikaanse belastingbetalers…..BETAAL!!! Party gebruik dit nie eers vir studie nie….gaan hou lekker oorsee vankansie, of lekker skoene, klere en horlosies. Betaal Suid-Afrikaanse belastingbetalers…..BETAAL!!! Kan iemand miskien statistieke gee van hoeveel druip deesdae hulle eerste jaar op varsity?? Seker ver oor die 30%?

Beloftes ·

Grade beteken niks as almal een het nie. Slaagvereistes maak dit vir almal moontlik om beurse te kry en grade te verwerf, maar wie gaan werk skep vir hulle?

JL ·

NSFAS is werklik een van die instansies wat NIE na velkleur kyk wanneer hulle behoeftiges help nie. ‘n Werkkollega asook vriende se kinders maak gebruik van die skema en hulle word 100% gehelp. My kind sal ook volgende jaar daar aansoek doen vir universiteits ondersteuning.

André André ·

Hehehehe …. en ek wil net geld hê om vir my en my vrou te sorg. Ons is al lank afgetree, maar ons beweeg darem nog, ook maar net.

pan ·

My kleinkind wil medies swat maar moet eers Bsc doen want daar is kwotas in werking gebaseer op velkleur,so nadat sy n jaar gemors het kan sy medies doen sodra die voorheen benaadeeldes uitval kan daar eers plek gemaak word vir die huidige benaadeeldes wat self betaal vir hulle studies.

jennefer minnaar ·

Hy kry wel krediete vir die modules. Daar val soveel uit in die eerste semester dan is daar plek

Jakes ·

Daar is reeds derduisende gegradueerdes wat sonder werk sit. Hoeveel van die plus 400,000 matrieks wat inskryf vir bevondsing om te swot sal hul eerste jaar slaag? As dit 10% is sal ek verbaas wees.

RB ·

Daar word in die artikel verskeie kere melding gemaak dat die aansoekers kwalifiseer op behoeftigheids grondslag, maar ek wil graag weet of daar ook ‘n akademiese kwalifisering is… ek neem aan hierdie is slegs vir akademiese onderrig en nie byvoorbeeld vakman opleiding nie. Word die vraag na spesifieke vaardighede (of nie) in ag geneem by oorweging van hierdie befondsing?

Honey bee ·

Wat my pla, is dat daar mense is wat n jaar of wat terug gekwalifiseer het toe hul dit nie kon bekostig het nie, maar vandag welaf is en dit nog steeds kry.

B ·

Ek stem nie saam…hulle moet die eerste jaar student d.m.v studielening skema laat studier en daarna kan vol beurse aangebied word. so baie van die studente pluk hul eerste jaar en dan is al die geld gemors en word dit ook nie terugbetaal. My dogter het me vakke wat sy gecum het eers in haar 4de jaar ‘n beurs by NSFAS gekry. intussen was daar baie van haar klasmaats wat van 1ste jaar af gekry het en toe opgeskop het of die 1ste jaar moes her.

A Mac ·

Ja, maar om te kwalifiseer vir iets en om dit deur te sien is twee verskillende dinge. Ons wil alles hê en “doen” maar dit gaan meer oor die image as oor die werk en doen na ‘n doel en eindpunt. Sal goed wees as ons statistieke kan sien van hoe die vorige gekwalifiseerdes vir hulp gevaar het. Ons is tog op die einde geregtig om te weet want dit op stuk van sake ons belastinggeld wat hulle “borg”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.