Renoster, sebra skok dood in Rietvlei-natuurreservaat

Argieffoto van ‘n renoster in die Krugerwildtuin (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die karkasse van ʼn renoster, haar kalf, en ʼn sebra is in Saterdag in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria opgespoor. Die diere het doodgeskok toe ʼn Eskom-spantoring in die park omgeslaan het.

Dana Wannenburg, burgemeesterskomiteelid vir die omgewing, het gesê die tragedie het Vrydagaand plaasgevind. Die diere is Saterdagoggend tydens ʼn roetinepatrollie gevind.

“Dit is nog nie duidelik waarom die hout spantoring omgeslaan het nie. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat een been van die tweebeenstruktuur ongeveer 1,5 m bo die grond ingestort het, en dit het veroorsaak dat die oorhoofse kabels in kontak kom met die diere wat in daardie stadium onder die spantoring gestaan het,” het Wannenburg verduidelik.

“Eskom-tegnici is reeds op die toneel om die spantoring te herstel en die oorhoofse kabel te herstel.”

Wannenburg het gesê natuurbewaringsbeamptes sal nou saam met Eskom werk om die oorsaak van die ineenstorting te bepaal en alle ander strukture sal vir foute nagegaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Strandloper ·

Dankie tog…nou weet ons waar Eskom se fout is…hul drade is net deurmekaar….

Strandloper ·

Dankie tog iemand het Eskom se probleem gevind! So hul drade was net biekie deurmekaar dws geen meer loadshedding! Dankie aan Eskom se wereld klas tegniese span jul is ons lig in die leewe.

Sarel ·

Net ‘n bietjie houtvrot. Maak dit “in no time” reg.. Die komissie is klaar daar.

Maljan ·

Houtspantoring? Hello? Wanneer laas was daardie hout behandel om die elemente te weerstaan?

Adele ·

Eskom kos ons nou al bedreigde diere!!!! As daar gereelde onderhoud gedoen was kon hierdie tragedie vermy gewees het.

Erich ·

Dit is hartseer, ek het verlede Saterdag vir daardie kleintjie gekyk hoe huppel hy, te mooi en nou is hy dood agv onbevoegde onbekwame mense. Dankie Eskom

Martin ·

Ek is onder die indruk dat die 19voertsek hout torings lankal vervang is met staal torings Hellouuuuu.

Swanna ·

Weereens onderhoudswerk wat nie uit gevoer is nie. Wag dat alles ineenstort dan wil hulle spring en regmaak. Enso gaan alles maar agteruit.

Eddie ·

Daar is teveel werkers , hulle kon nie besluit wie die onderhoud moes doen nie

sweis ·

Ek dink ou wannenburg moet hom toespits op ou karparte want duidelik kan hy en sy span nie die diere veilig hou in die reservaat nie.

WitBlits ·

Eskom bevestig net hulle posisie oor die omgewing en hulle voel in elk geval boggerol vir die natuur. Hulle kragopwekking is mos die skoonste in die wêreld?

Andre Stander ·

Daar was baie onlangs weer “beheerde veld brande” in die Rietvlei reservaat.

Hout spantoring pale het gebrand en verswak – ek hoop nie ons wonder verbaasd hoe hierdie tragedie kon gebeur nie. Uiterse Nalaatigheid!!

Dean ·

Rietvlei, hou asseblief net rooibokke aan..want dit is duidelik dat leeus, renosters en ander diere nie veilig is binne julle reservaat nie!

ZeeBee ·

Dis swak van ESKOM, maak my eintlik siek om te dink die arme diere moes hul swak werk se gevolge dra en nie hulself nie :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.