
Die polisie het aanvanklik op ‘n plaas in die Vrystaat toegeslaan en op die dwelmfabriek afgekom. (Foto: SA Polisie)
Die polisie het Donderdag toegeslaan op twee huise in die suide van Johannesburg nadat ʼn reusedwelmlaboratorium vroeër die dag in die Vrystaat ontdek is.
Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê polisielede het eerste op die laboratorium op die plaas by Lefaso, naby Phuthaditjhaba, toegeslaan. By hul aankoms het verdagtes in ʼn Toyota Fortuner laat spaander, terwyl nog een te voet gevlug het.
Die polisie het die voertuig agternagesit en ná ʼn jaagtog is dit naby Warden tot stilstand gedwing. ʼn Verdagte is hier in hegtenis geneem terwyl sy makker op die plaas ook aangekeer is.
“Die twee geboue op die plaas wat vir boerdery gebruik moes word, is pleks daarvan vir die uitsluitlike vervaardiging van mandrax-tablette gebruik,” het Naidoo gesê.
“Terwyl een gebou vir die vervaardiging van die finale produk gebruik is, is die ander gebou gebruik vir die stoor van chemikalieë en ander bestanddele wat gebruik word in die voorbereiding en mengsels vir die vervaardiging van die tablette.”
Naidoo het gesê nog spanne het kort ná die klopjag op die plaas gelyktydig op twee huise in Kiblerpark en Forest Hill, in die suide van Johannesburg, toegeslaan. “Al twee huise word verbind met die plaas nadat dwelms, chemikalieë en beduidende bedrae geld in die twee huise gekry is.

Van die dwelms waarop beslag gelê is. (Foto: SA Polisie)
“Benewens dít het al die mense wat met die plaas en die huise verbind word dieselfde van.”
Naidoo het gesê hoewel dit moeilik is om ʼn presiese waarde op ʼn dwelmfabriek te plaas, dat die geraamde waarde van die hele operasie – alle inhoud, masjinerie en chemikalieë ingesluit – sowat R100 miljoen is.
Die operasie het gespruit uit inhegtenisnemings wat vroeër in Middelburg in Mpumalanga, asook Diepkloof in Soweto, gedoen is.
Altesame 11 mense is reeds agter tralies ná verskillende operasies waarby lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, misdaadopsporingseenheid en die Valke betrokke is, het Naidoo gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
As dit op ‘n plaas is wat vir boerdery bedoel is. Dan is die Mandrax mos ‘n landbou produk.
Skitterende werk!! R100 Miljoene Se waarde – GEEN flippen borg-tog vir die skurke!!!
Uitmuntende werk aan al die lede dit is wonderlik om die goeie nuus te lees dat daar lede is wat hul sout werd is en die gemors van ons strate verwyder. Dit is nie net ‘n groot fonds nie dit is uitstekend werk baie dankie vir jul goeie diens.
As twee ouens n dief in n kis prop is hulle name die nuus vol .As n sonneblom dief selfmoord pleeg word sy twee moordenaars se name genoem.Waarom word die mense se name nie genoem nie of is hulle connected.
Help my reg as ek verkeerde afleidings maak. Ek lees van suksesverhale as die Valke betrokke is. Sou dit slegs hulle spesialisoptrede wees wat daartoe bydra of is daar wesenlike struikelblokke vir plaaslike speurders?