Reusevonds ‘ivermektien’ by lughawe

Die reusesvonds van ongeregistreerde medisyne (Foto: SAPD)

Miljoene rande se ongeregistreerde medisyne is vandeesweek by die OR Tambo-lughawe gekonfiskeer. Hoewel dit nog nie amptelik bevestig kon word nie, vermoed die polisie dat die pille wat ontdek is, die Covid-19-“wondermiddel” ivermektien is.

Dit word beskou as die grootste beslaglegging van onwettige medisyne vir die jaar.

Die ongeregistreerde medisyne, hoofsaaklik in tabletvorm, is waarskynlik vir verkoopsdoeleindes vir die behandeling van Covid-19 ingevoer.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het die tablette met ʼn markwaarde van sowat R126 miljoen tydens ʼn inspeksie van ʼn besending ontdek. Die besending was van Indië afkomstig.

“Toe die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid (Sahpra) die medisyne nagaan, het hulle gevind dat die maatskappy wat die medisyne die land ingevoer het, dit gedoen het sonder die nodige skriftelike goedkeuring en magtiging van die reguleringsowerheid,” sê Mathe.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Interpol werk saam met owerhede in Indië om die presiese afleweringsadres van die besending vas te stel.

Maroela Media het vroeër berig dat dokters nou mag voortgaan om Covid-19-pasiënte met ivermektien te behandel, mits hulle ʼn artikel 21-aansoek indien. Dokters hoef egter nie vir goedkeuring te wag voordat hulle met die behandeling begin nie.

In Januarie is sewe mense in hegtenis geneem vir die onwettige invoer van ongeregistreerde ivermektien. Een persoon is op die King Shaka-lughawe in hegtenis geneem, terwyl die ander ses op die OR Tambo-lughawe vasgetrek is.

Die sewe verdagtes is tans uit op borgtog.

“Die polisie vestig derhalwe die aandag van farmaseutiese ondernemings, insluitend gesondheidskenners, op die Wet op Medisyne wat duidelik sê dat elkeen wat medisyne na die land wil invoer, skriftelike magtiging van Sahpra moet hê.

“Daar moet ook op gelet word dat diegene wat nie die wet nakom nie, aangekeer en voor ’n geregshof gebring sal word om verantwoording te doen oor die onwettige handel en/of invoer van ongeregistreerde medisyne.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Manie ·

Konfiskeer dit en gee aan GP’s om vir mense in brandpunte te versprei. Dit kan baie lewens red!

SwartBees ·

Never….Kop doek Dlamini Zuma sal dit konfeskeer en op die swartmark smous.

Agge nee ·

Dis reg, konfiskeer dit toets dit en kyk of dit die ware Jakob is en DAN versprei dit na alle hospitale. As hierdie medikasie lankal ingebring was deur die regering, was daar nie duisende mense onnodiglik dood nie.

Anti-Verkramp ·

Kan nie keer dat jy doodgaan nie. Jy hoef net die Indiers te vra waar hierdie tablette vrylik en wettiglik beskikbaar is vir gebruik soos Disprins. Indie het die 2de hoogste Covid-sterftesyfer ter wereld.

Anti-Verkramp ·

Julle vertrou medikasie wat sommer net ingevoer word van enige plek ter wereld? Baie braaf. Maak julle kapsie teen die invoer van entstowwe wat deur die korrekte prosedure gegaan het, belaglik.

Nie Verbaas ·

Dit gaan in elk geval in een of ander regeringsamptenaar se hande beland wat dit teen reuse wins gaan verkoop.

Cecilia ·

Jip en oor 5jr dan stel d ANC n kommissie aan wat net nooit tot n punt kom om d voorval te ondrrsoek.

Marianna ·

Ons is nou die ‘puppets’ van die regering. Hulle trek ons toutjies. Jy mag nie keuses maak nie. Daardie ivermektien gaan weer verdwyn tussen die kaders en hulle families want waarheen anders? Die newe-effekte van die entstowwe word tans getoets deur die wêreld se proefkonyne en daar is mos nou miljoene. Ivermektien is al jare bekend en word gebruik deur mense. Maar jy mag nie ‘n middel invoer wat help vir die virus nie. Jy MOET ingeënt word.

Anti-Verkramp ·

Hoe lyk dit met die verslae oor die newe-effekte van die entstowwe? Daar is mos nou al miljoene der miljoene ingeent (laas toe ek gekyk het was dt al oor die 200 miljoen). Sommige lande het al in Desember verlede jaar begin inent.

Cecilia ·

Wittes gaan nie ingent word nie. Vlgns Ramaphosa so ons moet maar d onwettige medikasie neem.

Herman ·

Maar die regering voer nie goedgekeurde medisyne uit cuba in om vir weermaglede te gee…en geen haan kraai daarna…

Aai ·

Die @NC is bang die mense koop nie hulle inenting waarmee hulle miljarde gaan maak,so nou is almal anderste se medisyne onwettig.

Chrisp ·

So niemand betaal vir die inenting nie , kom sommer verniet hier aan seker deur Bill Gates geskenk? Die ANC kry dit verniet hoef nie geld te leen wat ons(belasting betaler) weer moet terug betaal nie?

Wanneer gaan “sekere” mense hulle grystof begin gebruik?
Maar nou ja solank ons glo iets is verniet sal die sosialistiese waansin voortduur.
‘Ai tog

Anti-Verkramp ·

Wie’s jou “sekere” mense? Jy hoef dit nie te koop nie, dis die punt. Miljoene dosisse gaan wel aan ontwikkelende lande (ook SA) verniet gegee word. Alles wat ingevoer word, betaal jy uiteindelik belasting op, so ek weet nie hoekom jy nou spesifiek ‘n bohaai maak oor ‘n entstof WAT NODIG IS nie.

Chrisp ·

Dankie my Anti omdat jy verstaan”alles wat ingevoer word ,betaal jy eintlik belasting op”.

En net daar gebruik jy toe die grysstof !

Tanniepetoors ·

My mediese fonds gaan ook help betaal en daarom gaan ek verseker volgende jaar ook daarvoor betaal.

Anti-Verkramp ·

Dis die minste wat jy kan doen om jou mede Suid-Afrikaners wat nie so gelukkig is soos jy om ‘n mediese fonds te he nie, te help.

Anti-Verkramp ·

Jy hoef nie dankie te se oor iets wat logies is nie. Ek wens net “sekere mense” wil ook logies dink, of hoe, crisps?

Eltan ·

There is no such thing as a free lunch…
Erens…betaal iemand vir dit…dalk nie nou nie..maar betaal sal betaal word…en dit sal die belastingbetaler wees soos gewoonlik..skrik wakker asb..

Leeuwyfie ·

Ek sukkel om te glo dat daar mense is soos jy anti. Ek dink dis nodig dat jou soort gedwing word om ander te help tot almal se geld op is. Die res van ons sal help soos ons dit goed dink. Dis my hardverdiende geld, ek moet ‘n sê hê daaroor. Ek gee alreeds die helfte van my salaris aan ‘n regering en sy mense wat my wil dood hê.

Anti-Verkramp ·

Is dit al wat jy doen? My soort? Ek verdien nie ‘n salarissie soos jy wat by iemand anders werk nie. Ek werk vir myself en neem mense in diens.

Chrisp ·

Nou daar het jy nou jouself mooi weerspreek en dit is die rede dat ek dankbaar is en dankie se want jy het nou mooi stap vir stap aan jouself verduidelik dat dit nie verniet is nie.

Eers is dit verniet,dan word alles wat ingevoer word belasting op gehef =dus nie verniet nie(presies my punt) ,ewe skielik dink jy logies en besef dit is nie verniet nie en dan hoop jy almal moet begin logies dink omrede “sekere” mense (ons eie Anti o.a.) begin logies dink.

Hierdie logiese denke is waarlik bevrydend of wat se ek alles?

Anti-Verkramp ·

Dis die probleem met julle trompoppies. Julle ignoreer die ooglopende feite en verhef dan een halwe waarheid om julle punt “onsuksesvol” te staaf. Amper soos julle held, trompie. Ek se weer – jy gaan nie (fisies) betaal wanneer jy gaan vir jou shot nie. Moenie my woorde verdraai nie. En – as jy een van die is wat ‘n entstof (een van die miljoene wat ons ook verniet gaan ontvang) kry, gaan jy nie betaal daarvoor nie, nie by die punt van inenting nie en ook nie later op die een of ander manier nie.

Chrisp ·

Almal betaal belasting Anti almal (selfs die armes in ‘n mindere mate deur BTW) ,ek hoop jy verstaan nou, niks is verniet nie.Indien nie kan jy my alle name noem soos jy goeddink dit verander nie die feit dat niks verniet is soos jy aan jouself verduidelik het wat jy blykbaar weer moet doen aangasien jy nie jou eie logika verstaan toe jy dit regkry nie.

Sterkte met die kognitiewe oefening.

Chrisp ·

Voor ek vergeet en jy bly vashaak by die punt dat ‘n sekere hoeveelheid verniet is net die volgende.
Indie jy drie produkte koop en dan een verniet kry betaal jy nog steeds .
Hoop dit is meer duidelik en jy verstaan nou.

Anti-Verkramp ·

crispies, ek moet ongelukkig met jou verskil oor die verniet entstowwe. Niemand gaan daarvoor betaal nie, nie die staat nie, nie jy nie en ook geen ander belastingbetaler nie (want dit raak nie die staatskas nie) – tensy jy natuurlik dom genoeg is om dit fisies aan te koop by iemand wat dit aan jou wil verkoop. Die oorgrootte meerderheid van die miljoene verniet entstowwe word verskaf deur die WGO wat GEEN belang het om enigsins wins daaruit te maak nie (of daarmee handel te dryf nie). Sover ek weet gaan die hele operasie gratis wees, van die verskaffing van die verniet entstowwe tot die versending daarvan na die “teiken” land.

Tanniepetoors ·

Regering keur die gebruik van Ivermectin goed met voorwaardes, maar dit mag nie ingevoer word nie? Nou hoe nou? Is iemand dom genoeg om dit oop en bloot in te voer sonder permitte?

Tjom ·

HOE ‘vermoed’ die polisie dis ivermektien? Dit staan geskryf op die boksies ☝️

Anti-Verkramp ·

Kom seker van Indie af. Dis vrylik beskikbaar daar en hulle weet teen hierdie tyd dat dit nie help dat mense doodgaan van die virus nie. So ‘n geldjie te maak van plekke wat onder ‘n wanindruk verkeer.

Francois Le Cochon ·

Anti-Verkramp, jy is doodreg. In ons moderne leeftyd met oombliklike inligting tot ons beskikking, is dit nogsteeds moontlik om geld te maak uit “there is a fool born every minute, catch him”. Onlangs nog het MTI met hierdie konsep R9 miljard uit “fools” gemaak.

Tanniepetoors ·

Wat probeer jy sê Sylvia? Moet ons tussen die lyne lees jy weet nie dat baie van die entstowwe (BCG ens.) wat ons in SA gebruik is afkomstig van Indië. Puik produkte.

JohanR ·

Ek is amper seker die Gupta’s is al weer in die agtergrond besig?

Leeuwyfie ·

Hierdie tablette het my vriendin se kroniese urticaria weg gevat. Sy gebruik nie eers een anti-alergie pil wat vir haar voorgeskryf is meer nie. Nog ‘n rede om dit hier te verkoop.

Anti-Verkramp ·

Ek het dit geneem. Het eenkeer elke maand my hare laat sny, moet dit nou tweekeer ‘n maand doen. My vrou se ook ek maak nou vreemde geluide in die nag, blykbaar soos ‘n klein hondjie wat besig is om te leer hoe om te blaf. So ek weet nie wat om van die ding te maak nie, ek dink sy verbeel haar net.

ronel ·

erm, “Reuse vonds” is twee woorde, regtig, kan ek julle moontlik verwys na ‘n goeie taalversorger Maroela ?

Elaine Krige ·

Beste Ronel,
Die skryfwyse van “reusevonds” is inderdaad korrek, gegrond op reël 15:31 soos in Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) verwoord:
“Wanneer ‘n verbinding van ‘n byvoeglike plus ‘n selfstandige naamwoord in die geheel die waarde van ‘n byvoeglike naamwoord of bywoord het, word dit vas geskryf.”
In dieselfde trant sou “gunstelingsanger” ook korrek wees.
Maroela Media se taalversorgers is van uitstaande gehalte.
Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.