RGB weier om Afrikaanse student te registreer

Du Toit Genis (Foto: Verskaf)

ʼn Sielkundestudent het met behulp van die burgerregteorganisasie AfriForum met ’n regsgeding teen die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) begin om te verseker dat sy aansoek om registrasie by dié raad oorweeg word. Tans weier die raad om die aansoek af te handel omdat sy honneursgraadsertifikaat in Afrikaans is.

Du Toit Genis (29) is tans besig met sy meestersgraad in sielkunde aan die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Ten einde sy studies te kan voltooi, moet hy by die raad as sielkunde-intern registreer. As deel van die vereistes moet hy die sertifikaat wat bevestig dat hy in 2018 ’n honneursgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal het, indien.

Genis sit nou met sy hande in die hare, want sonder die registrasie kan sy professionele loopbaan as sielkundige nie afskop nie.

Die regsproses teen die raad gaan ook tyd neem, wat beteken dat hy nie begin volgende jaar as sielkundige die privaatpraktyk kan betree nie. Dus sal hy ook sonder ʼn inkomste sit.

“Ek studeer al reeds vir tien jaar en wil die proses nou klaarmaak dat my lewe kan aangaan,” sê Genis.

Genis het in Desember verlede jaar sy honneurssertifikaat by die raad ingehandig. ’n Verteenwoordiger van die raad het hom per e-pos in kennis gestel dat die registrasieproses nie kan voortgaan nie, aangesien die sertifikaat in Afrikaans is. Sy vertoë dat sy akademiese rekords wat hy ook ingedien het, volledig in Engels beskikbaar is, het op dowe ore geval.

Genis het aanvullende uitgawes aangegaan om die sertifikaat te laat vertaal en ook ʼn amptelike brief van die universiteit gekry wat dié vertaling erken.

“Volgens die raad was dit egter steeds onvoldoende.”

Die raad se lys van vereiste dokumentasie het geen melding van die taalvoorkeur gemaak nie. “Toe ek die verteenwoordiger by die raad vra om vir my dokumentasie te stuur wat dit duidelik uitstip dat die sertifikaat in Engels moet wees, het sy geweier.”

Genis sê hy het met ʼn oudlid van die raad oor die probleem gepraat en volgens dié persoon het só iets nog nooit vantevore gebeur nie.

“Hoe ver sy kennis ook strek, kan jy ʼn sertifikaat inhandig indien dit in ʼn erkende Suid-Afrikaanse taal is. En Afrikaans ís ʼn erkende taal. In die geval waar dit nié ʼn erkende taal in die land is nie, vereis die raad slegs dat die betrokke universiteit ʼn brief van erkenning inhandig.”

Genis het AfriForum in Desember oor die saak genader en teen Januarie het ʼn regsverteenwoordiger van Hurter Spies Ingelyf aan die raad ʼn dringende skrywe gerig, maar dié het geen resultate opgelewer nie en ’n semi-dringende aansoek is nou teen die raad ingedien.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, is dit uiters diskriminerend om ’n graadsertifikaat wat in een van die land se amptelike tale is, te weier en van ’n student te verwag om uitgawes aan te gaan om dit te laat vertaal.

“Hierdie besluit raak elke student wat al ’n kwalifikasie aan ’n Afrikaanstalige instelling behaal het, of nog gaan behaal. Daarom moet sterk aksie geneem word teen hierdie burokratiese minagting en diskriminasie waaraan Genis onderwerp word,” sê Baily.

“Ons vertrou dat die saak spoedig afgehandel sal word sodat hy sy loopbaan kan voortsit en ander instellings afgeskrik word daarvan om applikante se taalregte te skend.”

Enige ander persoon wat soortgelyke diskriminasie ervaar kan AfriForum kontak by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Erika ·

Afrikaans is Altyd vir sekeres n doring in die vlees…(intussen word voorgehou daar is repek vir diversiteit van ons land se tale…

Samuel ·

Duidelike bewys dat cANCer en sy kaders openlik teen Afrikaanses diskrimineer. Hulle is ‘n wet vir hulself.

Pieter ·

Maar die afrikaans sprekende se belasting geld is goed genoeg loop voetsek man

Misky ·

Dit is nou die toppunt van diskriminasie teen ons volk en taal!!!! Dankie Afriforum, weereens is julle daar vir ons.

Hendrik ·

Regsgedinge teen die staat se resultate is baie bevrediging want die sake word gewoonlik gewen maar ongelukkig kos dit geld.

FM ·

Raak ontslae van al die negatiewe elemente.
Dis oor die hele spektrum. Elke staatsdiens, ens.
Om ‘n positiewe verskil te maak en ons mooi land weer op die wen pad te kry.
Intussen bid ons en wag gelowig, geduldig.

Toy ·

Die RGB diskrimineer, dit is sy taal as hulle dit vertaal wil he, dan kan hulle dit op hulle onkoste doen. Sies vir julle, die land is ‘n grap vir ander lande.

Mariana ·

Ongelooflik. Wat is fout met hulle by RGB, kan hulle nie lees nie of is dit dalk omdat hy wit is en Afrikaans. Hulle wil sy loopbaan kelder voor hy daarmee begin en dit is wragtig diskriminasie. Hoop Afriforum kan hom help

007 ·

Kla hulle aan van rassisme, dis niks anders as dit nie. Blade sit seker agter dit?

Danny ·

Sjoe, maar die instansies vat kanse. Afrikaans – sal voortleef danksy organisasies soos Afriforum, FAk, Solidariteit = Akademia ens. Ondersteun hulle gerus. U fondse word juis hiervoor gebruik!!! Mag reg en geregtigheid geskied vir die student en so ook talle ander!!!

Chantel ·

Dis nou pateties. Dank die sogename verteenwoordiger af! Lyk my sy soek ‘n ietsie

Swerwer ·

Belaglik verby. 99,9% van die mense praat en verstaan in elk geval Afrikaans, dit is net die ANC Kader wat weier om Afrikaans te aanvaar en tog het hul dit ook gepraat.

Pietertjie ·

Klomp skaamtelose rassiste! Hulle sal makliker ‘n vervalste Engelse sertifikaat aanvaar: hulle hét al…

Mercia ·

Hopelik eis hulle sommer ook vir finansiële vergoeding vir die tyd wat hy nie kon praktiseer of werk binne die veld van sy kwalifikasie nie. Dit sal die duurste vertaling wees wat die eng RGB nog ooit laat doen het!

Henri ·

Ek verstaan hy het ‘n probleem. Wat ek ook wil weet, is hoeveel aansoeke ontvang die RGB en hoeveel sulke probleme is daar dan elke keer? Of is dit ‘n geïsoleerde geval? Meer inligting hieroor sal baie gaaf wees.

koos ·

As ek die bobbejaan so uit die kantoorblok kyk, kan mens strakkies dink dat die RGB self mal geword het. Mal as hulle Afrikaans lees, mal as hulle Afrikaans hoor, en selfs maller as hulle ‘n witvel sien…

Madz ·

Identifiseer die “verteenwoordiger” van die raad wat Genis se aansoek geweier het en begin DAAR met die ondersoek…. ek is amper 100% seker die “verteenwoordiger” verstaan nie wat aan hom/haar gestuur is nie – ondersoek dan sy/haar kwalifikasies … en ja, ek mag nou nie sê waar EK dink dit op die NQF lê nie.

Elize ·

Siestog ja, maar vertel hierdie wesens in duidelike Afrikaans wat jy van hulle dink verstaan en praat hulle skielik Afrikaans:)

Blits ·

Almal sukkel met daardie raad. Ek sukkel al jare. Ek soek nou maar ander maniere om te doen wat ek doen. My M word nie erken nie

Zombie ·

Die hoof-uitvoerende-beampte van die RGB was gedurende 2021 geskors, hangende ondersoeke van korrupsie en bedrog teen hom. Daar was verder beweringe van bedrog en korrupsie teen nog 16 werknemers van die RGB. Wat sê dit van daardie mensies in hulle hogere posisies? Siesa.

Harley Davidson ·

Diskriminasie teen Afrikaans sprekende mense net nog een van die diskriminernde wette waarvoor ons belasting moet betaal omrede ons bang/dom is.

Jannie van Niekerk ·

Ek is seker Pansatang Liegsufi het iewers invloed op die raad…

Skappie ·

Ja, ne. Verkeerde taal en verkeerde vel kleur. Dankie Afriforum dat julle vir Afrikaans en Blankes baklei.

Johannes_64 ·

Wat sou die oorsaak wees van die probleem, dalk die een man een stem besigheid wat nou begin vrugte dra. Net vreemd dat niemand oplet niks kan geskep of onderhou word onder die stelsel nie.

Elmarie ·

Afrikaans is een van die AMPTELIKE landstale, wat is die probleem hier?

marius ·

Pak jou tas en gaan oorsee . Hier is geen toekoms in die asgat van die wereld nie .

Jenny ·

Nou wonder ek, die “Verteenwoordiger van die Raad” het hulle self al vir 10 jaar gestudeer, of kom ons mik bietjie laer .. het die persoon ooit hoërskool geslaag?

annie ·

Julle onthou mos hoeveel swart universiteite in SA was toe ons hier aangeland het? En die baie professore. Mens kon hulle omtrent onder elke boom optel. En toe kom ons en bedreig hul voortbestaan. Hoeveel swartes studeer in hul moedertaal? Elke baba word deesdae in SA gebore met daai briefie… English or else…!

Genis ·

Miskien moet Afrikaanse lerrars ook net hulle tipe begin behandel… Dit klink of die RGB n EFF besitte aliansie is…

Antoinette ·

Ek was vir baie jare by UP betrokke en sover ek weet as jy voldoen het aan al die graadvereistes, en die graad is amptelik aan jou toegeken tydens ‘n gradeplegtigheid, is daardie graad hetsy in Engels of Afrikaans wetlik aanvaarbaar.
En ja, ek het etlike vervalste matrieksertifikate en graadsertifikate in Engels teegekom. Selfs ‘n vervalste Engelse graadsertifikaat in Meganiese Ingenieurswese van ‘n persoon wat reeds 15 jaar lank as Ingenieur werksaam was. – tot hy uitgevang was. Hoe het DIT deur die sisteem geglip.

Haan ·

Du Toit se pa was een van my gunsteling onderwysers as hoërskool leerling. Sterkte man!

Meinung ·

Stel ook eise in teen die individue by die RGB in hulle persoonlike hoedanigheid.

Hercules ·

die vrou wat dit alles in die wiele ry se van is verseker Lesufi, die res wat ek graag op my hart het om te sé mag my dalk in kookwater beland
#anctsek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.