Die omstrede JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden het Vrydagoggend gesê hy gaan nié einde vandeesmaand die radiostasie verlaat nie.
Dit volg nadat Van Heerden in Julie verlede jaar aangekondig het hy gaan einde Maart die stasie as die aanbieder van die Complimentary Breakfast-program verlaat.
JacarandaFM het Vrydagoggend in ʼn verklaring gesê die stasie se programbestuurder, Gavin Meiring, het sy arm gedraai nadat hy hom gevra het om nie die leisels oor te gee nie.
“Rian was baie verbaas en huiwerig, maar het uiteindelik besluit om oproepe van luisteraars te neem sodat hulle hul sê kan sê. Hy het ʼn dag beraadslag en toe besluit hy het nog ʼn paar dinge om van sy wenslysie af te tik en gaan daarom nog ʼn rukkie langer bly,” lui die verklaring.
Meiring sê die hele JacarandaFM-stasie is verheug dat die omroeper nog nie die radiogolwe vaarwel gaan roep nie.
“Ons is baie bly oor sy besluit. Sy handelsmerk wat bestaan uit omstrede, snaakse en emosionele inhoud gemeng met goeie musiek is wat hom een van die gewildste omroepers in Gauteng maak,” het hy gesê.
Benewens dié nuus het die stasie ook aangekondig dat Kriya Gangiah voortaan op Maandae tot Vrydae tussen 19:00 en 22:00 op die lug gaan wees. Mmasea Petje gaan tussen 04:00 en 06:00 Breakfast Extra-program aanbied.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
53 Kommentare
Hiers my waarneming: so Rian se werk is soos n flikkerlig…aan…af….aan…af….aaan…af….aan. Rerig? Hoeveel publisiteit KAN een mens WIL hê? Erger as die van Jaarsvelds! Miskien moet Rian sommer saam met Bobby en Karlien sy koene gaan soek.
Kan iemand vir my se waar sou Rian gegaan het of wat sou hy gedoen het as hy bedank het?
Almal praat al lank oor sy bedanking maar niemand weet wat hy sou na dit doen nie.
Goeie More sjoe al wat ek kan se is dat ek wens dat Rian nooit weg sal gaan nie. Ek gaan hom baie mis, en glo my ek het en lag nog steeds klip hard al te lekker vir hom. Wat n merkwaardige mens. Goeie hart. En n baie mooi persoonlikheid. En die beste sin van Humor, Rian jy is skerp. En ek gaan jou verskriklik mis wanneer jy wel weg gaan.
Jammer om te hoor. Ek luister eerder na Julius Malema.
Dis so duidelik soos daglig dag die hele ding beplan is… Jakaranda en Rian dink regtig nie veel van hulle luisteraars nie.