SABC News berig dat die Tshwane-metro Saterdag met die proses begin het om die 13 oorblywende renosters in die reservaat se horings te verwyder. Kgosientso Ramokgopa, burgemeester, het gesê veiligheid in die reservaat sal ook opgeskerp word.
Die reservaat is tot verdere kennisgewing gesluit nadat twee renosters, waaronder ʼn koei wat dragtig was, Donderdag in dié reservaat gestroop is.
Edna Molewa, minister van omgewingsake, het intussen die stroop van die renosters ten sterkste veroordeel. “Ek hoop dat die skuldiges wat hierdie gruwelike misdaad gepleeg het, binnekort in hegtenis geneem sal word.”
Molewa het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om voort te gaan om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk om te verseker dat renosterstropers aan die pen ry.
Lees alle vorige berigte oor die Rietvlei-natuurreservaat op Maroela Media.
Die skuldiges, moet ook gestroop word deur kastrasie.
Net eenvoudig GEEN respek vir lewe van enige aard nie. En só n kultuur behoort volgens my nie in n samelewing waar wedersydse respek as n basiese minimum funksionering moontlik maaknie.
Die dood is te genadig wees vir stropers, vandaliste , rowers en moordenaars, uitgerekte korrektiewe aksie voor die genadeskoot sal gepas wees.