‘Rokers bestee nou geld aan ander produkte’ – Dlamini-Zuma

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag in die hof geredeneer dat verskeie hofuitsprake in die departement se guns wel voldoende bewys is dat die rookverbod rasioneel en wettig is. Haar departement voer ook aan dat die regering en algemene handelaar nie soveel geld verloor weens die verbod nie, aangesien rokers nou hul geld aan ander produkte as sigarette bestee.

Die minister se regsverteenwoordiger, adv. Andrew Breitenbach, het verwys na verskeie uitsprake deur die Gautengse hooggeregshof in die saak tussen Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) en die departement om die verbod te laat omkeer. Dlamini-Zuma staan ʼn aansoek deur British American Tobacco (Batsa) teen om die landwye rookverbod ter syde gestel te kry. Fita het nou ook by die appèlhof in Bloemfontein aansoek om verlof tot appѐl teen dié beslissing gedoen.

Alfred Cockrell SC het Woensdag namens Batsa aangevoer dat die minister nie kon bewys dat dit absoluut noodsaaklik is vir die gesondheidstelsel dat rokers ophou rook toe die verbod ingestel is nie. Dit is in reaksie hierop dat Breitenbach verwys het na die onlangse hofuitsprake, wat volgens hom die noodsaaklikheid van die verbod bewys.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Breitenbach het ook aangevoer dat die land se grootste sigaretprodusent die hof mislei het oor die omvang van die ekonomiese skade en persoonlike lyding van rokers weens die instel van die verbod. Hy het verwys na die stigtingsverklaring van Andre Joubert, uitvoerende hoof van Batsa, waarin hy gesê het 725 000 mense in die tabakbedryf sal moontlik nadelig deur die verbod geraak word.

“Dié syfer is in werklikheid minder as die helfte van wat Joubert beweer,” het Breitenbach gesê. “Joubert het by daardie getal uitgekom deur verkeerdelik dié in te sluit wat in die algehele handelsektor werk.” Hy voer aan handelaars sal nie so erg geraak word nie omdat “gehoorsame burgers” sal ophou rook en hul geld eerder aan ander huishoudelike ware in dieselfde winkels bestee. Aangesien hulle ook belasting op dié items betaal, sal die staat nie so baie inkomste aan belasting verloor nie, het hy aangevoer. Batsa beweer die regering verloor daagliks R35 miljoen in aksynsbelasting weens die verbod.

Breitenbach het teruggekap dat die newe-effekte van rook die land jaarliks R42 miljard uit die sak jaag. Hy sê ook die newewerking van die verbod op die bedryf is net tydelik, aangesien die minister die verbod “ten volle” sal ophef wanneer dit veilig is om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

tweeling ·

jy het natuurlik bewyse daarvoor, en as daar getalle is is dit heelwaarskynlik gekook soos gewoonlik.

Oomniklaassevriend ·

Stem saam. Mens kan nie die reine waarheid van koruptes verwag nie.

Anton ·

Klink vir my sy het n slegte batch van haar seun se maatskappy se sigarette gerook het.

PH ·

“Breitenbach het teruggekap dat die newe-effekte van rook die land jaarliks R42 miljard uit die sak jaag.”

Hoe weet j? Hoeveel verloor die land in aksynsbelasting, huh?

Die Wolf ·

Beskerm maar net sy paycheck. Weet dit is n pot nonsens.

Kaptein ·

Ja sy is reg. Die rokers maak nou gebruik van ander produkte. Sy en haar kopdoek bende verloor nou miljarde rande se inkomste. Miskien ook goed so.

Blikkies ·

Ek rook self nie, maar wie is sy om namens ander mense te besluit wat vir hulle goed is en wat nie?? Staak net rook in die publiek, die mense kan mos dan maar by hulle huise gaan rook….Ek verstaan nie hoe kan hulle die hele land se roker gemeenskap so gevangene hou nie, selfde met drank….Onderdrukking se ek vir julle..

lollapot ·

Klink so gerook . . . Amalgamated Tobacco is te sterk vir jou my antie!

Suzette ·

Sy sit op haar troon en het werklik geen idee nie, of het sy. Die ander produkte wat op gespandeer word, is in werklikheid onwettige sigarette en self dagga vir dié wat nou uiters desperaat is. Mense wat hul hele lewe ‘n eerlike lewe gelei het, word nou gedwing om skelm te wees. Sy speel met lewens en is uiters parmantig.

Oomniklaassevriend ·

Sy is so verward dat sy seker dink hule koop wyn

Sêmanet ·

Gelukkig rook of drink niemand in die Parlement nie. Ek wonder wat drink hulle met funksies, begrafnisse ens. Seker gebottelde water.

Roebs ·

Regtig waar kom sy daaraan??????? Mense bestee meer geld nou aan ander onwetige sigarette as enige iets anders….. Kom by…

Diklizzy ·

Absolute snert!!! Want in plaas van R40 per pakkie by ‘n handelaar, word daar nou tot R120 per pakkie by onwettige smouse betaal. Met ander woorde MINDER geld om by handelaars te spandeer!!!!!

Jessey ·

Hoe lekker lag ek nou. So haar redenasie is dat ek Coca Cola en ‘n strykyster gaan koop want ek kan nie sigarette koop nie. Vir watse vryheid het sy geveg?

Estelle ·

Ek wonder wat rook kopdoek dat sy haarself glo. Die rokers koop almal onwettige sigarette. Ek ken baie rokers en geeneen het opgehou rook nie.

Patch ·

Ek rook self nie maar al die rokers wat ek ken rook ook steeds. Ons het so ruk gelede selfs ‘n polisiebeampte (in uniform) gesien staan en rook in die publiek…nou wonder ek, is dit miskien die einste sigarette wat hullle so konviskeer?

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het paar jaar gelede opgehou rook, maar het geen problem met rokers nie. Ek bly op hoogte van die tabak aangeleentheid omdat dit vir my ‘n goeie aanduiding is van die uitkyk en empatie vir die burgery van die regerende party. Die lagwekkende argumente soos die een dat mense rookgeld nou op ander kruideniersware spandeer is twak. Die enorme bedrae wat op die swartmerk bestee word, word gerieflik vergeet. Nee wat tannie NDZ, jy het jou sokkies gerook en waarskynlik gekroek met jou somme toets in Graad 1 as ek luister na julle statistieke.

Renee ·

Sy glo net haarself want sy slaap elke aand met n’ vol maag en geen rede om bekommerd te weet waar kom haar salaris vandaan nie. Alles gaan oor magsbeheb.

Aai ·

Ek voel vir julle rokers dit is nie maklik, maar die argument bly nogsteeds dat niemand kan bewys dat rook goed is vir ‘n mens.So dit gaan oor gesondheid of sonder werk dit is hoe die staat en kopdoek dit sien.Die staat het ook nie geld om miljoene rande aan rook verwante siektes te betaal so hulle gebruik Covid om mense te kry om op te hou rook.Sterkte daar na vandag gaan Zuma Jnr se pakkies dubbel die prys wees.

Frankie ·

Met die absurde redenasie kan ons seker maar ook ophou inkomste belasting betaal aangesien ons die geld tog gaan spandeer en die staat dan BTW gaan kry. So geen verlies vir die staat.

Misky ·

Duisend “likes” vir jou kommentaar Frankie. Goeie redenasie!!!!

...M... ·

HAHAHA ja, hulle spandeer hulle geld nou net op onwettige produkte.
Wonder waar gaan hulle die miljoene se verlore belasting geld uitkrap?

Adam Adriaan ·

Ja en intussen word sy skatryk. Hoe langer dddit rokery verban word hoe ryker word sy en die Global Elite.

Spook ·

Sy droom. Maar sy is ook reg. Ons rook nou sigarette waar daar nie aksynsbelasting op gehef word nie.

Kalla ·

Hoe weet sy waarop ek my geld spandeer, haar beroep gemis moes eerder ‘n siener gewees het.

JohanR ·

Die een dink sy is God met ‘n kopdoek. Maar ek het ‘n goeie gevoel oor die saak. Die regters wat moet besluit het goeie rekords, en ek glo daar gaan ‘n wen wees vir rokers.

Judge ·

Ek sien onwettige sigarette word nou as “ander produkte” geklassifiseer.
Die ANC was nog altyd goed met ander name uitdink en skelmstreke.

ZeldA ·

Nee vrou… hul spandeer nou nog meer geld op rookgoed en koop minder goed in die winkels. So dis nie net tax op sigarette nie maar goed in die winkel ook wat jul tax verloor.

GenX ·

Nee wat. Julle sit die pot heeltemal mis. Maandelikse Dstv geld en dit wat ek in elkgeval maandeliks op sigarette spandeer het is genoeg om sigarette te koop. Met die geld wat oor was het ek by Solidariteit aangesluit. AS ek eendag wil ophou rook sal dit MY besluit wees.

Oujongvrou ·

Nee tannie seniele kopdoek, die mense het minder geld om te spandeer want hulle betaal jou nou 4 keer soveel vir sigarette. En steek mekaar nou 4 op n keer aan met die virus want nou deel hulle die duur sigaret. Maybe as jy op voetsoolvlak rondgaan sal jy dit sien.

Kobus ·

Ai tannie, ek dink daai kopdoek sny die bloed sirkulasie af wat na jou brein toe gaan.

Plaaskind ·

Haar kop woer-woer onder daardie doek. Sy dink ook dat ons ander net so dof is soos sy om sulke strooi te glow wat sy kweit raak. O genade nee, ek kan nie meer die vrou verdra nie.

Kokerboom ·

Hoe lank gaan ons nog blootsgestel word aan die absolute snert wat die kopdoek kader en haar getroue ( met belasatingbetalersgeld) meelopers aan ons ongevraagd opdis?? Ek verwerp haar redenasies met die absolute minagting wat dit verdien!

Jax ·

Ja, sy is reg maar die ander produkte is waarmee sy en haar seun mee smokkel ter verryking van hulle miljarde en, soos net die ANC weet hoe om dit te vervolmaak, die verarming en ten skade tov gesondheid van die res van die bevolking – veral die wat reeds brand-arm is. Haar zol word nou, meer as ooit, gedeel.
Net nog n minister wat te oud is om besluite vir n land te kan neem! Die regering moet ontbind word en nuwe mense moet verkies/aangestel word – mense wat werklik belangstel in hierdie Mooi land, met laer salarisse en niemand oor die normaal aanvaarbare aftree datum nie. Die spul wat ons land tans “beheer” is almal oupa’s en ouma’s en hoor by die huis!

Jaco ·

Vreemd dat dr Dlamini-Zuma se regsverteenwoordiger ‘n wit man is. Sy ras pla my nie, maar ek wonder maar net, wat dan nou van dinge soos:
-Regstellende aksie
-Black Economic Empowerment
-Transformasie van die regstelsel
-Gender equality
-Verbreking van wit mense se “oorheersing” van die ekonomie
Ek maak nié lys goed op nie. Dis ALLES gebaseer op uitsprake van dr Dlamini-Zuma se eie ANC. Dis net vreemd dat hulle nie hulle eie anti-wit beleid toepas nie.

Marius ·

Die mense koop nou meer tee , dit is baie goedkoper . Dit is nie vir drink nie maar vir rook . Ai tog .

Persheks Adri ·

Gaan sy ook vervolg word huh CR? Korrupsie en magsmisbruik! Sy maak mos lekker geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Jou redenasie is sommer crap verby en klip dom! Ek weier om haar gemors te koop en rook steeds lekker! Gaan koop vir jou ‘n ander kopdoek jy maak ons kots naar verby! Baba op die rug sindroom al WEER genade gee my krag

agnes ·

Op haar gesig kan n mens sien, dom besluit en hou geen water

MAGRIETHA ·

Ja kop doek is reg mense het hul geld op wettige sigarette bestee maar syt vergeet om te se dat mense hul geld nou op on wettige sigarette bestee , sy moet haar oe oopmaak om elke hoek en draai staan mense en rook – sy moet ook se hoe gaan sy die mense se selarisse in die tabak bedryf gaan betaal want hul ly nou honger – so rokers gee nie hul geld op ander goedere uit nie maar wel op onwettige sigarette

Emmerentia ·

Vrou jy praat so baie twak jy glo jouself. 95% van die rokers wat ek ken rook steeds. En danksy jou betaal hulle ten duurste.

Persheks Adri ·

NDZ kom ons vat “our people” se regte weg en kyk of hulle gelukkig gaan wees! Ek praat spesifiek van jou taxi’s. Jy’s te bang vir hulle ne? Jou dubbel sinnige reëls is ‘n pot snot! Moet nie ons intelligensie onderskat nie! Dagga rook is ook aanvaarbaar vir hulle en boonop wettig. Nee genade dom, dommer, domste. Red ‘n nasie met die regering

Antoinette ·

Sy praat lieg. Mense koop nou sigarette op die swartmark ten duurste.

LiveAndLetLive ·

lol
Pleks doen sy regte werk en los nou maar ons rokers uit. Ek wil nie eens meer haar gesiggie sien nie. What a joke!!

Mense spandeer duisende aan haar Zuma zolle man, hulle het nie geld om aan enigiets anders te spandeer nie.

Wondermaarnet ·

Ek sweer die doeke druk die antie se brein toe dat sy nie kan reg dink nie.

Mariana ·

Seker maar beste om niks te sê nie. Die vrou laat mens vreeslike lelik praat…….en dink.

Dolla1961 ·

Sy is die grootste rede dat die COVID19 kiem so vinnig versprei, Veral onder die armste mense. Hulle loop en stompies bymekaar maak, dan maak hulle Zolle daarvan. Rook baie verskillende mense se gebruikte tabak op een slag. Wat moet die arme mense anders doen? Hulle kan nie die pryse van die sigarette huidiglik betaal nie. Die madam sit op haar troon en het geen idee wat in die regte wereld aangaan nie.

Niklaas ·

Ai ag neewat Kopdoek tante , hoe kan mens jou respekteer as jy so vlak-inni-dak voorkom met stellings wat heeltemal en totaal belaglik is. Ek het kinders , bure en vriende wat rook en almal hou steeds net so aan , maar betaal nou net baie duurder vir rookgoed en derhalwe word minder bestee aan ander items in die winkels. Ek kan skaars glo wat sy hier kwytraak .

LekkerOuJan ·

In die sirkel wat ek beweeg het nie een roker opgehou nie, inteendeel daar het twee nuwe rokers bygekom. Haar feite is gebasseer op wind.

Adele ·

Ja, rokers spandeer hulle geld nou op ander produkte…………………………….haar seun se produkte.

Inkpot ·

Omw!! Hoe oud is die ou antie al?
LOL!
Dalk rook sy iets om so ń redenasie aan te voer:-)

Melanie ·

Minister van Samewerkende regering ?? Saam wie werk sy?? o ja natuurlik!! hulle almal werk mos saam…. teen ons…

Inkpot ·

Almal werk saam met haar.
Wonder wat voer sy die mense dat hulle so na haar pype dans.

Sarah ·

Kan ek haar net in lewende lywe raak loop?? Waar kry sy haar feite?
Ek ken baie rokers, en amper 90% van hulle rook nogsteeds en gebruik nou eerder hulle kruideniersware se geld om sigarette te koop. Nee wat tannie, jy moet ophou twak praat.

SWAREB1962 ·

Sy is reg, mense spandeer nou hul geld aan ander dinge wat n groter negatiewe impak op mense het.
Homebrew drank, onwettige sigarette wat ten duurste verkoop word.
Pleks spandeer sy meer tyd aan die Munisipaliteite wat tot niet is!!
My 5c.

Riaan ·

Die regering se argument sal slegs sin maak indien ander lande dieselfde gedoen het (veral Afrika lande). Maar om die enigste land ter wereld te wees met ‘n rook verbod, erodeer die argument in totaliteit, en dit skep die indruk dat die howe nie meer onpartydig is nie, soos in die geval met die FITA saak. Indien BATSA ook hulle saak verloor kan daar met reg gevra word tot watter mate gewone logika nog bestaan in die wetboek.

henndrik ·

Ek ken baie rokers en van hulle het slegs een ophou rook, al die ander koop nou swartmark so haar redenasie dra nie water nie.

Rhona ·

Hoe weet sy geld word aan iets anders bestee? Sy praat snert. Ek spandeer net meer aan agterstraat sigarette. Ek rook 50 jaar en my kardioloog het gesê dit sal fataal wees om op te hou. Ek dis my demokratiese reg om te besluit wat ek met my lewe doen. Nie hare nie. Kry ek longkanker gaan ek haar en die regering uit hulle skoene sue dan sal my kinders ten minste hopelik kan oorleef.

Johan D ·

Dit is seker die onnoselste en simpelste redenasie sonder bewyse!

Wonder ·

Ek kon nie anders as om te begin lag nie, wat n sirkus… Hulle breek hulle koppe oor sigarette, los ons dat ons kan rustig wees met n sigarette om ons humeure vir die regering te kan kalmeer, hulle worry te veel oor die klein dinge soos ook een voorbeeld, my man was amper gearresteer oor swartsakke, is tyd dat daar GEDINK moet word, daar is groter dinge aan die gang…

Persheks Adri ·

Julle moet gaan kyk ons mag dagga rook die vertraagde regering!

marius ·

Hoe is dit moontlik dat so iemand op die gemeenskap losgelaat kan word ?

Elsa ·

Die mnr Breitenbach weet duidelik nie waarvan hy praaat nie. Geen roker wat ek ken het opgehou rook nie. Almal koop steeds onwettige sigarette.

Vrijburger ·

Ai Sarafina?!
Gegewe jou argumente in die hof, verduidelik asb hoe jou ANC-regime se “Cannabis for Private Use Bill” dan die Woensdag deur die kabinet goed gekeur is?

Annalie ·

Regtig ???? Sy leef in `n droomwêreld. Grootste klomp onsin ooit

Pieter ·

Go tannie met die kopdoek!!! Verban die twakkies asb nou permanent!!!

Alleen Wolf ·

Sy droom van pikkewyn eiers wat pik op Robbin Eiland, domste mens wat ek van weet, gaan my verstand te bowe dat sy glo ‘n mediese dokter is, ek wonder hoeveel het die graad gekos op die swart mark

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.