Rower doodgeskiet wat by polisiebeampte inbreek

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Vermeende huisbreker het oënskynlik die verkeerde huis gekies om by in te breek en is doodgeskiet nadat die polisiebeampte op wie se huis hy en ʼn makker glo toegeslaan het, hulle daar betrap het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê die polisie is Dinsdag omstreeks 02:00 na die huis in Paperstraat in Heidedal by Bloemfontein ontbied. Een van die verdagtes (26) is met ʼn koeëlwond aan die bors aangetref en is op die toneel dood verklaar.

Die ander verdagte, ʼn 30-jarige man, is in die bene geskiet en na die Pelonomi-hospitaal vir behandeling geneem. Hy is in hegtenis geneem nadat hy ontslaan is.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die twee verdagtes geskiet is nadat hulle by die polisiebeampte se huis ingebreek het. ʼn Plasma-TV wat aan die beampte behoort, het op die grond gelê,” het Makhele gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op die voertuig wat die verdagtes gebruik het. Dit het nie ʼn lisensieskyf of nommerplate gehad nie, maar daar is vasgestel dat dit aan die vriendin van een van die verdagtes behoort.

Die polisie se onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal die skietery ondersoek.

Klagte van moord, poging tot moord en huisroof is by die Heidedal-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die verdagte verskyn binnekort in die Bloemfontein-landdroshof op ʼn aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Coenraad ·

Hy mag ongelukkig nie geskiet het nie, tensy sy lewe in gevaar was. Ongelukkig gaan die polieman nou agter tralies moet sit. Dit is sleg hoe die land se regstelsel werk.

Maria ·

Sy lewe was in gevaar. Hulle val jou aan, bind jou vas, dit is dan tiekets. = voor dit, beskerm jouself liewer

Haan ·

Sjoh dankie vir die gevolgtrekking Coenraad. Laat weet die hof net vroegtydig dan spaar jy hulle die moeite.

Derek ·

Dit is goed, as die SAPD lid nie gewapen was nie sou hy seker ook net nog n nommer by n lykshuis wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.