‘Rowers’ met speelgoedwapen beroof man van duisende

(Foto: SA Police Service/Twitter)

Twee mans is agter tralies nadat hulle ʼn man in die Johannesburgse middestad met ʼn speelgoedwapen beroof het.

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die mans, onderskeidelik 21 en 32 jaar oud, het die slagoffer Saterdag omstreeks 12:00 op die hoek van Simmonds- en Gwigwi Mrwebistraat in die middestad voorgekeer.

Mbele het gesê een van die rowers het die slagoffer met ʼn wapen gedreig, terwyl sy makker die man deursoek het. “Hulle het ʼn selfoon en R5 000 uit sy sak gevat.”

Mbele het gesê die vermeende rowers het op die vlug geslaan, maar is kort daarna in hegtenis geneem. Die selfoon, kontant en ʼn speelgoedvuurwapen is by hulle gevind.

Die twee verskyn later in die Johannesburgse landdroshof op aanklag van gewapende roof, die besit van gesteelde goedere, asook die besit van ʼn gevaarlike wapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gaitsigubib ·

Ek het die buurman se seun ook met n plastic revolver ontvoer toe ons kinders was. Ek was n recce wat “antwoorde” by hom gesoek het. Ek dink my bas brand nou nog so bietjie. Ek probeer die details te vergeet!

Dan ·

Bewys.. wapens maak mense dood, nie mense met wapens nie.. Lag ek nou lekker.. gevaarlike speelgoedwapen mind you..

Lolla ·

Ai nee nou het ek al alles gesien. Besit van ‘n gevaarlike wapen ….hahahahahah

domkop ·

Nou weet ek nie? Ek besef met motorongelukke word byvoorbeeld ‘n saak van manslag oopgemaak al is die enigste party oorlede – word gedoen want die SAP moet die saak ondersoek. Maar hier word die “klaarblyklike” skuldiges gevang, die berig lees hulle het die persoon met ‘n speelgoedgeweer gedreig en die aanklag is onder andere besit van ‘n gevaarlike wapen. Kan iemand dit verduidelik asb? Die klag van gewapende roof kan ek nog verstaan.

Hasie ·

Die rowers was seker verras toe hulle ‘n ou beroof en so baie geld by hom kry. Of het hulle geweet hy het baie geld by hom. Watse mens loop met so baie geld is sy sak en dit nogal in die middestad van Jhburg?

Christa ·

Dit verklaar hoekom so Baie polisiewapens weg raak. Hulle dink dis speelgoed. Bring tog ASB almal se plastiek wapens vir die polisie, hulle skiet Mos elkgeval om nie dood te skiet nie

George in Bloem ·

Alles “fun & games” seker vir die twee “heroes” tot die twee idiote ‘n ou met ‘n regte wapen roof en hy stuur hulle altwee die ewigheid in. En dan?

Lourens ·

Ek stem saam dat dit “roof met gevaarlike wapen” geklassifiseer is.
Vir die man wat geroof is hét hy gedink dit is ‘n gevaarlike wapen. Hulle intensies was dat hy dink dit is ‘n gevaarlike wapen. (Jy sou ook so dink)
So, die aanklag is 100% reg. Die straf moet dit ook só wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.