Twee vermeende rowers is Donderdagmiddag dood en twee ander beseer toe die wegkommotor waarmee hulle van die toneel van ʼn gewapende roof gevlug het, omgeslaan het.
Kapt. Teboho Lephoto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 13:00 in Unionlaan in Vereeniging plaasgevind.
Volgens Lephoto het ʼn man ʼn motorhandelaar besoek, op ʼn sekere motor besluit en toe na ʼn plaaslike bank gegaan om sowat R57 000 te onttrek om die motor mee te koop.
“Toe hy teruggaan na die motorhandelaar het drie gewapende mans daar ingestorm en vuurwapens op hulle gerig. Hulle het die man van R57 000 beroof, asook sowat R7 000 by die eienaar geroof,” het Lephoto gesê.
Volgens hom het ʼn ooggetuie gesien wat aan die gebeur is en alarm gemaak. “Die mans het na hul wegkommotor, ʼn Mazda 6, gehardloop waar ʼn bestuurder reeds gewag het en daarna weggejaag,” het Lephoto gesê.
Die rowers het volgens hom byna tot in die Vrystaat gevorder toe hulle beheer oor die motor verloor en die voertuig in bosse tot stilstand gekom het.
Maroela Media het vroeër berig Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die voertuig ʼn ent weg van die pad af op sy dak aangetref.
Twee van die vermeende rowers se liggame het vasgekeer onder die motor gelê. Volgens Lephoto is hulle op slag dood.
Twee ander vermeende rowers is ook op die toneel ondersoek; een het slegs geringe beserings opgedoen terwyl die ander een kritiek beseer was.
Die mans is op die toneel behandel. Die kritiek beseerde man is per mediese helikopter na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. Die gering beseerde man is per ambulans na ʼn hospitaal vervoer waar hy tans onder polisiebewaking behandel word.
Lephoto het gesê die polisie in Gauteng ondersoek ʼn saak van gewapende roof met verswarende omstandighede en die polisie in die Vrystaat ʼn saak van strafbare manslag. “Die sake sal later saamgevoeg word.”
Hoekom hulle behandel, hulle sal dit weer doen en dit klink vir my hy is van die bank agtervolg.
En is die kontant terug gevind? Indien so, hoeveel van dit?
Hoekom word n rower met n helikopter na n hospitaal vervoer.Wie betaal vir daardie koste?
Goeie vraag. Hy het 10/1 geen mediese fonds nie, maar ek en die meeste wat mediese fondse het en maandeliks hoë premies daarop betaal, het nie daardie voorreg nie. Boonop is hy ‘n krimineel. Nou waarom hierdie buitengewone behandeling? Gaan die staat nou ook gratis hoë-graad berading aan die slagoffers verskaf?
Nee is mos deesdae aanvaarbaar om selfone in die bank te gebruik,sodoende word inligting na buite gestuur.
Dis darem wonderlik om ‘n krimineel te wees in hierdie land! Die voorregte is onbeperk.
Dit slaan mens dronk hoekom “rower” in aanhanlingsteken is. Hy is en was ‘n rower wat anders? Waar is die eienaar se geld dit moes tog sekerlik in die motor gewees het.
Kom neer op interne inligting en hul verdien wat hul toekom. Rig van vuurwapen om te roof is ook poging tot moord, want as daar enige verset is of weiering van geld oorhandig tydens roof sal hierdie misdadigers nie skroom om te skiet nie.
hulle moet weer die tronkbewoners in die dorpe laat werk wat so agteruit gegaan het met ‘n wag wat hulle oppas. gan gaan die tronke leegloop want hulle wil mos nie werk nie!