Rowers wat Sassa-geld steel, uiteindelik gestraf

(Argieffoto)

Drie mans is in ʼn hof in Khayelitsha in die Wes-Kaap twaalf jaar tronkstraf elk opgelê vir ʼn transitorooftog wat in 2013 plaasgevind het. Hulle het ʼn onbekende bedrag gebuit toe hulle op die transitovoertuig toegeslaan het.

Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê ʼn groep mans het op 16 Mei 2013 gewapende Fidelity-wagte oorval. “Die wagte was verantwoordelik vir Sassa-betalings by ʼn gemeenskapsaal in Nyanga. Die rowers het die veiligheidswagte se vuurwapens afgeneem en ʼn onbekende bedrag geld gebuit.”

Die gewapende rowers het met ʼn Volkswagen Golf en ʼn onbekende voertuig gevlug. “Die polisie het hulle agternagesit en sommige van die verdagtes het die VW Golf verlate gelaat en ʼn skool se minibus gekaap. Die polisie het die jaagtog voortgesit.”

ʼn Skietery het tussen die rowers en die polisie gevolg en vyf verdagtes is in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is dood terwyl hy op borgtog vrygelaat is en een van die verdagtes is vrygespreek.

“Die span het die gesteelde VW Golf en die minibus tydens die inhegtenisneming geskut.”

Siyanda Xawuka (34), Dumisani Ngudle (39) en Yongama Ndolombo (35) is nie borgtog toegestaan ná hul inhegtenisneming nie. Hulle is skuldig bevind en Maandag gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

quartus ·

Ons regpleging is in ernstige moeilikheid. 9 jaar geneem om n relatief eenvoudige saak af te handel ??

Di ·

Stem saam, dis skokkend hoe lank sake vat in die land. Seker oor die meerderheid in die land kriminele is, te veel sake!!

Johan ·

“Roof”, om iets te vat vir geen arbeid gedoen…klink maar soos SASSA self ook.

Pannies ·

Is die geld terug gevind na die jaagtog en inhegtenisnames of is dit die belastingbetaler se verlies?

Frederik C ·

Wel, hulle was 9 jaar verhoorafwagtend. Seker nou vry.

Danie ·

Eers gelos om die geld te geniet en n paar eiendomme te bekom op anna se naam.Die hantering van sulke sake is pateties en teen n slakkepas.

Gerhardus ·

12 jaar vir “aanklag van roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.”? Wat ‘n grap!? Hoeveel wagte is al vermoor gedurende C.I.T. rooftog? Die straf is veronderstel om as afskrikmiddel te dien. 25 jaar, sonder die kans vir parool, sou méér gepas wees.

Nicholaas ·

12 jaar gevangenis straf dink ek is hopeloos te min, hul gaan seker nie eers 8 jaar sit en gegewe hul ouderdom is hul nog weer reg om voort te gaan met hul krimenele leefstyl.

Nico ·

Dit is hoe die howe te werk gaan, kry 12 jaar gevangennis straf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.