Rustenburg-sakeman: Uitspraak op borgtog dán verwag

Sibongiseni Ngubane (Foto: NVG)

Die Rustenburgse landdroshof het die saak teen Sibongiseni Ngubane (33) tot Dinsdag uitgestel vir uitspraak oor sy aansoek om weer vir borgtog aansoek te doen. Ngubane word aangekla van die moord op die Rustenburgse sakeman Ben Gumbi.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), meen Ngubane se regsverteenwoordiger hulle het geen vooraf inligting tot beskikking gehad oor die getuienis wat die staat sou aanbied om sy kliënt se aansoek teen te staan nie.

“Die staat het Ngubane se borgtogaansoek teengestaan en aangedui dat hulle genoeg tyd gehad het om betrokke te raak by die getuienis wat deur die ondersoekbeampte tydens sy getuienis aangebied is. Die staat het verder aangevoer dat Ngubane se regsverteenwoordiger ʼn beëdigde verklaring in die hof gelees het met redes waarom borgtog aan hom toegestaan moet word,” sê Mamothame.

Maroela Media het vroeër berig die staat het die toestaan van borgtog ten sterkste teengestaan en verskeie redes in die hof aangevoer waarom die borgtogaansoek van die hand gewys moet word.

Ngubane is op 12 September in hegtenis geneem nadat hy in die hof in Germiston verskyn het waar ʼn afsonderlike klag van gewapende roof hom in die gesig staar en hy op borgtog van R3 000 vrygelaat is. Hy het ook ʼn hangende saak teen hom vir die besit van ʼn vuurwapen en ammunisie in Alberton. Daar is borgtog van R1 000 aan hom in die saak toegestaan.

Volgens Mamothame word nog drie verdagtes gesoek in verband met die moord op Gumbi.

Gumbi, ʼn bekende sakeman in Rustenburg, is verlede maand deur twee mans buite Plato Coffee in Kockstraat doodgeskiet. Gumbi het pas by die koffiewinkel aangekom toe die verdagtes toegeslaan het.

Die verdagtes het van die toneel gevlug, maar hul motor is later verlate op die hoek van Helen Joseph- en Louriestraat gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Casper ·

Geen rede vir borgtog nie.Hy is twee keer vantevore borg toegestaan en toe gaan pleeg hy moord.Daar is geen buitengewone omstandighede aangevoer wat borg regverdig nie.

Anel ·

Tereyl hy op borg was, vir ‘n belaglike bedrag, gaan hy voort met sy misdade. Sluit hom toe en gooi weg die sleutel. Het die slagoffers kans had om borg te kry?

Roek ·

Ai hulle gee borgtog soos lekkers uit , in my dae as jy op borgtog was en jy trap net effens skeef word jou borg verbeurt verklaar en gaan jy in tot jy klaar is met die saak , lyk vir my die ou werk aan ‘n CV !!

Ronél ·

“Sluit toe en gooi die sleutels weg” is al so ‘n afgesaagde opmerking.

MJLS ·

Hoekom kry moordenaars en verkragtes borgtog as hulle hul slagoffers se reg op lewe.ontneem?

Wondermaarnet ·

Hoe arrogant kan hy wees om vir borg te wil aansoek doen? Die hof behoort die aansoek nie eers te oorweeg nie.

Mrs H ·

Hoekom die maskertjie oor die gesig dra – die ou is dan kastig so braaf met al sy optredes. Wees nou braaf om die gesig te wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.