SA begin aan internasionale strafhof onttrek

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale verhoudings en samewerking. Foto: Flickr/GovernmentZA

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale verhoudings en samewerking. Foto: Flickr/GovernmentZA

Suid-Afrika het die proses begin om van die Internasionale Strafhof te onttrek.

ʼn Dispuut het verlede jaar onstaan oor ʼn besoek van die Soedannese president, Omar al-Basjir, wat deur die hof van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord aangekla word.

Suid-Afrika se besluit kom nadat nog ʼn Afrika-land, Burundi, vandeesweek wetgewing onderteken het om die eerste lidland te wees wat van die Strafhof onttrek. Dit het kommer laat ontstaan dat lande nou uiteindelik begin optree na jare se dreigemente dat hulle die hof gaan verlaat weens die persepsie dat Afrikalande buitensporig geteiken word.

Dewa Mavhinga, ʼn senior navorser by Human Rights Watch se Afrika-afdeling, het gesê dit is belangrik vir Suid-Afrika en die hele kontinent om nie oorhaastig op te tree nie. “Vrae onstaan of die regering binne sy eie wette optree deur die hof te verlaat,” het Mavhinga gesê.

The Associated Press het ʼn afskrif bekom van Suid-Afrika se kennisgewing van onttrekking, wat Woensdag deur Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, onderteken is.

Suid-Afrika voer aan “sy verpligtinge in terme van die vreedsame oplossing van konflikte stem nie ooreen met die interpretasie van die Internasionale Strafhof en die verpligtinge vervat in die Roomse Verdrag” wat deur die hof gevestig is nie. Volgens die Roomse Verdrag is Suid-Afrika, as ʼn lid van die Internasionale Strafhof, verplig om enigiemand in hegtenis te neem wat deur die Strafhof gesoek word.

Die aanklagte teen al-Basjir hou verband met oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Soedan se westelike Darfoer-gebied. Volgens die Verenigde Nasies (VN) is 300 000 mense tydens die konflik dood en 2,7 miljoen moes uit hul huise vlug. Twee lasbriewe vir al-Basjir se inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik.

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Al-Basjir het in Junie 2015 die Afrika-Unie se beraad in Johannesburg bygewoon, toe die Suider Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) ʼn hofaansoek gebring het om al-Basjir in hegtenis te laat neem op grond van die Internasionale Strafhof se lasbrief vir sy arrestasie. Die regering het hom egter nie in hegtenis geneem nie en ʼn hof het hom opdrag gegee om in die land te bly totdat oor sy inhegtenisneming besluit kan word. Nadat die hof beveel het al-Basjir moet in hegtenis geneem word, is vasgestel hy het reeds die land verlaat.

Die appèlhof het later die Suid-Afrikaanse regering se versuim om al-Basjir in hegtenis te neem as “skandelike gedrag” beskryf. Die Suid-Afrikaanse regering het einde Junie 2015 gesê hy sal oorweeg om hom van die internasionale strafhof te onttrek as ʼn “laaste opsie” oor die al-Basjir dispuut.

Burundi se president, Pierre Nkurunziza, het Dinsdag wetgewing onderteken om van die internasionale strafhof te onttrek. Geen land het al ooit van die internasionale strafhof onttrek nie. Die hof is op die been gebring om sake van volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom te vervolg.

Volgens Suid-Afrika se kennisgewing aan die hof sal sy onttrekking in werking tree ʼn jaar nadat die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, amptelik in kennis gestel is.

Lees hier wat Suid-Afrika se onttrekking aan die internasionale strafhof beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Kobus ·

Sodanige besluit moet mos deur die kabinet goedgekeur word?

jakes ·

Dus kan al wat n krimineel is in Suid Afrika kom bly en kom en gaan. Maar die mos Demokrasie volgens Zuma se ertjie. Net soos die kriminele studente leier wat kwansuis 13 keer geskiet is .siestog so onskuldig maar sy mag petrolbomme gooi en geweld aanhits oeps ek vegeet dis mos demokrasie.So as ek iemand n klap gee omdat ek van hom verskil of sy huis afbrand mag niemand aan my iets doen nie want volgens Zum is dit demo krasie. Nou soek ek n miljoen by die regering want dit is democracy.So klim uit die internatinale hof dan kan ons mal gaan en doen wat ons wil ,ons is above the Law of hoe Zum dis mos democracy.

TDW ·

Nou kan mense wat soos Hitler is vrylik kom kuier hier in SA. Ons deur is wawyd oop! Sjoe maar die regering is gasvry!

Wicus Jansen Van Vuuren. ·

Dis net nog ‘n stap va’n swak regering om straf te ontduik as hulle Afrikaners begin teiken. Kan dit nou verder vat sonder om bekommerd te wees oor dat hulle vervolg kan word.

Bob ·

Dit is vir my jammer maar ook verstaanbaar. Soos ek die internasionale nuus dophou is die Internasionale Hof deesdae ‘n sirkus. Amerika/EU veroorsaak burger oorloë en rebellies in die Midde-ooste en Afrika of val hulle selfs in, maar niemand word verantwoordelik gehou nie.

Piet Pompies ·

Dit is slegte nuus omdat regeringsbeamptes wat misdaad pleeg teenoor lands burgers nie meer meer in die Internasionale strafhof vervolg kan word nie.
Belangrik is dat as enige ander daaropvolgende regering weer aansluit by die Internasionale strafhof geld die reels weer.
Die lang arm van die gereg gaan jou kry, een of ander tyd.

lynette ·

Soos ek dit verstaan, is dit maar net dat hulle nie meer voorgeskryf kan word om hul vriende te arressteer nie en hulle kan ook nie self gearressteer word weens die volksmoord wat reeds sedert ’94 hier toegelaat word nie.

Lance ·

So inbeginsel keur die staat/ anc die oorlogsmisdade dan goed deur te onttrek …

Gerhardt O ·

Hoe bitter ironies dat die ANC hulle self internasionaal begin isoleer. Die wiel draai en hulle sg “morele hoë grond” is nou ‘n sinkgat. Al hierdie dinge dui op dat hulle mag gaan verloor of ten minste die Afrikaner se volkstaat legimiteer.

Soo gese ·

Ek sal nie verbaas weer as die rand nie nog verder gaan val nie. Hallo Zimbabwe

Rynhardt ·

Maite Mashabane en Anc se onttrekking aan internasionale strafhof maak van SA n groter boewe-staat.Alle massamoordenaars en diktators in wereld het nou n veilige tuiste in SA! SA sak net dieper weg in die moeras van boosheid!

Skokkend ·

Janee, dit is om die land net nog meer wetteloos te maak, en te keer dat enige ander land of hof enige sê op hulle gaan hê. Banana Republic, hier kom ons. Alle vorme van ordentlikheid en “kolonisasie’ moet uitgewis word, maar die luukse goed van die ‘colonialists’ moet asb net bly.

Gert ·

As hulle net wil se dit is n volksmoord ,hulle moet outhou daar is twee kante van wat hulle nou doen ,ons is nog die mense wat die ekonimie beheur so ,kom wat moet dit bly my land

marie visser ·

Dis ‘n lisensie vir Zuma en sy ‘kadawers’ om mense by te kom wat nie soos hy dink en doen nie. Patetiese regering!

Johan ·

Natuurlik word Afrikalande geteiken want die kultuur in afrika is om te verwoes en dood te maak…..en al wat skelm is te huisves…….

hoe nou ·

Al wat nou nog kort is dat dit nie meer nodig is vir ‘n visum en paspoort om SA te besoek. Nou word ons Donker Afrika.

henk ·

ons bly in ‘n wettelose piesangrepubliek waar kriminele lei en seevier

piet ·

Henk jy is so reg. Ek wonder of ons dit sal kan stop op n manier. Wat se die geleerdes?

Volkstaatsoek ·

Ons moet ook dringend nou met die proses begin vir n volkstaat, want hier kom groot moeilikheid.

Net die Waarheid ·

……..begin van “decolonised” regstelsel?……

Johan Bester ·

Dit is maar net nog ‘n bewys hoe Zum(babwe) en kie weereens probeer om nie pa te staan vir hul onwettige optrede nie. Van A tot Z is Zuma en sy “comrades” besig om te “hardloop”. Die bewyse kom al meer na vore. Mag ek op my ouderdom die ” GROOT VAL” beleef.

Aloys ·

Hoekom mag SA niet uittree nie en is die NAVO en USA vry om in andere lande in te gryp met honderdduisende dode as gevolg daarvan. Ook ons Nederland waar die Strafhof is gevestig is mede verantwoordelik. En die USA het homself bo die Strafhof gestel en is onskenbaar.

pieterdp ·

Wat is die inplikasie van so n stap vir my en jou as burgers van die land. Hoe raak die besluit van die ANC regering ons en die bevolking van van SA.

Sal iemand ons beter in lug. Wand die kenis wat ek het sal dit neer kom dat die ANC dan masa moord kan pleeg en niemand sal hul aan vat nie. Dis het die lands burgers geen beskerimming nie.

Paul Fouché ·

Menss kan nie dit verdedig nie, maar SA regering het punt beet. USA en UK Bush en Blair het 100 000’e mense se dood veroorsaak met WMD en geen is in Irak gevind nie. Het Libië help aanval en ISIS is gebore, hulle help Sirië en die mense vaar Europa binne en vermoor Europeërs. Hoekom word net Afrika en Midde Ooste leiers aangekla waar Bush en Blair net so skuldig is dit is nie regverdig nie en is skeinheilig. Almal moet gelyk behandel word. George Orwell sê “all animals are equal, but some animals are more equell than others” Stem nie saam met “eerste wêreld” wat self besluit (kies) wie MOET vervolg word nie.

Paul Fouché ·

Jammer Sirië rebelle word deur Amerika ondersteun en veroorsaak destabilasie in streek. Met baie negatiewe gevolge. CIA het Bin Laden opgelei en hy het aanvalle teen Amerika uitgevoer. Dit is net snaaks hoe reëls nie vir eerste wêreld lande geld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.