‘SA bloei weens misdaad’

(Argieffoto: SA Polisie)

Suid-Afrika bloei en dit lyk nie of die land se regering of polisiediens die wil óf die vermoë het om dit stop te sit nie.

Dít is die reaksie van TLU SA op die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke wat Vrydag deur genl. Bheki Cele, minister van polisie, bekend gemaak is.

“Dit is skrikwekkend hoe die syfers aanhou styg. Die regering van ʼn land het primêr twee verantwoordelikhede. Eerstens moet hy na die veiligheid van die land se inwoners kyk en tweedens ook die klimaat vir ekonomiese groei met sy beleidsomgewing skep. Dit is duidelik dat die regering faal,” het Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, gesê.

“Ons het nie meer ʼn goed opgeleide en gerespekteerde polisiediens nie. En dit lyk of die regering nie die nood vir een besef nie. Die syfers is skokkend, ontstellend en absoluut onaanvaarbaar.”

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, het gesê dit is tyd dat polisielede ook begin verantwoordelikheid aanvaar om hul werk deeglik te doen.

“Misdaad is buite beheer. Hier is die bewyse. Al hoe meer word dit van die individu verwag om sy eie veiligheid te verseker. En dit is nie die man en vrou op straat se plig nie. Die regering verplaas sy verantwoordelikheid. Nou raak dit buurt- en plaaswagte se plig.”

Henk van de Graaf, TLU SA se noordelike streekvoorsitter, het gesê dit word daagliks net duideliker dat grootskaalse veranderinge nodig is om ʼn oplossing vir die land se misdaadprobleem te vind. “Die werklikheid is dat elke inwoner die gevaar loop om deel van die misdaadstatistieke te word. Ons land bloei en die regering kyk toe.”

Die amptelike moordsyfer het met 22% gestyg nadat 6 083 mense tussen Januarie en Maart vermoor is. Dít kom neer op meer as 67 moorde per dag.

Altesame 12 mense is tydens die eerste drie maande van vanjaar op ʼn plaas in Suid-Afrika vermoor. Dit is dubbel soveel plaasmoorde vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2020.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louis ·

Solank as wat die ANC aan bewind is sal daar nooit n sterk polisie diens of n behoorlike weermag wees nie.
Kyk maar net na die geskiedenis van Afrika. Magsoorname word gewoonlik deur of die weermag of die polisie van die betrokke land uitgevoer.
So ons sal maar na onsself moet omsien want die regering gaan beslis nie toelaat dat die weermag of polisie behoorlik versterk nie.
Hulle skep ook groot en op enige manier moontlik want hulle is bewus dat hulle dae aan bewind byna verstreke is. Hetsy met geweld of by die stembus.

Nico ·

Al oplossing is, die Boerevolk moet terug keer na God die Vader toe, wegbreek van hulle/ons sondige lewe, dit het ook tyd geword dat die louwarm predikers die waarheid moet verkondig. Die land Suid Afrika wat die boerevolk van God ontvang is, is op ‘n skinkbord weg gegee, nou wil die Boerevolk kla en kerm, lees 2 Kron. 7:14 wat sê” As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees”, hier is die oplossing vir die Boerevolk se probleme. Word wakker Boerevolk en doen wat God vra.

Retha ·

Christene het ingegee tot al die onheilige dinge, toe hul ingestem het dat die Sabbat ontheilig mag word en die geld mammon die land oorgeneem het. Nou wonder almal vandag hoekom God al hierdie dinge toelaat, maar Hy laat ons net die duiwelse invloed sien. Die dag toe sport op Sabbatdag toegelaat is, winkeldeure elke Christelike dag as besigheidsdag wawyd oopstaan, geen begrip vir hul werknemers wat ook die dag saam met geliefdes wil deurbring nie. Daar is die Moslems anders, Vrydae gaan hul mense na die Moskee om te bid, winkeleienaars laat dit toe sonder om te skroom, ek weet want ek het by ‘n besigheid gewerk waar Moslem deel van personeel gewees het en hy is Vrydae toegelaat om te gaan vir sy diens by Moskee. As ons eers Kerkdiens toe wou gaan met voorraadopname tyd, is baie lekker gesê, dan hoef jy nie terug te kom vir die werk nie, daar baie ander wat jou pos kan vul.

Frank ·

Dalk vir De Vos vra wat is die grondwetlike posisie? Kan die regering nie in howe gepak word wat hierdie twee basiese grondwetlike verpligtings ‘n MOET ipv “wil” maak nie? En ja, ek weet hulle steur hulle nie altyd daaraan nie maar dit is darem beter as hande gevou sit.

annie ·

Dalk moet ons nou maar begin besin oor wie die groep was met wie destydse onderhandel is om die land op ‘n goue skinkbord aan oor te gee. Was dit dalk ‘n terroriste-bende met ‘n kous van goedertrou oor die ware kop getrek of was dit bloot onkundiges wat weens die glo onderdrukking van menseregte aanhou ‘foute’ maak en net toegelaat moet word om te leer uit hul lekker duur lesse tot die lande in skade in skande lê en dán sal hul weet hoe om landsake goed te bestuur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.