SA Express wil met SAL saamsmelt

SA Express (Foto: SA Express/Facebook)

ʼn Studie het bevind dat die samesmelting van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), Mango en SA Express voordelig sal wees in die konsolidasie van die drie lugrederye.

Só het amptenare van die departement van openbare ondernemings Woensdag aan die gekose komitee oor openbare ondernemings en kommunikasie gesê toe die komitee ingelig is oor die situasie by SA Express. Volgens die departement is die dokument wat die konsolidasie ondersteun ter insae by die ekonomiese groepering waarna die kabinet daaroor sal besluit.

Siza Mzimela, waarnemende hoof van SA Express, het gesê hulle ondersteun die integrasie van die lugrederye ten volle, maar die manier waarop die samesmelting saamgestel word, is van sleutelbelang.

Dr. Thabi Leoka, waarnemende voorsitter van die SA Express-raad, het aan die komitee gesê die uitdaging wat hulle as nuwe direksie het, is finansiële wanbestuur, ʼn swak balansstaat, lae personeelmoreel en korrupsie. “Die lugredery is swak bestuur en bestuurskwessies is nog ʼn uitdaging waarmee die raad te kampe gehad het.”

Die raad het saam met die bestuur ʼn strategie ontwikkel en aanvaar. “In die strategie het ons bestuur as prioriteit gestel en na maniere gekyk om die inkomste te vergroot, asook doeltreffend en operasioneel te wees. Die raad is daartoe verbind om die stand van SA Express te verander,” het Leoka gesê.

Mzimela het op haar beurt gesê die lugredery het R1,2 miljard vir herkapitalisering van die regering af ontvang. Dit het die lugdiens gehelp om insolvensiekwessies te hanteer, maar is gekoppel aan streng voorwaardes en slegs bedoel om die skuld wat deur die regering gewaarborg is te delg.

Die komitee het tydens sy ondervraging van SA Express se beamptes gesê die kwessie van transformasie in die lugredery kan nie onderbeklemtoon word nie aangesien die menslike kapitaal nie die demografie van die land weerspieël nie.

Die komitee het gesê SA Express het ʼn tekort aan swart vrouevlieëniers en daar skort dus iets met die lugredery se kadetopleidingsprogram.

Mzimela het gesê die lugredery se uitdagings is dat hy die meeste van sy vlieëniers aan groter lugrederye verloor, maar dat sy kadetopleidingsprogram wel swart vrouevlieëniers oplei.

SA Express is ook uitgevra oor die onlangse gevalle waar die lugredery se vlerke geknip is en wou weet of daar enige waarskuwingstekens was. Volgens Mzimela was die waarskuwingstekens daar en is die lugredery se vlerke geknip weens mense wat nie gedoen het wat hulle moes nie.

Die komitee wou verder weet hoe die lugredery beplan om die skade aan sy reputasie te herstel. Mzimela het toegegee die lugredery moet aan sy reputasie werk en kwessies rakende veiligheid aanpak.

Die komitee het die lugredery se omkeerstrategie verwelkom en ʼn beroep gedoen op SA Express om kritieke poste te vul aangesien die lugredery dit nie kan bekostig om waarnemende poste op strategiese vlak te hê nie.

SA Express het ook laat weet dat al sy vorige finansiële state gefinaliseer en afgeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Ek wonder nogal hoe die samesmelting sal help! Dit word nie gese hoe nie! Kan nie dink watter uitgawes so besnoei sal word nie!

janneman ·

Dit sal net n manier wees om hulle eie interne probleme te omseil en hulle eie basse te red ten einde steeds aan die soustrein gekoppel te bly. Net soos Denel, kan SA Express maklik tehnies bankrot verklaar word, en die soustrein ryers het dit besef. Nou kort hulle verskansing. Ek sê nee, hulle moet die besigheid omdraai in die volgende 2 jaar sonder n reddingsboei. Sou hulle dit regkry, kan hulle waarde toevoeg tot SAL met inlywing, soos SAL ook Mango teiken daarvoor, maar ek is bevrees die korruptes sien dit net as nog n bron van inkomste wat geplunder kan word.

charmaine ·

Die kleur van vlieeniers gaan julle geldsake regruk nie bepaal julle by julle grootste probleem korrupsie en wanbestuur.

heksie ·

Een hopelose “SOE” wil saam smelt met nog ‘n hopelose “SOE” …

Kalahari ·

Tekort aan swart vrouevlieeniers….o my hel…dis mos hulle eie keuse watse beroepe hulle wil volg. Nou gaan nog onbevoegde BBBEE kandidate ingedruk word om transformasie te bespoedig.

Hendrik van George ·

Die enigste rede waarom SA Express in ‘n benarde posisie is, is BBBEE. Finish en klaar. Uitstekende maatskappy gewees in die negentiger jare. In die grond in verwoes deur kader ontplooiing….

Wielspore ·

Hoeveel geleenthede soek die regering nog om geld te misbruik vir eie gewin, privaatiseer die instansie.

HPV ·

Groter reddingsboei! Suig die laaste bietjie geld uit die belastingbetaler.

koos ·

Hulle wil ook ‘n happie van die redingsboei van die regering (lees ons belasting geld) hê.

SjN ·

Steek maar julle trots(wat nie bestaan nie) in jul sak en verkoop die bodemlose put.

Liamari ·

Om ‘n vliegtuig veilig in die lug te hou wanneer jy verantwoordelik is vir baie mense se lewens behoort eerste prioriteit te geniet, nie die kleur of geslag van die persoon nie!

Gaps ·

Presies,dit is hoekom ek nie SAL meer gebruik ni en die kaanse nou nog minder sal wees. Dan loop ek liewers. Hulle kani eers n fiets behoorlik ry nie wat nog van n vliegtuig vlieg ni. Nee dankie.

Alida X ·

Nou het ek alles gehoor.
Die kleur en geslag van jou vlieëniers bepaal hoe winsgewend en korrupsie vry jou besigheid is.
Voordat ek weer ‘n kaartjie koop moet hulle bekend maak wie die loods gaan wees. As die kleur en die geslag reg is sal ek duurder betaal sodat die lugredery winsgewend kan wees. dink hulle dis hoe dit gaan werk?
Ek wil nie teen vroue diskrimineer nie maar regtig hulle word nou oral in ons kele afgedruk.
Kundige bestuur is a wat ‘n plek kan red.

Suzette Geringer ·

Charmaine en Marous ek stem volhartig met julle saam.

Andre ·

Die SAL het reeds Getransformeer vanaf n gesonde besigheid na n , “nie so n gesonde” besigheid. Gaan voort met die Transformasie julle het mos n “goeie” rekord van “vooruitgang”.

wdp ·

Hulle wil Eskom in 3 spilt maar SAA manog en express saamvoeg – verstaan nie dai wiskunde nie

Apie ·

Net in Suid Afrika smelt ‘n sukkelende organisasie saam met ‘n bankrot organisasie……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.