SA gyselaar in Sirië ontsnap glo

Shiraaz Mahomed. Foto: Facebook

Shiraaz Mohamed, die Suid-Afrikaanse joernalis wat in Januarie 2017 in Sirië ontvoer is, kon glo daarin slaag om te ontsnap.

Volgens die organisasie Gift of the Givers het hulle gister van anonieme bronne verneem dat Mohamed van sy ontvoerders kon ontsnap.

Imtiaz Sooliman, stigter van die noodleningsorganisasie, het gesê Mohamed is tans in die sorg van Turkse intelligensiebeamptes.

Mohamed se familie het in ʼn kort verklaring gesê hoewel hulle graag sou wou reageer op dié nuus, hulle glo dit verantwoordelik is om in die stadium geen kommentaar te lewer nie gegewe die sensitiewe aard van sy omstandighede aangesien dit sy lewe in gevaar kan stel.

Volgens Sooliman het hulle foto’s van Mohamed ontvang en het hulle die inligting wat hulle ontvang het aan Mohamed se familie en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking oorgegee.

“Ons wag nou vir die Suid-Afrikaanse regering om kontak te maak met Turkye sodat Shiraaz so gou as wat praktiese moontlik is huis toe kan kom.”

‘n Skermgreep uit die video. (Video verskaf via ANA)

Mohamed se ontvoerders het in Augustus ʼn nuwe gyselaarsvideo vrygestel waarin hy die Suid-Afrikaanse regering om hulp smeek.

Sy ontvoerders het vroeër die jaar ʼn losprys van US$1,5 miljoen vir sy vrylating geëis. Hulle het ook in April ʼn video aan Gift of the Givers gestuur as bewys dat hy nog leef.

Op 8 Januarie 2018 is die eerste bewys van lewe ontvang in die vorm van antwoorde op tien persoonlike vrae wat net Mohamed sou kon beantwoord.

Mohamed is in Januarie 2017 naby die Al Hilal-hospitaal ontvoer. Hy en nog twee persone was glo op pad na die grens met Turkye om Sirië te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vranet ·

Kan dit waar wees my besluit is myne hoop maar dit is so maar ek het nagedagtenis

Francois le Cockon ·

Soos jy se^ om te besluit jou nagedagtenis is nie verniet nie ons almal se drome is soms nie werklik om te verstaan nie veral as dit in daardie tyd gebeur as almal nie regtig nadink oor die gebeurtenis nie.

Lynette ·

Wat is dit nou vanmôre met my dat ek nie “n ENKELE WOORD kan verstaan wat geskryf is deur ‘Vranet’ en ‘Francois de Cockon’ nie?

Johan ·

Lynette, stem heeltemal saam – wat ‘n onsamehangende gebrabbel !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.