SA hervat die week J&J-inentings

Die Jonhson & Johnson-entstof. (Foto: JUSTIN TALLIS/AFP)

Die regering se Sisonke-inentingsprogram met die Johnson & Johnson-entstof (J&J) sal Woensdag hervat word nadat dit vroeër tydelik gestaak is weens ’n risiko van die vorming van bloedklonte.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagoggend aangekondig dat die inentingsprogram met die J&J-entstof egter hervat sal word op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) en dat die kabinet die aanbeveling verwelkom.

Daar is volgens Mkhize genoeg entstofdosisse om die inenting van 500 000 gesondheidsorgwerkers af te handel. Die eerste fase van die land se inentingsprogram, wat ten doel het om gesondheidsorgwerkers in te ent, is veronderstel om op 16 Mei afgehandel te wees en volgens Mkhize sal gepoog word om soveel as moontlik van die 1,2 miljoen gesondheidsorgwerkers teen daardie tyd in te ent.

Die regering het vroeër die maand die inenting van gesondheidswerkers met die J&J-entstof tydelik gestaak nadat enkele gevalle aangemeld is van mense in die VSA wat bloedklonte ontwikkel het nadat hulle met dié entstof ingeënt is. Volgens Mkhize is intussen vasgestel dat daar ’n een-in-’n-miljoen-kans is om bloedklonte te kry en dat dit blyk dat vroue tussen 18 en 48 jaar oud veral die risiko loop.

“Met so ’n lae moontlikheid om bloedklonte te ontwikkel, het reguleerders wêreldwyd aanbeveel dat die gebruik van die J&J-entstof voortgaan.

“Ek wil u gerusstel dat dit baie beter is om die entstof te kry as om dit te vermy uit vrees dat u bloedklonte kan kry. In werklikheid is daar baie keer meer gevalle van bloedklonte wat verband hou met die koronavirus self as die een-in-’n-miljoen-kans om ’n bloedklont te kry weens die J&J-entstof.”

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Volgens Mkhize het die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika (MNR) en die departement van gesondheid nou saam met Sahpra en verskeie etiekkomitees gewerk om te verseker dat daar verskerpte evaluering voor inenting en monitering na inenting is wanneer die inentingsprogram hervat word. Enige iemand wat die inenting kry, sal van die potensiële risiko ingelig word en dus moet instem om ingeënt te word met dié wete.

Sahpra het intussen aanbeveel dat swanger en lakterende vroue nie in die stadium ingeënt word nie.  Volgens Mkhize sal die MNR saam met ander akademiese en wetenskaplike liggame met Sahpra hieroor in gesprek tree. “Ons hoop dat Sahpra besluit het om moontlik net oorversigtig te wees en dat die wetenskaplikes ’n saak sal kan uitmaak sodat swanger en lakterende vroue ook die entstof kan ontvang.”

Volgens Mkhize is daar genoeg entstof bekom om 45 miljoen mense in te ent. Suid-Afrika sal teen 17 Mei ook 650 000 Pfizer-dosisse ontvang en nog 325 560 dosisse in die week daarna en die land is meer as gereed om met fase 2 van die inentingsprogram te begin.

“Dit was ’n moeilike begin vir die land rakende die inentingsprogram, maar ondanks al die uitdagings is ons steeds positief oor die herstel van openbare gesondheid en die ekonomie in die algemeen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

KB ·

Die inentingsprogram van hierdie regering wys maar net dat dit ‘n foefie is. Met ‘n deurlopende herstelkoers van 95% in SA (dis nou: As mens die syfers kan glo!), lyk die hele spul na ‘n klomp hopelose (en hulpelose) aanstellings met ‘n verskuilde agenda.

Deon ·

Kan hulle nie die mense se vatbaarheid vir die bloedklonte eers toets, voor hulle die spuit gee nie?

Mieke ·

Hulle kan maar maak nes hulle wil, maar ek is beslis nie te vinde vir ‘n inenting wat nie eers deeglik nagevors is vir langtermyn newe-effekte! In elk geval herstel ‘n baie groot % daarvan. Ek wil ook nie uitmaak of Covid niks is nie – mense raak wel baie siek, maar daar is genoeg bewyse dat Ivermectin asook chlorquinine help…!!

JohanR ·

Soe wat het gebeur tussen toe dit gestaak is, en nou weer gebruik gaan word? Lyk my as Covid jou nie kry nie, dan kry die entstof jou. Sal maar nog soe bietjie wag, en die hond uit die bos uit dophou. 40 miljoen mense om in te ent en dit staan nou by 300000. Israel met ‘n populasie van 10 miljoen mense het al 60% van sy mense in geent, en het nou daar “herd immunity”. Maar dan is die Israelis baie doeltreffend.

Dirk Mostert ·

Gevalle van hart-inflammasie onder geente Israeli’s is gister op ‘n TV-kanaal berig.

Janee ·

Kom ons klap hande!…Daar het weer ‘n gratis geskenkie gekom!.. So in “bits and pieces”

Heleen ·

Hou verby want as jy Nie bloedklonte gehad en Amper dood was Nie sal jy Nie weet hoe dit voel. Ek was daar en Weier.

Pietertjie ·

Ons regering lyk regtig maar amateuragtig. In vergeleke met ander Afrika – regerings. Ek praat nie eens van ontwikkelde lande (waaronder RSA eens getel het) nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.