SA kry €600 miljoen van Frankryk, Duitsland vir groen energie

Argieffoto (Foto: Benita Welter/Pixabay)

Suid-Afrika sal €600 miljoen (byna R10,7 miljard) van Frankryk en Duitsland kry as deel van ʼn ambisieuse beleggingsplan om die land se energie-hervorming te ondersteun wat by die COP27-klimaatberaad goedgekeur is, het die drie lande Woensdag aangekondig.

“Suid-Afrika, Frankryk en Duitsland het leningsooreenkomste vir die twee Europese lande onderteken om elkeen €300 miljoen in bewilligingsfinansiering aan Suid-Afrika toe te staan om die land se pogings te ondersteun om sy steun op steenkool te verminder,” lui ʼn gesamentlike verklaring.

Suid-Afrika, een van die wêreld se top-12 grootste besoedelaars, wek sowat 80% van sy elektrisiteit deur steenkool op.

Welgestelde lande het vroeër vandeesweek tydens die Verenigde Nasies (VN) se COP27-klimaatberaad in Sharm el-Sheikh in Egipte ʼn beleggingsplan van $98 miljard goedgekeur wat Afrika se grootste ekonomie voorgestel het om van steenkool weg te beweeg.

Dit volg ná ʼn belofte van $8,5 miljard in lenings en toelaes deur Brittanje, Frankryk, Duitsland, die VSA en die Europese Unie verlede jaar.

“Ons voeg nou daad by woord met dié belangrike lening,” sê Arnaud Roux, charge d’affaires van die Franse ambassade in Suid-Afrika, toe die leningsooreenkoms aangekondig is.

Die ooreenkoms kom terwyl ontwikkelde lande onder druk is om pogings te verskerp om armer lande te help om hul ekonomieë groen te maak.

Volgens ʼn VN-ondersteunde verslag wat Dinsdag vrygestel is, sal ontwikkelende lande en opkomende ekonomieë teen 2030 jaarliks meer as $2 biljoen (“trillion”) benodig om klimaatsverandering teen te staan.

Ramaphosa het Dinsdag internasionale finansierders gekap omdat dit baie moeilik is vir armer lande om hulp te bekom vir klimaatsverandering.

Suid-Afrika sal minstens $500 miljard benodig om teen 2050 koolstofneutraliteit te bereik, aldus die Wêreldbank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Leon ·

Ek het nog altyd gedink Duotsers en die Franse is intellegente mense ??????

Nie Verbaas ·

Ek ook maar soos Republikein sê, hulle beheer bates so Ramaphosa is besig om Suid Afrika stuk vir stuk weg te gee. Ek voel nog steeds dat die lande se regerings vir ernstige psigiatriese hulp moet gaan want Suid Afrika verval by die dag verder en korrupsie kry net meer momentum. Ek meen, ANC se reputasie van korrupsie, onnosel en sonder integriteit is regoor die wêreld bekend.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gebruik ryk lande die klimaat storie om arm lande verder in die skuld te dompel? Sodoende beheer hulle mos die bates van arm lande.

Republikein in die Wes Kaap ·

Susanna, China leen nie juis geld nie. Hulle bou eerder infrastruktuur. Dan aanvaar hulle die beheer en die onderhoud daarvan. Ja, hulle maak geld daaruit en verskaf werk aan Chinese. Die Chinese bou paaie, spoorlyne, brûe, damme, kragstasies, kraglyne, rioolplase in Afrika dat die biesies bewe. En dit werk vir hulle. En Afrika se ekonomië kan nou steun op gesonde infrastruktuur. Afrika is besig om die RSA verby te steek op verskeie terreine. Projekte word ook so beplan dat lande se kaders nie beheer oor die geld het nie. Ons kaders hou nie van dié model nie.

Heleen ·

Jip en so kry hulle beheer oor n land se ekonomie en al die arme landsburgers daarmee saam

Bernard ·

Gebore bedelaars wat op ryk lande se skuldgevoelens teer.

Harley Davidson ·

Nie almal van ons nie net die wat die ANC regime sien as hulle leiers en regering.

Johann ·

Ja wel na die bankrot en korrupte ANC eers geskep het…nie te veel oor nie. Groet ma die geldjies

Nie Verbaas ·

En die €600 miljoen sal kom en gaan en grown energie sal net nog n woord wees.

Carel ·

Luukse motors wat swart geverf is, se verkope sal nou weer die hoogte in skiet. Lekker om ‘n kader te wees in ‘n Mafia Staat

Pieter ·

Die vraag is nie of dit in ANC sakke gaan beland nie, dit is hoeveel

Danie ·

Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar…. alles in kaders se gatsakke!!!!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

En het die Suid-Afrikaanse Parlement enigsins die aangaan van die groot lening (Let wel: LENING) vooraf goedgekeur? Of het Luthulihuis-parlement die lening goed gekeur vir uitdeling aan die ANC-patronaat in eMzansibabwe?

annie ·

Die ANC ken goed van gebruik te maak van neurotiese Westerling-geformuleerde probleme om daarvolgens ‘n armoedige storie op te dis vir eie gewin. Wat mens met reg laat wonder of Afrika altyd bloot net geld soek vir selfverryking gebou op die ewige steeds ‘ontwikkelende’ konsep; ‘n gerieflike immer agtergeblewenheid (snik). Bo in Afrika reën dit nou bv te min in die ooste en te veel in die weste wat beide kante armlastig laat weens die huidige riller-cliché, klimaatsverandering.

Nico ·

Die ANC regering weet baie goed hoe om vir hulself te versorg, dit is waarheen hierdie geld heengaan hoe in die lewe kan die regring ooit die lening terug betaal, daar is geen fondse nie. Dit gaan weer die belasting betaler se probleem wees.

Kobus ·

Mantashe veg verbete om steenkool energie te behou. Rampposa aanvaar natuurlik die aanbod met ope hande. Wanneer gaan die wêreld ophou aalmoese uitdeel? Afrika bedel , beskuldig maar as dit by ontvang kant kom is almal engeltjies.

Andre ·

Eienaardig die vreeslike lening juis nou met Europa se selfgemaakte energie krisis.

Henning ·

Meeste van daardie ou groen geldjies, sal in die diep sakke van ANC-SAKP politici verdwyn. Vee dit maar op jou maag. Duitsland en Frankryk mors hulle geld deur in Suid- Afrika te investeer, omdat staatgesentraliseerde Sosialisme die hele projek sal vernietig.

Roebs ·

Hier kom dit hoeveel geld gaan nie weg raak nie? Ag nee regtig, hierdie geld se verbruik moet bekend gestel word aan SA sodat ons kan sien waarheen dit geld gaan…..

Republikein in die Wes Kaap ·

…en ‘n miljard rand Zondo ondersoek spring aan die werk.

Dorkie ·

SA kry €600 miljoen van Frankryk, Duitsland vir groen energie … Wie gaan al die gemors & plastiek optel & minder vuur maak ? ^-^

Suzette ·

Ek hoop werklik dat daar bekwame mense in plek is om hierdie geld te bestuur, want indien dit in kader hande is sal dit nooit aangewend word waarvoor dit beskikbaar gestel is nie.
Wonder terselfdertyd hoeveel van hierdie geld gaan in Kuba opeindig?

Danie ·

Ja die vraag is wie gaan dit bestuur.Daar gaan eers n komitee en ondersoek aangestel word en na n paar jaar n fondasie en dan weer n ondersoek en dan hoor ons na 10 jaar n vrot verskoning.Beleggers moet persoonlik betrokke wees.

Lesly ·

€580 miljoen administrasie fooie en €20 miljoen vir groen energie.

Genis ·

Hulle wil SA koolstof vry kry, maar voer on kool in dat die byle huil… En dink hulle regtig die geld gaan nie verdwyn nie?

Andrew ·

ja neh niemand gaan weet wie werk met dai geld nie die kaders verdeel dit op in hul provinsies

Jacqueline ·

Ek is Nederlandse en sie dat ons prime minister Rutte 100 mlj euro, van Nederlandse BELASTINGBETALERS(my geld), heeft toegezegd aan Afrika vir “KLIMAATHERSTEL”. Belgie heeft 25 mlj euro toegezegd aan Mozambique vir “KLIMAATHERSTEL”. Ek denk Annie hier is reg met haar uitspraak ” gebruik te maak van neurotiese westerling geformuleerde probleme”. Die mensdom is heeltemaal mal geword.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie klimaat storie raak nou ‘n grap. Ja, daar is droogtes, vloede, hitte, koue, ys wat smelt, en ander gebeure. Maar dis al so vir miljarde jare. Akiewe vulkane en oseane stuur meer gasse die lug in as die mens. Die mens moet net sy aktiwiteite beter rondom alles beplan. Nou word arm lande vêrder in die skuld gedompel met nuttelose projekte.

JohanR ·

Die president, ministers en kaders kan nie wag dat die geld uitgedeel word nie!

Jakes ·

Wat n siek grap. En wie gaan pa staan vir hierdie skenking? As 10% sy doel bereik sal ek uiters verbaas wees.

LANA is ELANè ·

Die bedrae laat my kop tol, as dit ñ lening is met wat gaan dit terugbetaal word? Dit gaan net oor beheer en geensins oor omgee nie. “You pay, you say”

Korrelkop ·

O vrek, nou gaan die manne weer partytjie hou dat die biesies bewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.