Suid-Afrika se staal- en aluminiumuitvoere na die Verenigde State van Amerika hou nie enige bedreiging in vir Amerika se nasionale sekuriteit nie, sê Rob Davies, minister van handel en nywerheid.
Davies is in Washington DC in gesprek met Amerikaanse handelsverteenwoordiger ambassadeur Robert Lighthizer, Amerikaanse handelsekretaris Wilbur Ross, en senators Chris Coons en Johnny Isakson.
Davies het gesê Suid-Afrika se staaluitvoere na die VSA is minder as 1% van algehele Amerikaanse invoere en 0.3% van die algehele vraag na staal in die VSA. Alhoewel dit ʼn klein fraksie van Amerika se invoere verteenwoordig, verteenwoordig dit 5% van vervaardiging in Suid-Afrika – altesaam 7 500 poste in die staalbedryf, het die departement van handel en nywerheid Sondag gesê.
Suid-Afrika se aluminiumuitvoere na die VSA verteenwoordig ongeveer 1.6% van die VSA se aluminiuminvoere. Suid-Afrika verskaf gespesialiseerde aluminiumplate, kronkelvere en plate vir motors, batterye en die vliegtuigbedryf in Amerika. “Dit is duidelik dat Suid-Afrika gevolglik nie ʼn bedreiging inhou vir die VSA se nasionale sekuriteit en die staal- en aluminiumbedryf nie.”
Die Amerikaanse regering het vroeër besluit om invoertariewe te hef op staal en aluminium, op grond van nasionale sekuriteit.
Davies het ook sy kommer uitgespreek oor invoertariewe op motors en motoronderdele. In hierdie geval het hy gesê Suid-Afrika verteenwoordig slegs 0.4% van algehele invoere van motorprodukte in Amerika.
Davies en Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeondernemings, is in Washington DC om aan die 17de Agoa (Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika)-forum deel te neem. Die forum bring handelsminister van Agoa-lande, die Amerikaanse regering, die privaat sektor, en burgerlike samelewing bymekaar om die implementering van Agoa onder die tema “Forging New Strategies for US-Africa Trade and Investment Forum” te bespreek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Die uwe moet sommer in dieselfde asem vertel wat het met die room van enige land se nywerheid naamlik Buro van Standaarde onder sy wakende oog gebeur …sommer ook hoeveel belasting die suid afrikaners moet betaal op invoere wat reguit na sy regering se sakke gaan.
Suid Afrika het seker gedink die VSA is verlee oor hulle. Hahaha….. Suid Afrika beteken bitter min vir eerste werelds lande net die anc wat dink hulle is belangrik.
Davies, gee net pad, jy het in die tyd van jou indiens die land ongelooflik skade aangedoen.
Kommunis deur en deur.
Hoe bedel hulle nou na wit monopolie kapitaal. Gaan soebat maar vir Euoropa om die handelsverdragte weer in te stel.