SA skort visumregulasies vir verskeie lande op

(Illustrasie: pixabay)

Reisigers van Katar, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, asook Nieu-Seeland gaan voortaan nié meer visums benodig om Suid-Afrika te besoek nie.

Die minister van buitelandse sake, Aaron Motsoaledi, het gesê dié vier lande is onder sewe wat uitgesonder is vir visumvrye status in ʼn poging om toerisme ʼn hupstoot te gee.

Die departement gaan ook visumkwytskelding gee aan Ghana, Kuba en São Tomé en Principe, wanneer onderhandelings teen die einde van vandeesmaand afgehandel word.

Die besluit is onmiddellik van krag en geld vir vakansies, konferensies en sakebesoeke.

“Ons het die besluit eensydig geneem, maar bespreek dit wel met dié lande om te kyk hoe hulle toegangsbepalings vir ons burgers kan verslap.

“Katar het reeds visums vir Suid-Afrikaners geskrap, wat dit makliker vir ons mense gaan maak om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2022 daar by te woon,” het Motsoaledi gesê.

Hy het gesê die departement van binnelandse sake hersien deurlopend sy bedrywighede om by te dra tot ekonomiese groei en die fasilitering van werkskepping, maar ook om die veiligheid van die landsgrense te verseker.

“Die departement speel ʼn belangrike rol om toerisme te bevorder en daardeur dan ook die ekonomie te stimuleer en werk te skep.”

Suid-Afrika het reeds visumbepalings opgeskort vir 82 van die 193 lidlande van die Verenigde Nasies. Dit sluit 18 Afrikalande in.

Alle lande wat deel is van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap geniet reeds dié status, behalwe die Demokratiese Republiek van die Kongo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marous ·

Hulle het nie nodig nie maar ons het ? Vakansies , konferensies en sake besoeke ? Wat ‘n ploert!

John ·

… ha, ha… en die Kongoliete kom sommer in… wat is die punt? Wat sou die Midde-Oosterlnge nou so graag hier wil kom doen? Is hulle ook vrywild wat op Wateklooflughawe kan land vir ‘n uitsig oor die dammetjie in Sun City?

LIEZL ·

Nou wat is daar in dit vir ons? Kan ons ook vrygeskeld word van visums om oorsee te toer? Visums is ‘n moet, al wil ons nie die geld betaal nie. So moet dit maar net vir ander lande ook wees.

Saartjie ·

Jaco, mense uit SA en NZ kon altyd visa vry tussen die 2 lande beweeg, totdat New Zealand se immigrasie beamptes n paar jaar gelede 35 Suid Afrikaners met vervalste paspoorte hier in hegtenis geneem het. NZ het toe gesê dat dit te moeilik is om ons landsgrense daarteen te beskerm en dat Suid Afrikaners van toe af visas moes hê. Julle minister van toerisme het toe gesê dat New Zealanders wat SA toe reis dan ook visas moet hê. Bietjie kinderagtig. Dit het op die Aarde niks met velkleur te doen nie. NZ is n eerste wereld land en het nie oop grense nie. Ek het die voorreg om reeds 20 jaar in NZ te woon.

bernelle ·

Ja en so is almal welkom om op die ou einde hier te kom plak. Maar ons mag amper nerens gaan sonder Visas nie – net na die ander 3rde wereld lande. Moes R3500 op hoes vir ‘n amerikaanse visa. Hier is almal mos welkom om te kom maak wat hulle wil.

Leon ·

Wel, ten minste kan die Moslem radikale nou makliker na Suid Afrika toe kom om van hier af moeilikheid te maak.

Stan ·

Leon, jy het nou net al die ander geantwoord wat so fies is omdat Suid Afrikaners visas nodig het om lande te besoek om nie te praat van wie SA al gehuisves het in die verlede nie, sonder om Uitlewerings ooreenkomste te eerbiedig nie. Ongelukkig betaal al die lansburgers die prys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.