SA soldate se onwettige gedrag in DRK onthul  

(Argieffoto)

Die aard van onwettige gedrag deur lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, is in die parlement onthul.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het die inligting bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur hoofman Russel Cebekhulu, IVP-LP.

Hoewel die minister in die beantwoording van die vraag skokkende inligting oor die aard van die weermaglede se gedrag verskaf het, het sy nie die sluier gelig oor die omvang daarvan nie.

Volgens die minister is daar deurgaans lede van die SANW in die hof weens ernstige oortredings.

Sowat 59% van die sake handel oor manslede van die SANW wat kinders verwek by Kongolese vroue.

Daar is egter ook SANW-lede wat aangekla word van marteling, aanranding, motorongelukke en smokkelary van diamante en vuurwapens.

Sommige weermaglede wat skuldig bevind is, is uit diens ontslaan terwyl boetes, verlaging in rang en vonnisse in die detensiebarakke (DB) ook al opgelê is.

Mapisa-Nqakula meen strawwe is oor die algemeen te lig, en het onderneem dat swaarder strawwe ingesluit sal word in die Wetsontwerp op Militêre Dissipline, wat eersdaags by die parlement ingedien sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

MakersMark ·

Kon mens enige iets anders verwag? Maak kinders beweeg aan……niks anders as wat in SA gebeur nie.

Pietertjie ·

Goeie advertensie vir die ANC en sy SANDF. Kry vir julle!

Deon ·

Ons praat van ONS land se weermag hier, dit maak n mens regtig skaam

Casper ·

That is why they fought like tigers but ran like cheetahs when caught with pans on their knees.Useless.That is their national sport.

Elize ·

Yes agreed. They must come and learn the soccer players how to play the sport

Snowball ·

Weerspieël die waardestelsel van die huidige regering. Geen dissipline, selfrespek of eerbaarheid nie.

Wielspore ·

Ek wonder wat is die koste om hierdie sirkus in die DRK te onderhou.

Nie Verbaas ·

Is daar regtig iets onder die ANC narre se beheer wat nog onder beheer is. Skandalig.

Suzette ·

Dit is glad nie vir my verbasend nie – hulle het mos baie goeie “mentors” in SA

john ·

Hoekom verbaas dit my nie geen dicipline geen gevolge op daade gepleeg wat maak hulle in elk geval daar ?

Frank ·

Is die storietjie nou oor SA se meer “elite” troepe se gedrag? Daars mos nie gewone troepe uitgeplaas Kongo toe nie. Lekker lag ek nou! Nee kyk…..

pompies ·

Ja hulle het geen maar geen respek vir hulle self of vir enige iemand anders nie.

Anel ·

Geen integriteit. Dis dis spul wat veronderstel is om die land te beskerm. Behoede ons!!!

Hennie J ·

Om hieroor kommentaar te lewer sal maak dat mm my vir ewig muilband!!!!

Dirk Mostert ·

Het Suid-Afrika te veel soldate? Wat soek hulle in die Kongo? Wie betaal hul koste daar? Plaas dat hulle ons grense bewaak teen instromelinge. Daar is blykbaar ruimte vir inkorting van die weermag se begroting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.