SA terug op fase 5-beurtkrag

 (Argieffoto: Unsplash)

Ure nadat beurtkrag tot fase 4 afgeskaal is, geld fase 5 weer.

Eskom het Saterdagmiddag aangekondig dat ’n opwekkingseenheid elk by die Hendrina-, Kendal- en Kriel-kragstasie opgepak het. Dít, tesame met ’n buitengewoon hoë aanvraag na elektrisiteit, het Eskom genoop om weer fase 5 tot verdere kennisgewing in stel.

Fase 5-beurtkrag het aanvanklik tot vanoggend 05:00 gegeld voordat dit tot fase 4 oorgegaan het.

Eskom het ook bekendgemaak dat Koeberg se eenheid 1 vanoggend vir opknappingswerk afgeskakel is.

Maroela Media het vroeër berig die opknappingswerk aan eenheid 1 van Afrika se enigste kernkragsentrale, sal na verwagting ses maande lank duur en beteken ook daar is nou selfs minder kragkapasiteit beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.