Koeberg se eenheid 1 Donderdag afgeskakel

(Argieffoto: Armand Hough/ANA)

Terwyl fase 6-beurtkrag die land en sy ekonomie lamlê, het Eskom bevestig dat Koeberg se eenheid een wél Donderdagmiddag afgeskakel gaan word.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van die kragverskaffer, sê die besluit is tot vanmiddag uitgestel sodat daar genoeg tyd is om “die stelsel te stabiliseer”.

Die opknappingswerk aan eenheid een van Afrika se enigste kernkragsentrale, sal na verwagting ses maande lank duur en beteken ook daar is nou selfs minder kragkapasiteit beskikbaar.

Eskom steier sedert Dinsdag weens probleme by verskeie van sy kragsentrales. Opwekkingseenhede by Grootvlei, Arnot, Duvha, Kendal, Kriel en Tutuka het die gees gegee en daar was vertragings om eenhede by Arnot, Camden, Kendal en Kriel ná herstelwerk weer aanlyn te bring.

Teen Woensdag was meer as 19 000 MW kapasiteit weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

Eskom het ook reeds sy dieselbegroting vir die boekjaar uitgeput, wat beteken die oopsiklus-gasturbines wat hy gewoonlik gebruik om beurtkragfases laer te hou, kan nou net in die ergste van noodgevalle gebruik word.

Hoewel eenheid een by Koeberg se afskakeling tydelik vertraag is, kan dit nie onbepaald uitgestel word nie. Verskeie internasionale kundiges is by die opknappingswerk betrokke en Eskom moet teen volgende jaar die bywerkings afhandel indien hy suksesvol wil aansoek doen vir ʼn verlenging van die eenheid se bedryfslisensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Nettie ·

Hulle hou van die gelyke getalle, dis min kere op 1, 3 of 5! So my raaiskoot is eerder vlak 8 van vanaand of more af.

Waarnemer ·

HELLO DARKNESS MY OLD FRIEND….MET KOEBERG AF US ONS MET N GEWELDIGE SPOED OPPAD NA FASE 8 TOE.

Pierre ·

Pala Pala hitte = Fase 6 kyk hier kyk daar en siedaar die 33persent verhoging moet ook nie uitgesluit word nie als strategies om ons af te breek.

sopbeen ·

Wat het geword van die onafhanklikheids plan van kragvoorsieners?

Wondermaarnet ·

Dit is weer ‘n foefie, om stemme te wen vir die volgende verkiesing. Daar gaan niks van kom nie.

Jacobus ·

Hierdie Eskom kar wat vanaf 1994 in die rooi gery
is met geen instandhouding deur n klomp onbevoegde ANC kaders en daarby grootskaalse bedrog en korrupsie deur ANC kaders, se wiele begin nou vinnig afval. Kry maar die kerse reg vir algehele duisternis.
Die ANC het SA van die vooruitstrewendse land in Afrika binne 28 jaar terug gevat na kerse vir lig en hout om kos te maak. Een van die dae is ons terug op fietse want dan is daar nie geld om brandstof aan te koop nie.

Sandra ·

Velle om die lywe en voete is ons voorland, braaivleis morning, noon and night.

CRDP ·

Feite, en tog kom verkiesing tyd, dan stem die meerdereid maar net nogsteeds en weer vir die korrupte, onbevoegde ANC om die land te lei dieper in die afgrond in

FranWilder ·

Ek vertrou lankal nie meer enige verkiesing uitslag nie. Al stem niemand vir hulle nie sal hulle nog steeds wen

Leon ·

Gelukkig het statestiek SA aangekondigdat die beurtkrag geen effek op die land se ekonomie het nie ??????
Nie Negatief of Positief nie?????????

Harley Davidson ·

Sa is nou erger as Zimbabwe en alle dank aan de klerk,hy sal onthou word vir die voorloper vir die Algehele verval van Suid-Afrika.

Casper ·

Hoekom is daar vertragings om eenhede weer aanlyn te bring.

Leon ·

Ek verstaan ook nie dat dieselfde verskonings vir jare en jare nou gebruik word nie. Is daar net absoluut geen beheer nie. Waarvoor word De Ruyter R7m pj betaal?

annie ·

Asseblief! Sit Koeberg sommer permanent af. Die oorkoepelende atoomkragraad wat wêreldwyd toesig hou het reeds sy kommer uitgespreek oor die gevolge wat Koeberg se veroudering inhou en Mantashe loop die stokou masjiene tot op die rim. Niks wat die ANC aanraak verander in goud nie, inteendeel…

Di ·

Fase 8 volgende! Sal seker een van die dae die fases ook verhoog na 9 en 10 toe

Gert ·

Ek wens dat slegs belasting betalers soos ouds by die volgende stembus mag stem. Dit sal genesing bring vir die land.

Danie ·

Eskom n sirkus tans.Daar net geen lig aan die einde van die tonnel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.